Parys-boere vandag gevonnis

(Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die vyf boere van Parys in die Vrystaat wat vroeër skuldig bevind is aan aanranding ná die dood van twee vermeende plaasaanvallers in 2016 sal na verwagting vandag gevonnis word.

Die beskuldigdes is in Mei verlede jaar onskuldig bevind aan die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Die verdediging het aangevoer Tjixa en Jubeba was op 6 Januarie 2016 deel van ʼn aanval op Loedie van der Westhuizen sr. se plaas, Biesiesbult. Van der Westhuizen sr. is deur die loop van die verhoor (aan onverwante oorsake) oorlede.

Die staat het gedurende die verhoor beweer die beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Van der Westhuizen sr. se seun Boeta van der Westhuizen en sy kleinseun, ook Loedie, is op twee aanklagte van aanranding skuldig bevind.

Anton Loggenberg is ook op twee aanklagte van aanranding skuldig bevind terwyl Anton se seun, Cor Loggenberg, op een aanklag van aanranding skuldig bevind is. Miela Jansen van Vuuren, Boeta se skoonseun, is ook op een aanklag van aanranding skuldig bevind. Loedie is op een aanklag van regsverydeling skuldig bevind. Sy pa is op dié aanklag onskuldig bevind.

Hul medebeskuldigde, kapt. Henk Prinsloo, is vrygespreek van alle aanklagte. Dít nadat die ses beskuldigdes se verhoor reeds in Mei 2017 begin het en sedertdien talle kere uitgestel is.

Regter Corne van Zyl het bevind dat die staat se artikel 204-getuies ongeloofwaardig was. Volgens haar het dié getuies nie net mekaar tydens die verhoor weerspreek nie, maar hul weergawe van gebeure in die hof het ook deurgaans verskil van hul weergawes in verklarings wat hulle aanvanklik afgelê het. Dit sluit in verklarings wat gemaak is tydens hul onderskeie borgtogaansoeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ovelia ·

Hul mag boere vermoor dan is dt niks nie. Laat die boere net terug vermoor om hulself te vededig en hul gaan hof toe

Harley Davidson ·

Boere vermoor of Moor nie hulle verdedig hulself en hulle families teen terroriste.

ES ·

Ongelukkig, Ovelia, kan jy nie een slegte daad vergoed met ‘n ander nie. Boere moet hulself kan verdedig, maar om te se hulle moet terugmoor… die stelling nie korrek nie. Moord is moord, tensy jy iemand dood om jou lewe beskerm.

Tiptol ·

Wat van al die boere en familie wat op plase vermoor is? Wanneer word hul aanvallers gevonnis?

Ronel ·

Maar dit word nie so aan die groot klok gehang soos hierdie geval nie. My tannie se plaasaanvaller was na 6 maande weer vry want hy is NET van huisbraak aangekla. Nie aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot moord en ‘n hele rits ander misdade nie. NET huisbraak.

Johnny ·

ES jy maak sekerlik ‘n grap? Of praat jy van die 2 wat gevang is uit die honderde aanvalle? En hulle is waarskynlik nie deur die polisie nie gevang nie.

ES ·

Ek maak nie ‘n grap nie Johnny. Ek lees elke dag hofsake van aanvallers wat gevonnis word as regsgeleerde. So ja, hulle word gevonnis. En ja, hulle word deur die polisie gevang.

Stephen ·

Waarom betoog die boere nie ook nie.? Dit sal die ware kleure van die lam Polisiemag wys.!

Marius Gerhardus ·

Ja dis waar. Nuwe SA. Party is soms reg. Ander is altyd verkeerd. Sterkte ani BOERE en hul gesinne. Julle is in ons gebede.

Cecilia ·

Ja d siek regstelsel. Boere kan maar aangeval en dood gemaak word maar laat dit net d boere is wat omdraai en aanvallers aanrand Dan is d boere d skuldiges en word gevonnis.
Sterkte manne.

Moeggeploeg ·

Twee wetstelsels in ons land. Een vir wit en een vir ander

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.