Parys-boere: Verhoor afgehandel, nou vir die uitspraak

Die beskuldigdes in die hof tydens die verhoor in November 2017. Foto: Mariné Lourens

Die uitgerekte moordverhoor van ses mans van Parys wat deur talle terugslae en uitstelle vertraag is, het vandeesweek uiteindelik in die hooggeregshof in Parys tot ʼn einde gekom.

Parys Gazette berig die staat en verdediging het vandeesweek hul slotbetoë afgehandel en albei kante het hul saak gesluit. Nou moet die ses beskuldigdes wag tot 27 Mei om hul lot te hoor wanneer regter Corné van Zyl haar uitspraak sal lewer.

Boeta van der Westhuizen, Loedie van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo en Miela Jansen van Vuuren word aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie 2016. Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Die verdediging beweer Tjixa en Jubeba was dié dag deel van ʼn aanval op Loedie van der Westhuizen sr. se plaas, Biesiesbult. Van der Westhuizen sr. is deur die loop van die verhoor (aan onverwante oorsake) oorlede.

Die ses beskuldigdes se verhoor het reeds in Mei 2017 begin.

Van links is Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren. Foto: Mariné Lourens

Volgens Parys Gazette het daar vandeesweek tydens die slotbetoë ernstige vrae ontstaan oor leemtes in kliniese verslae, ʼn nadoodse verslag en foto’s wat by die hof ingedien is na aanleiding van prof. Jan Botha, ʼn afgetrede forensiese patoloog se vroeër getuienis vir die verdediging. Daar is ook vrae gevra rakende die identiteit van een van liggame, veral aangesien daar ʼn gebrek aan kettinggetuienis was onder meer oor die vervoer van die liggame.

Botha het vroeër getuig die verskille in die lykskouingsverslag en dit wat op die foto’s van die liggame gesien kan word, is kommerwekkend. Die staat het versoek om sy saak weer te open om dié verwarring op te klaar, maar Van Zyl het die versoek geweier. Van Zyl het gesê die staat het die geleentheid gehad om te bewys dat die liggame geen bykomende beserings opgedoen het tydens vervoer nie, maar het dit nie gedoen nie.

Donderdag het Selina Tangaja getuig hoe sy haar susterskind, Jubeba, grootgemaak het. Sy het aan die hof gesê sy kon Jubeba aan sy voete in ʼn lykshuis in Bloemfontein uitken. Sy het hom ook op die foto’s van die liggaam uitgeken.

Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo in die hof (18 Mei 2017). Foto: Maroela Media

Ruth Qokotha, Tjixa se ma, is ook na die getuienisbank geroep. Sy was baie emosioneel tydens haar getuienis en het aan die hof gesê dat dit vir haar weer ou wonde oopkrap. Qokotha het aan die hof gesê dat sy nooit die geleentheid gehad het om haar seun in die hospitaal te besoek nie. Toe sy by die hospitaal aankom, is sy ingelig dat haar seun dood is en na ʼn lykshuis in Sasolburg geneem is. Daarna het sy gehoor hy is na ʼn lykshuis in Bloemfontein geneem.

Sy kon egter nie sê wie haar seun se liggaam tussen Sasolburg en Bloemfontein vervoer het nie. Sy het haar seun se liggaam ʼn week later teruggekry om hom te begrawe.

Van Zyl sal haar uitspraak van 27 tot 31 Mei lewer.

Inligting in berig met vergunning van Parys Gazette.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert J ·

Lyk my hier kom nog n saak wat AFRIFORUM se regspan sal moet help. Hulle plaas aanvaller aangekeer wat swart was en hulle is wit

Cherokee ·

Inteendeel.. ek lees dinge wat jy mis lees. Dinge wat miskien beteken dat daar ‘n regverdige uitslag gelewer sal word. Corné van Zyl, (sy klink vir my baie wit) het die staat se versoek om die saak weer te heropen ten einde ‘die verwarring’ op te klaar, het sy geweier. Gesê hulle het hul kans gehad. Alles positiewe dinge wat deurskyn. En jy wil alweer AfriForum se hulp inroep (terwyl jy nie sê of jy ‘n bydraende lid is daarvan). Ek het gesê wat positief lyk n die saak. Nou is dit jou beurt om te sê wat negatief lyk. En of jy ‘n lid is van AfriForum.

Veritas ·

Die EFF gaan seker daar ook saamdrom op die dag van die uitspraak om die regter te intimideer soos die gewoonte maar is wanneer blankes die beskuldigdes is.

Cherokee ·

Lees my antwoord aan Gert J (net bo joune) ‘as dit geplaas gaan word’.

Pieter ·

Korrupte regsisteem sal swaar straf uitdeel, want dit is blankes…

Boerboel ·

Parys gaan afgebrand word, dan moet hulle seker skuldig bevind word. Ek hoop maar die beste vir hulle, In die tronk gaan dit nie maklik wees nie.

Stephen Namibia ·

Diegene wat die instelling van die doodstraf bepleit neem kennis. Die verdediging kan soveel getuies bring as wat hulle wil, die probleem is dis witmense.
Hulle sal ten minste 18 jaar tronkstraf kry.
Hulle is skuldig bevind nog voor die hofsaak begin het.

ANDREW ·

KOM ONS BID VIR ONS MENSE DAAI MANNE MOET AAN DIE HAND GEVAT WORD KOM ONS STAAN SAAM HULLE KOM ONS BID VIR HULLE AMEN

Michael ·

Mense dit is oorlog . Wat het die knappies daar kom soek (moeilikheid) Hulle wou moor. Hulle het beslis nie kom koffie drink nie of kom werk soek nie Die plaas boere is gatvol. as een of twee van daar die boere dood gemaak was sal jy nooit van die saak gehoor het nie. Maar dit is wit mense Seker nou ook die grootste rassiste in die ANC & EFF se oe. Weer eens die wit man mag hom nie self beskerm nie Ek vrees die dag as daardie plattelandse se boere daarbo in die ou Transvaal besluit. nou het ons regtig genoeg gehad. Glo my jy sal snaakse goed sien spat.En die snaakse goed ruik nie lekker nie.

Rudolph ·

Daar is n gesegde: Wat jy saai is wat jy maai. Meeste ouer Blankes was Soldate of deel van n Diesplig stelsel waar ons geleer was nes ons Ouers ons geleer het … toon respek teenoor almal ongeag ras, vel kleur ens. Beskerm hulle.

Toe kom die politiek met hulle leuens en meeste Blankes sien dadelik die voordeel daarin. Baie geld om te maak.

Toe kom die volgende gesegde in plek: Die 1 se dood is die ander se brood. WOW nou maak hulle geld. Dood direk of indirek.

Nou die laaste 1. Blankes, die wat so lekker lewe word bevorder tot gelyk met God. Die I, me and myself raak nou n leefwyse. Ons haat en vertrap mekaar en almal blameer die stelsel waaruit hulle so baie geld maak. Erfporsie verkoop vir n pot lensie sop!

So jammer die Blankes kan steeds nie bymekaar staan en mekaar vertrou nie. Ons skinner mos graag en dra stories aan altyd kwansuis weens n gewete of christenskap …

Die kriminele en moordenaars wat nou regte het en hulle vriende deel nie daai opvoeding nie so leer uit die manne en ander.

Niemand is te blameer nie ….. net ons self.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.