Parys-boere: Verhoor begin

Die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Die verhoor van die ses mans wat aangekla word van die moorde op twee vermeende plaasaanvallers sal vandag in die hooggeregshof in Parys in die Vrystaat begin.

Boeta van der Westhuizen (46), sy seun Loedie van der Westhuizen (19), Anton Loggenberg (50), sy seun Cor Loggenberg (20), Miela Janse van Vuuren (23) en kapt. Henk Prinsloo (47) staan tereg op ʼn aanklag van moord in verband met die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

Daar is aanvanklik nog mans in verband met die moord op Tjixa en Jubeba in hegtenis geneem, maar die aanklagte teen Fanie Oosthuizen (42), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19), Wicus van der Westhuizen (19), Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr. is vroeër teruggetrek.

Die staat voer aan die beskuldigdes was betrokke by die moord op Tjixa en Jubeba, wat op 6 Januarie 2016 deur boere van die Parys-omgewing op ʼn plaas aangekeer en glo só erg aangerand is dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Boere in die gebied het beweer Tjixa en Jubeba was deel van ʼn aanval op Loedie van der Westhuizen sr., Boeta se pa, se plaas, maar die oorledenes se familie het dit ontken en gesê Tjixa en Jubeba is tydens ʼn loongeskil deur die boere doodgeslaan.

ʼn Ondersoekspan van die Valke is ingeroep om die moorde te ondersoek.

Maroela Media verneem die verhoor sal eers Dinsdagmiddag begin en dat daar nog gewag word op ʼn regter om van Bloemfontein af te kom om die saak aan te hoor. Die saak is tot 26 Mei op die hofrol geplaas.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ja nee ·

wagvir n regter wat se simpatie in die regte lamp val. blankes moet mos net omval en dood speel.

wicus ·

HULLE WEET MOS AL MAANDE DAT DIT VANDAG MOET BEGIN , TIPIES NUWE SA , HURRY UP AND WAIT

Johan ·

Net in die land van ons waar die skelm meer reg as n onskuldig mens het wat jy jou self probeer verdedig …ek kry skaam om n suid afrikaner genoem te word

Johann ·

As daar OOIT n toets vir getegtigheid en regverdige verhoor was, is dit DIE saak. Gaan seker weer n klomp wees wat met Tshirts en plakate en tjips omgekoop en aangery word wat gaan dans en skree? Hoop Parys se huise en besighede word gespaar….?

Theresa ·

Natuurlik sal die familie van die mense wat op ‘n plek was waarheen hul nie uitgenooi was nie, sê dit was oor ‘n loongeskil. Mag daar ‘n bonatuurlike kragtige bewys hier kom van reg en geregtigheid. Dat daar waaragtig onvoorwaardelike eerlikheid en klinkklare bewyse wees van wie lieg en wie nie. Sterkte aan al die families.

Weet nie ·

Gaan isidingo nou hierdie ook gebruik vir volgende episode/seisoen….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.