Parys-boere-verhoor in 2018 voortgesit

Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Maroela Media.

Die verhoor van ses mans van Parys in die Vrystaat wat van die moord op twee vermeende plaasaanvallers aangekla word, sal in Mei volgende jaar voortgesit word.

Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren staan tereg vir die moord op Simon Jubeba en Samuel Tjixa. Die staat voer aan die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere in die gemeenskap wat Tjixa en Jubeba op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip aangekeer en so erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Die verhoor, wat op 2 Mei vanjaar in die hooggeregshof in Parys begin het, is die afgelope drie weke weer voor regter Corné van Zyl aangehoor. Margaret Mafubedu, ʼn verpleegster wat die aand van 6 Januarie 2016 by die ongevalle-afdeling van die Parys-hospitaal aan diens was toe Tjixa en Jubeba ingebring is, se kruisondervraging is Vrydag in die hof afgesluit.

Mafubedu het vroeër die week getuig Jubeba en Tjixa is omstreeks 22:00 die aand by ongevalle ingebring. Sy het gesê Jubeba was met sy aankoms by die hospitaal bewusteloos, maar “baie rusteloos”.

Volgens Mafubedu het Jubeba erge kopbeserings gehad en was sy kop, gesig en albei oë geswel. Daar was swart kringe onder sy oë en ʼn 3 cm tot 4 cm lange sny agter sy kop. Hy het ook kneusplekke aan sy lyf gehad en sy suurstofvlak was baie laag. Hy is van ʼn lugwegbuis voorsien en na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Mafubedu het getuig Tjixa was ook in ʼn kritieke toestand, maar het wel aanvanklik kreungeluide gemaak wanneer hy vrae gevra is. Sy oë het ook op lig gereageer, terwyl Jubeba sʼn nie op lig gereageer het nie. Dr. Sifiso Nxumalo het besluit dat Tjixa in ʼn algemene saal opgeneem moet word en hy is om 01:30 na die saal oorgeplaas. Tjixa is minder as vyf uur later dood verklaar.

Die saak sal van 2 tot 18 Mei 2018 hervat word.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Haan ·

Aag LV kom by. Moes hulle kookwater in n ou tannie se keël afgooi, of n oom se voetsole van sy voete afskil-voordat jy hulle op die naam kan noem? Ek probeer omgee vir die twee vermoordes maar ek kan nie… Parys is ook baie lanklaas deur n aanval geteister

Paul ·

Nou watter tipe opmerking sou jy graag wou hê?…Die arme minder bevoorregte twee mans wat plunder, verkrag en vermoor verdien om te lewe. Hulle doen dit omdat hulle honger is né!!!

snoefie ·

wat verskil die saak van Pierre de Necker sn? hy was deur twintig swartes “soos n hond” doodgeskop in die strate van Belfast mp. nie een sy sy minstens 20 moordenaars is aangekeer nie. daar was polisie lede op die toneel en daar was video grepe rond gestuur waar die vloeke gesien kon word.

PJC ·

Ek is bevrees ek voel ook soos Jakes. Kan geen deernis in myself vind vir hierdie soort nie. Net uiterste wrewel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.