Parys-DBV van dieremishandeling beskuldig

’n Inspekteur van die Nasionale DBV saam met die hondjie wat uitgesit s omdat sy geen behandeling gekry het nie. Foto: NDBV

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) het klagte van dieremishandeling teen die komitee en personeellede van Parys se DBV ingedien, die hele komitee ontslaan en met tugstappe teen personeellede begin.

Die NDBV se skakelafdeling sê hulle ervaar reeds sedert Oktober verlede jaar probleme met die DBV op Parys in die Noord-Vrystaat.

“Tydens ʼn roetine-inspeksie van die plaaslike DBV het ons nasionale inspekteurs op ʼn babahondjie afgekom wat in een van die hondehokke gehou is. Personeellede het geen behandeling vir die hondjie gereël nie hoewel sy pyn ervaar het.”

Die inspekteurs het die hondjie na ʼn plaaslike veearts geneem. Dié het gesê hulle is geredelik beskikbaar vir sulke noodgevalle en dat die hondjie dadelik ingebring moes gewees het nadat sy by die DBV opgeneem is.

“Ongelukkig was die hondjie se toestand so swak dat die veearts besluit het genadedood was al raad om die lyding te beëindig,” sê die NDBV in ʼn verklaring. “Haar bekken was gebreek, sy het ʼn wond van omtrent 8 cm in deursnee aan haar buik gehad en haar een been was gebreek.”

Die NDBV het nie die saak daar gelaat nie en gereeld onverwagte opvolginspeksies by die Paryse DBV gehou. Onlangs het hulle op ʼn teef met ʼn oordraagbare veneriese tumor afgekom. Sy het geen behandeling gekry nie en het drie maande lank gely.

Die DBV sê dié soort gewas is hoogs aansteeklik en in dié teef se geval ongeneesbaar. Die veearts moes ook dié hond van kant maak om haar lyding te verlig.

Alle oorblywende diere by die Paryse DBV sal verwyder word en na omliggende DBV-takke oorgeplaas word, van waar hulle eindelik hopelik by nuwe huise geplaas kan word.

“Ons is stomgeslaan dat ʼn Dierebeskermingsvereniging kon toelaat dat diere so ly in wat veronderstel was om ʼn veilige plek vir alle diere te wees,” sê die NDBV.

“Die NDBV sal strewe na geregtigheid vir dié diere wat nie ʼn gesin of ʼn huis gehad het nie, maar steeds geregtig was op mediese behandeling en liefdevolle sorg.”

Die nasionale raad sê hy sal nie wreedheid duld nie, ongeag watter organisasie of individue betrokke is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

A Terblanche ·

Gee die x- personeel gemeenskapdiens om te doen sommer vir 12 maande – geen genade vir sulke mense.

Lidia ·

Dis goed hulle word vas gevat want ons weet nie wat agter toe deure gebeur met die diere nie.

Isabel ·

Dankie dat julle praat namens hulle wat nie kan praat ek loof julle ?

Carel ·

Maak bekend wie verantwoordelik is vir die wrede optrede sodat die gemeenskap in Parys hulle kan verag

Dellie ·

Dankie vir die wat gepraat het vir die sonder stemme……

Sluit toe almal wat betrokke nie betrokke was nie, hoe kan mense dit toelaat.

Dit breek my hart!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Helena. ·

Dis n skande..ek hoop die wat vertrou was vir die diertjies se veiligheid sal swaar gestraf word..hoe onmenslik kan hulle wees..dankie dat hulle nie verder hoef te ly nie..

Amelia ·

Ek wonder net of is daar enige fondse vir veeartse gewees by die spesifieke DBV.
Of vra veeartse ook n belaglike bedrag vir die DBV.
Is daar enige samewerking tussen die DBV en veeartse?

Nettie ·

In die meeste gevalle, dink ek, is daar goeie samewerking tussen DBV’s en veeartse van verskillende dorpe. Ons veeartse hier in Worcester buig letterlik agteroor vir wat-eens-op-‘n-tyd-‘n-werkende-DBV-WAS. Jammer om te sê dat die NDBV juis onttrek het oor ‘n wedersydse bakleiery tussen verskeie dierewelsynsorganisasies en die NDBV en dat die organisasie wat táns in die DBV-perseel werksaam is ………………. wel, ek gaan nie veel meer sê as dat dit niks anders as ‘n “killing zone” geraak het nie.

P ·

Sies…. is n skande arme diere, as die mens nie eers n bietjie omgee vir diere nie my honde en kat is soos my kinders. Wonder hoe sal die persone voel om met n gebreekte been sonder gips te loop. Skande ek raak so kwaad ongevoelig.

Lizl ·

En se nou weer vir my: Adopt, don`t shop…. Dit is sulke goed wat maak dat mense draaie om die DBV loop. Oralste is al hoe meer klagtes. Secunda / Leandra se DBV was ook so in die nuus. Daar sny hulle sommer die perde keelaf… Gesonde, wel verwaarloosde perde, maar geen rede om hul nie te kan skenk aan `n ryskool of landbou skool in omgewing nie.

jo ·

Ek dink hulle moet na meer van die plekke gaan kyk, glo nie dis die enigste een wat nie hulle werk doen nie! Alles gaan agteruit in die land.

Franco ·

Mag ek asb die skietwerk doen? Ag toe! Groot asseblief!!
Ek skiet regtig baie swak.

Alida ·

Dit omdat personeel met deernis afgedank word en vervang word met werksoekers. Dit is mos werkskepping. Dit gaan nie beter in ons hospitale of ouetehuise nie. Mens word naar om sulke berigte te lees. God slaap nie.

Hb ·

Dis mos free education en n salaris, geensins n passie. Gemors, sal julle agter my bakkie sleep vir n hele paar km?. Mal oor Midrand spca, mense met n passie vir diere en ongelukkig agv ligging het hulle die minste hulpbronne?

Phil ·

Hoekom plaas MM nie fotos van die mense wat nie hulle werk gedoen het nie. Sou graag wil sien hoe lyk die mense wat diere mishandel…..

Ja Nee ·

Maar nog een van ons land se gemeenskapdienste wat ten gronde is.

Yolanda ·

Ek het in desember 41 jaar oud geword. Ek weet nie of dit hormone is nie ek ken nie mooi van sulke goed nie. Maar elke keer as ek sulke dinge sien lees of hoor kan ek die trane nie keer nie. Ek kan nie begin verduidelik hoe seer my hart kry nie. Nou praat ek van regoor die wereld van alle diere rasse… Asseblief HERE vergewe hul, hul weet nie wat hul doen nie.

Foxi ·

Gebeure soos dié…….dis waar ek uithaak en dan word my kommentaar NIE geplaas nie.
Dis om van te braak oor die onmenslikheid van die mens.

Se net ·

Veeartse van Parys het nog altyd die Dbv in Parys bygestaan. Nog nooit weggewys nie.

Is dit ·

Se net – ek stem glad nie met jou saam nie! daar is BESLIS ‘n veearts in Parys wat wegwys! en as jy nie geld het nie, en smeek en sê nou wat nou my dier gaan doodgaan dan word daar geantwoord dis maar so. Vir die sekere veearts in Parys is geld alles! die dier is niks, jou dier sal eers versorg word of teengif kry of behandeling as jy daai beursie laat hoes!andersins moet jy jou geliefde dier maar vat en uitstap en die lyding sien gebeur voor jou oe. Die gemeenskap van Parys doen hul donasies en gee wat hul kan as bydrae vir die DBV – ja die arme diere se lyding was ongevraagd, maar glo my ek dink na baie dieper ondersoek met veearts en al sal die waarheid uitkom. Mens kan nou maar klippe gooi en so, maar wag vir die behoorlike ondersoek en papierwerk en bewyse dan sal daar net een skuldige wees.

Lynn ·

Dit is n skande. Wat gaan aan met die mensdom. Dit is die wat jou moet beskerm en by wie jy moet veilig voel wat die vyand is. Ek hoop van harte daar word iets gedoen. En hou ons asb op hoogte.

Marlene Bothma ·

Skokkend! Straf diegene wat geskors is.
Mens kan nie enige persoon indiens neem by sulke instansies nie. Was seker weer boetie-boetie daar.

Philip ·

Skande. Hulle moet vervolg word en gestraf word. Ons is daar om diere te help en te versorg want hulle kan nie hulle self help nie. Die een on beheer van die Parys tak moet van hasr of sy pos onthef word.

MW ·

Jy’s reg Yolanda. Is self in besit van 4 “weggooi” honde wat ek al jare versorg. Versorg alles wat op my pad geplaas word, voëltjies galore. Sit nou met ‘n pitbull van18 dae oud wat ek van dag een bottel voer. Bring hom bedags saam kantoor toe. Die grootste wonder van alles is die WIL van hierdie diere om te lewe. Dis hartseer …

SE NET ·

IS DIT – MISKIEN PRIVAAT DIERE PASIENTE, MAAR VIR DIE DBV HET HUL NOG ALTYD BYGESTAAN. AL WAS DIT IN DIE MIDDEL VAN DIE NAG. HET N LANG PAD SAAM MET DIE VEEARTSE EN PARYS SPCA GESTAP.

Nick ·

Afrikaners voel niks vir hul eie mense nie so ja ek verwag die slegste van hulle,kannie eers n weerlose dier n kans op lewe gun nie,patetiese nasie!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.