Parys-ma weer 3 aanvallers af

Esmeralda Muir. Foto: Verskaf

Esmeralda Muir. Foto: Verskaf

ʼn Skraal ma van twee seuns van Parys in die Vrystaat kon Woensdag haar oudste seun se eerste skooldag beleef nadat drie mans haar glo die naweek aangeval en een van hulle haar wou verkrag het.

Esmeralda Muir (27), ʼn administratiewe beampte, is kort, skraal en weeg sowat 52 kg. Sy het selfverdedigingslesse by haar pa, ʼn voormalige polisiebeampte, ontvang toe sy jonger was. Min het die drie verdagtes geweet dat sy verbete om haar lewe sou veg toe hulle haar Saterdag omstreeks 19:00 in die Rivierpad geteiken en oorval het.

“Ek was besig om rustig huis toe te ry nadat ek ʼn sleutel by my werkplek gaan afgee het. Ek was so 80 m van die huis af en het sowat 50 km/h gery toe ʼn man skielik en doelbewus teen my motor vasgehardloop het,” het Muir Woensdag aan Maroela Media gesê.

Muir het gesê haar deur was gesluit, maar die venster was oop aangesien sy ʼn sigaret gerook het. “Ek weet dis nie goed om met ʼn oop venster te ry nie, maar ek was naby die huis en die motor het beweeg. Ek het glad nie verwag dat só iets sou gebeur nie.”

Muir het geskrik en haar motor het tot stilstand geruk. Een van die mans het haar glo deur die oop venster uit die motor geruk en haar sowat 10 m ver die bosse langs die pad ingesleep, terwyl die ander twee mans by haar motor gewaak het.

“Die man het my op die grond vasgepen, met ʼn klip in die gesig geslaan en my klere en onderklere met ʼn matmes van my lyf afgesny. Dit het vir my gelyk of hy goed geoefen was. Hy het op sy knieë oor my kom staan en het begin om sy broek los te maak. Toe hy opstaan om die broek oor sy knieë te trek, het ek besef nou is al kans wat ek het.”

Muir het gesê die adrenalien en lesse wat sy by haar pa gekry het, het oorgeneem en sy het die vermeende verkragter vier keer met mening geskop, “daar waar dit saak maak”.

Die man het agteroor gesteier en geval. Muir het na die pad gehardloop, waar die ander twee aanvallers op haar afgestorm het.

“Een van hulle het ʼn rooi rekenaarkabel wat in my motor was gegryp en my daarmee gewurg. Hy het my aan die kabel op die teerpad tot by my motor se agterdeur gesleep, waar hy en die ander een my in die motor wou inboender.”

Muir het gesê sy het in dié stadium albei haar duime in die man wat haar gewurg het se oë gedruk. Sy het terselfdertyd die man agter haar se gesig met haar agterkop geslaan tot albei hul greep laat gaan het.

“Die oomblik toe ek gevoel het ek is los, het ek die kar se sleutels gegryp, na my huis begin hardloop en gegil.”

Muir se man, Louiz, het haar hulpkrete gehoor en na haar gehardloop. Sy het voor haar man haar bewussyn verloor. Louiz kon sien hoe drie figure van die motor af weghardloop. Muir is na die hospitaal gehaas. Die polisie is ontbied en was spoedig op die toneel.

In die hospitaal is sy behandel vir verskeie ligte snywonde aan haar maag, arms en bobene wat deur die matmes veroorsaak is. Haar wangbeen is gekraak en sy het harsingskudding opgedoen. Die kabel het die vel om haar nek oopgesny en sy het erge sleepmerke op haar bene opgedoen toe sy op die teerpad gesleep is. Sy is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Muir het gesê dit was donker en sy kon glad nie enige kenmerkende eienskappe van haar aanvallers uitken nie, buiten dat hulle tussen 20 en 23 jaar oud moes wees en dat die voorval sowat 15 minute lank geduur het. “Ek vermoed hulle het gekom met die doel om my te verkrag, want daar was ʼn skootrekenaar, kamera en R120 in die asbakkie in my motor en hulle het niks gevat nie. Ek is net spyt dat ek niks konkrete inligting het om aan die polisie te verskaf om hulle by te staan in hul ondersoek nie.”

Sy en Louiz is vol lof vir die polisie en die hospitaal wat haar behandel het.

“My raad aan alle vroue is om vir selfverdedigingslesse te gaan. Moet nie net gaan lê nie as so iets met jou gebeur nie. Veg terug en maak hulle spyt dat hulle jou geteiken het. Dalk kan jy uit so ʼn situasie uitstap,” het sy gesê.

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Trolle ·

Genade dis goed gedoen, ons hoop maar hulle kla jou nie aan vir aanranding nou nie.
Bly jy is darm ok.

Strandloper ·

Baie geluk en BAIE trots op jou!! Nou gaan die klomp agtergeblewenis weer baniere swaai wat se: Stop racism! Want sy’t dan nou die arme mans aangerand!!

Jammer ek is altyd so negatief, maar as mens se vriendin en haar 75 jarige ma onmenslik wreed gemartel is vir 3 ure, en jy verloor 2 dierbare NEGENTIG-JARIGE oumense op dieselfde manier, tas dit bietjie jou oordeel aan…..my vriendin se bors is onder andere afgesny en hulle het daarmee teen die muur geskryf: Kill the boer……

Ons boere moet leer om hulself te verdedig en te skiet om dood te skiet – dis al wat gaan help!

Sar ·

En die boere in Parys word aangekla! Dis verregaande! Baie goed gedoen, vertrou jy genees spoedig. Dankbaar dat jy leef

Andre ·

Dis vreeslik…….. so jammer dat dit met ons mense gebeur.

Vicki de Lange ·

Sjoe Strandloper, ek kan nie glo wat ek hier lees nie. Dis verskriklik barbaars! Ons hoor nie die tipe stories in die media nie, ek dink sulke details word uit die berigte gelaat om dinge te ‘candy coat’. As ‘n me s so iets aan ‘n ander doen moet jou hard darem vol haat wees!

Ekke ·

Ja stem met jou saam volgende berig” VROU WAT HAAR SELF VERDEDIG HET WORD AANGEKLA VIR POGIG TOT MOORD”

Celia ·

Strandloper- baie jammer oor wat met julle gebeur het! Het nie woorde nie!Hoe n mens nog kophou na so iets! Jy is nie negatief nie net realisties.
Sterkte vriend.

Anoniem ·

Kry asb vir jou n vuurwapen. Volgende keer gaan jy nie so lig daarvan afkom nie. Sterkte met die herstel.

Susan ·

Goed gedoen. Parysenaars bo!!!!! Hulle vat beslis nie nonsense nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

DPJ ·

Dank die Here dat jy kon terug veg en lewend daarvan afgekom het.
Dit is wat ek paraatheid noem. Dankie dat jy jou aanvaler ‘n les geleer het. Hooplik sal hulle nie weer ‘n vrou aanval nie.
Behou jou sinne en veg terug.

didi ·

Baie bly sy is veilig. Dit is omtrent ‘n noue ontkoming. Welgedaan. Sidder om te dink wat kon gebeur het, maar dan was dit ook seker afgemaak as ‘n loon dispuut.

SNEL ·

Sjoe, hierdie is n yster van n vrou, so bly sy het niks oorgekom nie. Jy is regitg so dapper gewees, ek haal my hoed vir jou af. My grootste probleem is as ek skrik is ek so pap soos n lap, geen kam fung fighting sal uit my kan kom nie en my stem is weg, ek klink soos n gans as ek skreeu. Dis regtig sleg, want hoe verdedig jy jou as jy nie n spier kan beweeg nie en ruk soos n riet en die klank uit jou mond amper nie eers jou eie ore bereik nie. Al genade is dat my oorgewiggies my sal red en dat hulle my nie deur n ruit kan pluk nie en uitgeput sal raak as hulle my probeer oor die grond sleep en dat hulle dan self n spier verrek in die hele proses. So bly vir jou en jou gesin dat jy veilig is.

frikkie ·

nog so n geval maar nou wonder ek wat met die sort gebeur wat haar aangeval het niks…. laat sy nou een van doodgemaak het dan moes sy doodstraf kry maar daai het seker al lankal gevlug…

Andre ·

Goeie werk!

Dis net jammer die aanvallers kon lewend wegkom.

Mildred Bingle Coetzee ·

Baie bly jy kon jouself help, sterkte verder

Katryntjie ·

Ek is super trots op jou. Welgedaan!!!! Ek hoop die hoofnar kreun nou nog van die pyn.

HEB ·

Die koue rillings loop teen my rug en arms af terwyl ek die berig lees…dankie Vader sy is veilig en kon lewendig van die episode wegstap! Alhoewel bly vir haar veiligheid maak dit my siek dat mens enigsins hoef ‘dankbaar’ te wees om nog te leef na ‘n gewelddadige aanval – wat in die EERSTE plek nie moes gebeur het nie!

Gesiggie ·

Jy is n Super vrou… dankie aan jou Pa wat aan jou daai lesse gegee het, anders was jy in groot moeilikheid… jy het jou take goed verig?? hoop nie jy word vir mishandeling aan gekla?? slim gedink en opgetree… kan nie glo dat hul eers plesier wil geniet en dan probeer vat wat hul kan…. Well Done… hoop net hul vang die gemors”’ Sterkte aan jou, hoop dat jy gou sal herstel”’

maritz ·

Die EFF sal sekker nou se hulle wou net n lift gehad het . Gemors hoop hy kan nie meer van hulle maak met daai paar skoppe . Well done

Jacques ·

Wow dis wel gedaan ek wonder nou of die valke die saak gaan ondersoek,sien hulle het nie gekom om te roof of steel nie maar eerder om n vrou te verkrag en martel en haar toekoms te verwoes en dan natuurlik ook haar man te verneder met wat hulle sou doen,net n jammer sy het nie n vuurwapen gehad waarmee sy haarself kon verdedig nie!!!

Siestog ·

Well done! Inderdaad vat julle mense van Parys nie nonsens nie. Baie bly jy het dit oorleef en is nie verkrag nie. “Strandloper” jammer van jou tragiese verhale, ‘n mens herstel nooit daarvan nie. Ons blankes is in groot moeilikheid. Ons sal moet wakker slaap.

GES ·

Dit is afgryslik. Dank die Here dat Hy jou die krag en veggees gegee het om uit die situasie te kon kom. Sterkte en hou moed.

van Amerika ·

Ek’s tans in Amerika en het hier al baie mense van ander lande ontmoet en as ons hul die stories vertel moet jy hul gesigte sien, hulle is so bang om Suid Afrika toe te kom na al die stories (en ons eie) wat ons hul vertel het… sulke goed gebeur nie so baie en so erg in die buite wereld nie…

Elfie ·

Van Amerika, begin ‘n blog en rapporteer in Engels al die tipe goed

Jan ·

En die polisie was gou gou daar…….hulle het ‘n les geleer met trae reaksie tyd…….maar kon niemand vang nie………lyk my die boere wat die ander 2 gevang het moet die polisie kantoor oorneem, dalk sal daar dan meer arrestasies gebeur……….

Chris W ·

Baie goed gedaan en baie geluk met jou kop hou in ‘n moeilike situasie.Ek hoop net die een wat jou duime in sy oe gekry het is nou blind- hy verdien dit.Net jammer daar was nie drie “booswig” lyke vir die polisie om op te tel nie!!Sterkte en word gou gesond!

Ben ·

Ek is baie trots op jou dametjie! Uitstekende werk wat jy gedoen het! Begin sommer ‘n selfverdedigingsklas waar jy woon en dra altyd ‘n skokstok by jou rond. Elke persoon, vernaamlik ‘n vrou moet een ten alle tye by haar hê!

Rudi ·

Nogal baie snaaks dat die verskriklike toneel moes gebeur nadat die boere vrygelaat is. Daar was EFF mense wat gese het hul gaan wraak neem. Laat mens dink hoe laag more in die land is

Jan maak n Plan ·

Die klomp het sekerlik ook hulle lone gaan haal. As hierdie soort moeilikheid nie gou gaan stop nie gaan daar bloed vloei kort voor lank. En dan gaan die ANC en EFF lang trane huil.

Sarie ·

Vanaand op ENuus word daar na die toename van plaasaanvalle in die Vrystaat berig, maar die klem word laat val op die plaas werkers wat slagoffers is.

Chris Pieterse ·

Wel gedaan ! Nog ‘n goeie rede om op te hou rook. Jy is ‘n yster !

Louise ·

Wat vir my so opvallend is, is hoe jy kop gehou het! Selfs motor se sleutel vat want hul sou jou wraggies seker om gery het. Miskien begin die lotte wat so aanval sien dat ons sal nié gaan lê nie. Veg, al is dit terwille van jou kinders. Maar flippen moet net nooit moed opgee nie, maak nie saak hoe donker ‘n situasie lyk nie.

Ben ·

Die strekking van die baie kommentare gaan my verstand te bowe.Dit was God se ingryping in die situasie. Laat Hom die lofprysing kry.Die berig kon tragies gewees het.

Tanja Davel ·

Give that girl a Bells!!! So dankbaar jy is ok. Sterkte met jou emosionele herstel proses. Bid vir jou.

Anton Bolte ·

Bewapen julle self,volg die procedure en skaf vuurwapens pepperspray en skokstokke aan,enige iets wat weerstand kan bied,die boodskap wat hulle uitstuur is duidelik

johan ·

Hoop nie sy het hulle beseer nie want dan word sy dalk gearresteer. Wel gedaan mevrou!

EMK ·

Het ek iets gemis – wat was Strandloper se kommentaar en hoe is dit weg?

Sune van Heerden ·

Dagsê EMK

Strandloper se kommentaar is outomaties weggesteek nadat te veel lesers dit gerapporteer het. Ons het dit goedgedink om die kommentaar weer te publiseer, aangesien dit ‘n persoonlike ervaring is van misdaad wat die betrokke leser gedeel het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Treurgrond ·

Goed gedoen Esmerelda. goed gedoen dat jy hulle gewys het hulle mag dalk meer gewees het, maar dit kos net een vrou om hulle ‘n les te leer.

J ·

Gaan enige regerings amptenare haar besoek. Nee hulle gaan n vakansie oord besoek en ondersoek instel omdat n swarte nie in die swembad mag swem nie. Belaglik!!!!!

Herman ·

Behalwe dat hulle tussen 20 en 23 is, mag mens darm seker se watse ras hulle was??? Of sal dit rasisties wees as hulle dalk “nie wit” was?

adrian ·

Altyd 2 tot 3 om n ou mens of vrou aan te val. Die gespuis sal 4 tot 6 in n huisroof wees om te doen net wat hul wil. 3 weke gelede is n vrou van 60 in n mooi buurt in boksburg deur 4 van die lummels met n koevoet oor die nek geslaan en daarna het hulle die handdoek pyp uit die muur geruk en haar daarmee geslaan omdat sy gegil het. Die ,,mense,, is monsters en is uit om mense seer te maak. My duim draai na onder vir hulle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.