Parys-moorde: Polisiekaptein kry borgtog

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg tydens hul vorige hofverskyning. Foto: Mariné Jacobs

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg tydens hul vorige hofverskyning. Foto: Mariné Jacobs

Die polisiekaptein wat in verband met die dood van twee vermeende plaasaanvallers in Parys in hegtenis geneem is, is Donderdag op borgtog vrygelaat.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media gesê kapt. Henk Prinsloo (46) het Donderdagoggend in die Parys-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord. Hy is op borgtog van R5000 vrygelaat.

Prinsloo sal Vrydag weer saam met die vier ander verdagtes, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., in die hof verskyn. Volgens Mulaudzi het Prinsloo se beweerde betrokkenheid by die moorde aan die lig gekom nadat ‘n ooggetuie sy naam aan die Valke genoem het en hy by ‘n uitkenningsparade uitgewys is.

Die vier boere is in Januarie in hegtenis geneem vir die moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Tjixa en Jubeba was na bewering op 6 Januarie glo betrokke by ʼn aanval op ʼn boer in die omgewing. Toe hulle glo na die aanval gevlug het, het ʼn groep boere van die omgewing hulle aangekeer.

Toe die polisie op die toneel aankom, was die twee vermeende aanvallers glo erg aangerand. Hulle is deur die polisie na ʼn hospitaal geneem, waar hulle later dood is. Volgens Mulaudzi was Prinsloo een van die eerste polisiemanne op die toneel, maar hy het na bewering nie die plaasaanvallers “gered nie”, maar “glo eerder die boere gehelp om die oorledenes aan te rand”.

Lede van die EFF en die ANC, wat tydens die boere se laaste hofverskyning voor die hof betoog het, het aan Maroela Media gesê Tjixa en Jubeba was nie plaasaanvallers nie, maar bloot plaaswerkers wat na die plaas gegaan het om hul lone te gaan haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Yahleda Ihlathini ·

Dis mos hoe die ANC mense leer onderhandel… geweld van enige vorm

R. Eaton ·

Hou op nonsens skryf en die eff geleentheid gee om hul se te se. Is maroela deel van n propaganda? Waarom word kommentaar van regses nooit gepubliseer nie. Of kan nooit hul stellings in media kry. Selfs op rsg word slega liberale kans gegun om hul menings te lig. Gatvol!

Willie ·

R.Eaton
Ek stem VOLMONDIG met jou saam,Maroela is besig om ons kommentare te sif…selfde modus operandi as die hoofstroom media….
Willie

Delia ·

Gaan na Praag.co.za
Die koerant word ook in Nederland gelees

Theresa ·

As iemand fout maak in sommige dele vd land, word hard met hul galle gewerk – die gemeenskappe duld dit nie. Maar as ‘n paar boere saamstaan en mense wat ‘n boer gaan kwaaddoen, gryp – dan is dit hell to pay. Geklik. moet mens staan en kyk hoe jou medemens aangerand, vermoor en verkrag word? Snert. Ek haal my hoed af vir enige mens wat help waar dit nodig is. Ons leef nie op ‘n eiland nie en sal saamstaan wanneer nodig – soos nou?

Charlotte ·

EN DAAR WORD DAAI BROKKIE NUUS OOR DIE WERELD HEEN VERSPREI…OMDAT HUL N SEKERE KLEUR IS WAT DOOD IS…..MAAR WAS DIT NOU WEER N PLAASMOORD WAT ELKE DAG IN SA PLAASVIND WAS DIT NIE OP TV NUUS NIE EN IS MAAR NET NOG N OU WIT KRUISIE GEPLANT!!!! EN HET DIT N STATISTIEK GEWORD…..NET NOG N NOMMERTJIE BY DIE REEDS DUISENDE BOERE WAT BRUTAAL VERMOOR IS….WEL SE EERDER WORD!!! DIT GEBEUR IMMERS BASIES DAAGLIKS!!! MAAK MY SOMMER SIEK DAT EK WIL OPBRING……ARME VEDRUKTE VOLK. MAAK DIE BOERE DOOD WAT KOS OP HULLE TAFELS SIT ELKE DAG. MY FAMILIE IN KANADA EN AUSTRALIA IS MAAR TE BLY HUL HET SUID AFRIKA VERLAAT VIR N BRIGHT TOEKOMS IN HUL NUWE LANDE!!!! ANDER LANDE BEGIN STADIG MAAR SEKER DWARSDEUR SA SE REGERING SIEN!!!!…kyk hoe stenig hul eie nasie soms mekaar met klippe as daar n vrot appel in hulle midde is….WAT DAARVAN??? Jy hoor nooit dat elkeen wat n klip daar gegooi het tronk toe is nie!!!! Nee man sies word al hoe viesliker en onredelik hier in hierdie land. Eks te skaam as ek oorsee kuier om te noem ek kom van hierdie land af….

chrisp ·

Charlotte.
Ek verstaan jou frustrasie ,dit lees egter baie moeilik as alles in hoofletters staan.
Ek het halfpad opgehou lees.

Charlotte ·

Boere begin saamstaan want hul sien die siek regering dit doen…soos daai spreekwoord se …. ??? Kom ek stel dit so……jy sien en jy doen dieselfde…..!! Die spreekwoord wat ek ken word mos nou weer gekoppel aan RASSISME!! SO GATVOL !!!!!!

Piet Smith ·

Lyk my die media is bang vir die menseregte sê jy iets wat klink of dit teen regeerders of hulle aanbidders is hulle vinnig om jou kommentaar te verwyder. Kom ons kyk in

Johann ·

Is daar dalk ‘n foto van die kaptein beskikbaar? As die boere gewys word, hoekom nie hy ook nie? Wat goed is vir een geld ook vir die ander. Ek wonder ook maar.

Frederik ·

Maw. wat die EFF & ANC eintlik sê is dat hul lede wat vir Checkers werk maandeliks opruk na die betrokke bestuurder se kantoor, daar inbreek, die bestuurder met ‘n gun oor die kop slaan en dan hul salaris kry. Unieke spul.

P J Strydom ·

Organiseer ‘n reuse optog na en in Parys met pamflette waarin al die name van boere wat in 2015 aangeval en vermoor was, tesame met foto’s , versprei word. Waar was die kruppel regering se wetstoepassers en kamtige “valke” toe hierdie gebeure plaasgevind het? Hulle is daarop uit om ons witmense uit te moor en dit moet STOP. Ons het by breekpunt gekom! Dit is tyd dat ons die streep duidelik trek.

san ·

Hulle grawe n gat val self daarin , Nou word n beampte toegesluit omdat hy hulle nie gered het nie. Dit is nou belaglik. Sterkte Henk en al ons Boere.

Jaco ·

Hoekom is die opskrif “Parys Moorde: Polisiekaptein kry borgtog”? Is dit sonder twyfel vas gestel dat die vermeende plaasaanvallers vermoor is?

piet ·

Ian. Almal in die omgewing ken almal. As die oogetuie n boer was sou hy vir Kaptein Henk geken het. D.w.s hy sou dan nie n uitkennings parade benodig het nie. Kanse is groot dat die oogetuie dalk n anc/eff ondersteuner is.

kosie44 ·

Hul kan ook dalk d.m.v n vals oogetuie section42 senario forseer. Dan gaan iemand skuldig bevind word!

Michael ·

‘n paar weke gelede was daar geen ooggetuies nou is die kaptein gearresteer,ek wonder of die boere nie mekaar begin verraai nie dit is mos maar die Afrikaner se manier om nie saam te staan nie

Johannes Meintjes ·

Beswaarde medeburgers, – alles rondom ons werk maar met ‘n plan … Daar is ander kommunikasie kanale ook.

H Rust ·

As hulle nie daar was nie was hulle nie dood nie. As jy met ‘n moordwapen gaan, stel jy jouself en andere in gevaar om dood gemaak te word. Sien dit gebeur nou, as gevolg van die moorde wat voortgaan,was dit nie so nie het almal nog geleef. Dit was nooit so nie,so DIT is die regerende party se skuld. Dit is die opperste van geweld as jy jou lewe moet verloor.Maar nee, dit kon hulle nog nooit met wette vasvat nie. Daar is mos wette wat die kosproduseerder kan beskerm,stel sulke wette in. o.a. geen toegang sonder ‘n afspraak ens, nog vele meer.Die goed jag rassisme aan van beide kante.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.