Parys-moorde: Vier nuwe verdagtes in hof

Loedie van der Westhuizen. Foto: Facebook

Loedie van der Westhuizen. Foto: Facebook

Die drie verdagtes wat vandeesweek in hegtenis geneem is in verband met die opspraakwekkende Parys-moordsaak, het Donderdag saam met nog ʼn minderjarige verdagte in die plaaslike landdroshof verskyn.

Cor Loggenberg (18), Loedie van der Westhuizen (18) en Miela Janse van Vuuren (22) is almal op borgtog van R10 000 vrygelaat. Die minderjarige verdagte, wie se naam volgens wet nie bekendgemaak mag word nie, is in die toesig van sy ouers vrygelaat.

Die vier sal Vrydag weer saam met die ander verdagtes, naamlik kapt. Henk Prinsloo (46), Boeta van der Westhuizen (46), Anton Loggenberg (49), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19), Fanie Oosthuizen (42) en Wicus van der Westhuizen (19) verskyn.

Cor is Anton se seun, terwyl Loedie die seun van Boeta is. Miela is Boeta se aanstaande skoonseun.

Die staat voer aan die 11 verdagtes was betrokke by die moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba wat op 6 Januarie deur boere in die gebied op ʼn plaas aangekeer en glo so erg aangerand is dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Familielede van Tjixa en Jubeba beweer egter dat daar nooit ʼn plaasaanval was nie, maar dat Tjixa en Jubeba, wat vroeër vir Boeta gewerk het, tydens ʼn loongeskil deur die boere doodgeslaan is.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Retha ·

As hulle so aangaan gaan hulle die hele Parys distrik “verdagtes” maak. Die hele spul maak my siek. Wat is so moeilik om nou die regte persoon/e aan te keer. Ek voel dis ‘n geskiet in die lug en mog het troffe.

Frederik ·

Hul word die VALKE genoem !! ‘n Valk vang nie die ooi nie, maar haar lam.
Hou die spul dop. Volgende week voer hul arrestasies uit by Parys Laerskool

Francois le Cochon ·

@Retha. Volgens berigte was daar 40 boere op die toneel. Net sommige van hierdie 40 boere het die 2 swartes aangerand voordat die Polisie op die toneel aangekom het. Die vraag is nou, watter van die 40 boere het die 2 swartes aangerand?
Indien dit nie so moelik is soos jy se^ nie, kan jy vir ons se^ watter van die 40 boere het hierdie 2 swartes aangerand, voordat die Polisie opgedaag het?

Janneman ·

Retha,
Hulle werk met n plan – ou taktiek die.
Neem n hele klomp mense inhegtenis, baie van hulle onskuldig en jonk, sluit hulle vir n rukkie toe en maak hulle bang genoeg.
Die onskuldiges wat die waarheid ken knak mettertyd onder druk en lewer die skuldiges uit om uit die situasie te kom.

Gesiggie ·

Well Done aan jul goeie speur werk, dammit jul tree darem baie vinnig op aangaande die saak… wat gaan aan? word jul exstra betaal… nog 4 nuwe verdagtes? waar trek ons nou al… hoeveel verdagtes… goeie genade , ek kan nie glo dat soveel mense betrokke was by die dood van n persoon… nee man wat gaan hier aan… gaan dit nou elke dag se Hoof Nuus wees? lyk my iemand is daarop uit om die Boere te martel en te laat suffer… Boere staan sterk. veg vir jul reg…. ( wil julle slim manne nie maar groot plak kaarte oprig aangaande die saak… ) lyk my hierdie gaan n groooot storie word…. maak mens naar;;;;

ekke ·

Ag tog elke keer dieselfde verskoning van kamstige loongeskille. Is dit nou die nuutste verskoning wat hulle altyd gaan gebruik……. Dis nou weer geval van die swarte se woord teen die witte se woord in raai wie s’n gaan geglo word…………. Sterkte aan al hierdie boere, julle gaan dit nodig kry.

boerin van Pta ·

Dit raak nou na n belaglike saak. My pok los die manne laat hulle kan boer en konsenteer eerder op die klomp terries wat so baie moor. No 1 wat soek daai oorlede op die plaas en boonop waars sy maakies. Magtig man word groot speurders en die bleddie staatamptenare en vang die moordenaar die klomp boere is nie moordenaars nie hulle is boere wat sorg dat ons jy julle voedsel op ons tafel kan he.

Danie ·

Laat ons hoop dit is nie agv ‘n loongeskil nie.
Wat kommer wek is die jong manne wat betrokke is.
Suiwer spekulasie – hoeveel “trop sindroom ” was hier betrokke? I’m

Grap ·

“Cliche”of nie die manne sing nou soos kanaries om hulle eie bas te red.

Boerseun ·

Yip. Die wat sing moet nie deur ander gehelp word as hulle aangeval word nie. Die soort is juis die rede hoekom die Afrikaaner op uitserf staan

M ·

Ek dink nie dit is goeie speurwerk nie, Ek dink eerder dit is ‘n geval van hulle begin mekaar nou uitwys. Stenig my maar. Ongelukkig is dit so: Two wrongs doesn’t make one right.

My bydrae ·

Hoekom tree die speurders en polisie nie so vinnig en ferm op wanneer blankes aangerand, beroof, ontvoer, verkrag en vermoor word nie?

Johann ·

En nog jong lewens en hoopvolle toekoms word verwoes…dis hartsverskeurend oor hoe pa’s en seuns saam in só n situasie kan beland? Die ergste is, die waarheid praat gaan hulle nie vrymaak van die aanklagte nie; NET DÍE Waarheid sal hul bewaar.

Sus ·

Gits, ek woon in Pretoria en al hoe ek weet van die storie, is deur die nuusmedia maar voel ek moet my voordeur gesluit hou want ek is dalk volgende op die Valke se lys!

Voorlaaier ·

As ek di gedoente so bekyk,sit die hele Parys nog in di tjoekie op di einde!…

hein ·

Logies sal die ware feite uitkom soos die saak meer deeglik ondersoek word. Dis tog duidelik in die berigte dat sommige van die betrokkenes besluit het om liewer die waarheid te begin praat en so meer moeilikheid vir hulleself te spaar. ( Baie slim, alhoewel amper bijtje laat en se nie veel vir hulle karakters nie) So ek verstaan nie heeltemal sommige van die reaksies nie. Die gang van ‘n normale ondersoek maar waar mense in die begin jok oor die waarheid. Wat my meer ontstel is dat dit begin te blyk dat dit glad nie n plaasaanval was nie, en dat soveel mense betrokke blyk te gejok het daaroor. N leuen is n leuen, maak nie saak wat die situasie is nie. Sal meer skokkend wees as dit werklik n geval was van twee werkers ( die oorledenes) wat net hulle salaris gaan probeer kry het , wat hulle tien teen een baie nodig gehad het…………….

Chrisjan ·

Dankie aan al die betrokke boere, hierdie is n mooi voorbeeld van hoe almal kan saamwerk om plaasaanvalle te voorkom.

Martin ·

40/2. Daai is nogal rof. Geen wonder hulle is dood nie. In ‘n geval soos die, moes iemand dalk maar kop gehou, en agter gekom het hier is probleme op pad. Ek kan nie sê ek stem saam met wat hier aangegaan het nie. Nee kêrels, wat nou van julle plase, julle vrouens en kinders?
Was dit regtig nodig?

Anoniem ·

Ons as mens is so moedeloos vir al die moorde verkragtings roof en wie weet nie wat als nog nie en die feit dat hulle loskom is nog tienkeer erger…Wens so al die goed stop. Waar is die dae heen toe ons as kinders in strate kon speel, kleilat gooi in die veld, fietse ry in strate….albasters speel in tuin self in straat…Mense dis tyd dat ons besef dis verby ons sal dit nooit weer he nie…..

WAT? ·

Wat? R10,000.00 Borg! Regtig Serious en die wat die Plaasboere dood maak en dan ‘n R1000.00 kry en dan nog ook vrygespreek word wat van dit sy boetie en vriende word nie eens aangekeer nie daar word nie eens moeite gedoen om so ‘n saak soos “die saak” te ondersoek nie! Nee ek ruik ‘n vrot rot iewers is iets fout!!!!!!

m ·

Sjoe soos dit nou gaan, gaan Parys n spookdorp wees eersdaag want almal gaan in die tronk wees….. wat n grap…

jack ·

Het die polisie nie dalk die verkeerde Parys beet nie. Die hoeveelheid verdagtes is byna so groot soos die Boeremag wat van hoogverraad aangekla is.

neelsie ·

Sou die jong manne betokke wees, is hulle vrye lewe verby.
Moelikheid is hulle voorland.
Waarom nie dink voordat jy optree nie…
Hoop hulle kom skotvry deur die ding, lyk na ouens met baie potensiaal…
Sterkte.

m ·

Netso Jack, maar dis duidelik hier dat as jy ‘n bleek vel het en jy is van Parys is jy byvoorbaat n verdagte….

Regtig ·

Die enigste mense wat kan se wat gebeur het is dood. As daar onskuldig boere was waarom het hulle dan nie gekeur nie. As hulle dan aan alles behalwe loon onder onsie skuldig was kom aan kon 11 boere hulle nie net gevang het nie. Nee maar daar moet altyd iets bewys word met geweld . as dan 41 boere daar was kan kon niemand keer. die feit dat daar jeug betrokke was is skrik weekend Is die gesegte nie die deler is so goed soos steler

Sarie ·

Sjoe – as al hierdie manne daardie arme slag offers so geslaan het, hoe kon daar nog vleis of been oorgebly het Dit wys jou net dat die staat het nie eintlik ‘n saak teen die “beskuldiges” nie omrede hulle het nou al soveel beskuldiges gearresteer, en watter een het die “doodshou” toegestaan? Hoe gaan hulle dit bewys? Was dit nou swart wat wittes aangerand het – dan sou net die persoon wat geskop of geslaan het, gearresteer word. Die medepligtiges sou skot vry gekom het omrede hulle nie die daad gepleeg het nie. In hierdie saak is daar soveel medepligtiges, selfs die mense wat kommentaar gee gaan seker ook medepligtiges word.

Suzette ·

@Sarie: Se ek ook 40/2 moes hulle werklik spook om “puzzle stukkies” te laat match. Se nog hierdie mans was nie dood toe hulle opgelaai is nie en ek dink werklik hulle het dalk seer gekry maar is nie deur daardie boere “doodgeslaan” nie. Die groter meerderheid dink ek was net daar “vir nuuskierigheid”. Wie sal dan ooit kan se wie het die “doodshou” geslaan. Nie een van die twee sover ek gelees het was op die toneel dood verklaar nie. Dit kon na die tyd ook gebeur het. Die storie rafel nou so uit en frustreer mens. Ek meen hoe nou. By Rustenburg word n klas vanoggend deur n man beroof buite op die hokkie veld. Vuurwapen word gerig EN sneller word getrek. Gelukkig was dit lyk my “blanks” of iets. Dankie tog. My punt is wat maak kinders ongewapen by hulle skool saam ‘n onderwyseres as n man met n wapen hulle bedreig. Sou die valke ook dadelik daar gewees het as juffrou of een van kids geskiet was. En kan jy dink wat sou met daai adder gebeur het as daai kinders se pappas, ooms, boeties en mammas hom beet gekry het sou hy kinders beseer het. Hel hierdie land ………..

Peet J ·

Dat die Valke nou toeslaan op die Boere se kinders is ‘n manier om die Boere te ontsenu.
Die Boere moet nou net nie kouevoete kry nie ek dink hulle het ‘n goeie saak. Sterkte

Flippie ·

Dit is nou presies wat fit is. Hierdie swart politici het hard met die Valle gepraat. Nou moet daar nog net hard met die NVG en regters of magistraat gepraat word. Iemand moet skuldig wees en gevonnis word. Die regering is gatvol vir die boere wat die plaasaanvalle ras vang of fnuik.

As almal hulle bekke hou het die polisie niks.

Sarie ·

Wat was die polisie se aandeel aan die dood van die slagoffers? Wil voorkom of die lone ook nie by die regte man kom afhaal is nie. Die seun het hulle geskuld en waarom kom hulle na die ou man toe.

Rakker ·

Wonder net wat sou gebeur het indien die bejaarde oom vermoor was??? Dit sou tien teen een nie eers die nuus gehaal het nie (soos BAIE ander plaasmoorde), die saak sou nie ondersoek wees nie, en die ander twee outjies sou net eenvoudig op vrye voet wees. Dis SCARY en BAIE jammer dat almal nie onder dieselfde kam geskeer word nie. Gelukkig is daar ‘n Hemelse Vader wat werklik weet wat die waarheid is. Mag die waarheid seevier!

Oom Stoom ·

Volksgenote, ons moet leer hieruit! Eerstens moet ons nie oordeel voor ons al die feite het nie. Dis goed om met ons mense (boere) te simpatiseer, maar dis beter om fisies te help. Hulle gaan rowwe regskostes op die lyf loop. Kom ons help met bydraes. Hulle het ons ondersteuning by die hof nodig, kom ons gaan op die volgende datum. Kom ons spreek ons oral in die media uit oor die wyse waarop die regeringsinstansies hierdie saak hanteer. Wanneer ons mense vermoor, gemartel, verkrag, aangerand of aangeval word, word die absolute minimum aandag, tyd en onkoste aangegaan. Selfs waar ‘n gesin uitgewis word. Daar is baie voorbeelde.

Oom Stoom ·

Maar as 2 swart mans sterf dan word die Valke gebruik en ‘n hele span hoogsopgeleide speurders werk voltyds en om die klok aan die saak. Hulle is mos onaantasbaar en beskik oor al die fondse en middele en ongehoorde mag. Hulle kan ons mense toesluit na willekeur, en derhalwe vind daar ook uiterste intimidasie plaas sodat die aangehoudenes onder uiterste druk swig en se wat hulle weet. Sommiges word selfs gemartel vir inligting. Dieselfde kaptein wat hierdie ondersoek lei was ook betrokke by die Bloemfontein 4 wat toegesluit was op 16 Des ‘n paar jaar gelede. Ons moet kennis neem hiervan mense. Hy put genot daaruit om ons mense te ondersoek en te vervolg. Al is hy self ook wit en Afrikaans Kom ons staan by ons mense, al was daar dalk foute gemaak. Moenie ons boere te hard oordeel nie. Hulle werk onder baie baie hoë druk en gevaarlike omstandighede wat ons nie altyd besef wanneer ons snoesig en veilig in ons sitkamers voor die TV sit nie!

Oom Stoom ·

In elk geval, met die gehalte van sorg en kundigheid in die hospitale vandag wonder mens maar net of die 2 wat nog geleef het en toe hospitaal toe is, nie dalk vanweë die bydrae van die lae standaard mediese sorg die tydelike met die ewige verwissel het nie… Dan kan die boere nie aan moord skuldig bevind word nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.