Parys-saak: Landdros waarsku staat

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo Vrydag in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo Vrydag in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Die verrigtinge Vrydag in die Parys-landdroshof waar vyf beskuldigdes verskyn het in verband met die moord op twee vermeende plaasaanvallers, was binne ʼn halfuur verby.

Kapt. Henk Prinsloo, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., het saam op ʼn aanklag van moord verskyn.

Die staat en die beskudigdes se regsverteenwoordigers het ooreengekom dat die saak uitgestel word om die staat kans te gee om sy ondersoek af te handel. Die staat het aangevoer dat hy steeds wag op uitslae van DNS-toetse, asook ontledings van die beskuldigdes se selfone. Hy het ook gesê dat sommige betrokkenes se verklarings nog afgeneem moet word.

Landdros Leshni Pillay het die versoek om uitstel toegestaan.

Pillay het die staat geroskam oor sy ondersoek steeds nie afgehandel is nie en het die staatsaanklaer herinner dat hulle tydens die beskuldigdes se vorige hofverskyning ʼn maand gelede ook nie voorbereid was nie. Sy het beklemtoon dat die beskuldigdes teregstaan op ʼn ernstige aanklag en het aan die staat gesê indien sy ondersoek met die volgende hofverskyning nie afgehandel is nie, sal sy die nodige stappe doen.

Betogers buite die hof. Foto: Nico Strydom

Betogers buite die hof. Foto: Nico Strydom

Al vyf beskuldigdes se borgtog is verleng en hulle sal op 15 April weer in die hof verskyn.

Buite die hof het drie groepe, onderskeidelik lede van die ANC, lede van die EFF en ʼn handjie vol mense in ‘n ander groep, betoog. Die onderskeie groepe is met rolle lemmetjiesdraad van mekaar afgesper en daar was deurentyd ʼn streng polisieteenwoordigheid.

Die groepe van die ANC en EFF het plakkate omhoog gehou waarin hulle hul teen rassisme uitgespreek het, terwyl die ander groepie die vierkleur-vlag gewaai het. Die ANC-betogers het weer die omstrede ‘Kill the Boer, kill the farmer’-lied voor die hof gesing.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Sakkie van der Schyff ·

Nee Maroela! Ek was vandag so boos by die hof oor die wyse waarop die “media” aangaan en hier kom Maroela en publiseer dinge vir feite terwyl daar geen waarheid in is nie. Skande.

Jan-Hendrik ·

Sakkie wat het vanoggend by die hof gebeur. Gee ons asb die ware feite dat ons kan weet

Sakkie van der Schyff ·

Dankie Landi van Maroela. Die verkeerde berriggewing is reggestel.

Wat betref die berig soos dit nou daar uitsien … perfek en waar. Mooi weergawe.

Ek sou by noem dat ‘n groep motorfietse (so 40-50) verby die betogers gery het en die ANC se sang totaal weg gebrul het, waarna die ANC met “Jou ma se ****” en “die boer se ****” probeer vergeld het. Ek het ‘n onderhoud met Jinx, die organiseerder van die “run” na parys gesels en ondubbelsinnig was vandag se rit in protes teen plaasaanvalle, landswyd.

Dankie nogmaals vir die regstelling Maroela, ons het baie moeite gedoen dat die gemeenskap van Parys nie weer verkeerd etiketeer word nie.

pjk ·

Nou hoe verstaan ek dit nou. Die anc en eff swaai plakatte rond(kill the boer) en betoog teen rassisme? Weet die ouens wat hulle doen? Duidelik verstaan hulle nie… save the country!!!!

Johan ·

Daar was al in die verlede verskeie gevalle waar groepe Swartmense vermeende misdadigers doodgemaak het. Dit het om een of ander rede nie baie nuuswaarde gehad nie. Maar wanneer so ‘n ongelukkige voorval wit teenoor swart is, is dit skielik rassisme. My gevolgtrekking is dat misdadige elemente se optrede teenoor Blankes vir party mense aanvaarbaar is….

Gesie ·

“Away with racism, away” terwyl hulle “kill the boer, kill the farmer” sing… Tipies!

Johann ·

Ek stem Bobby, Sakkie moet uitbrei. Ons wil graag almal weet wat die korrekte feite is.

ZHARA ·

Is kill the farmer kill the boer nie rasisties nie? Wonder maar net vir n pers gesig word mense aangekla.

Hannelie ·

Ja Zhara “kill the farmer, kill the boer” is rassisties net so as jy jou gesig pers verf. Want die ANC en al die agtergeblewenes het nog nie oor 1994 gekom nie. Hulle dra hul bagasie nog al die pad saam met hulle en wil net nie aanvaar dat hulle nie wit kan wees nie. Dis hoekom HULLE rassisties is, want die wittes is ‘n bedreiging.

Realis ·

Nee Zhara. Dit is die nuwe alternatiewe volkslied van die piesang republiek

Loeis ·

‘n Paar mense het met die vorige optredes die opmerking gemaak dat die mense wie die vierkleur daar swaai, nie plaaslike inwoners is nie. Kan iemand daaroor duidelikheid gee?

Eben Kitching ·

Die enigste oplossing is om nie besighede wat blankes onder druk te ondeestwun nie. Ons blankes moet n swartlys op stel van beaighede wat rassisme teen blankes pleeg en hul boikot. As die beskuldiges swart was dan was die saak al uitgegooi en geskrap.

Veritas ·

Wat my, van die hele saak die meeste dronkslaan, is die feit dat die verdagtes so erg aangerand was dat hulle aan hul wonde beswyk het. Die aangeklaagdes het die polisie ontbied na die aanranding. Indien hulle die verdagtes so erg aangerand het dat hulle amper dood was, sou hulle dit tog nie gedoen het nie of hoe?

Meraai ·

Net so paar goedjies wat my opval:
* Ek kry deurgaans net meer respek vir Landros Leshnie Pillay.
* Ironies dat die persoon wat die “Away with racism away” plakaat die rooi T-hempie van die EFF dra wat die “kill the boer, kill the farmer” lied gesing het.
* Geen melding van die betogers se kant dat dit misdadigers is wat gemoor is, nadat hulle eerste oortree het in ‘n gebied waar die blanke boere hartlik keelvol is vir brutale en sinnelose geweld teen hulle families.
* Die ANC en EFF het oënskynlik teen dieselfde saak betoog, maar moes ook met lemmetjiesdraad van mekaar geskei word?

Neil ·

Maroela media !! Hoe kan julle se die mense wat die vier kleur flag waai is inwoners van die dorp ? Het julle hulle gevra want ek bly my hele lewe lank in die dorp en ek het nog nooit die mense gesien nie. Die mense is nie van Parys af nie .

Landi Slatter ·

Dagsê Neil

Dankie vir jou insae. Ons sal ondersoek instel en het intussen die berig gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Snoekie ·

Wat is fout met die vierkleur niel. Ten minste het hulle die moeite gedoen om die manne te ondersteun. Waar was jy?

Net ek ·

Snoekie ek wens daar was ʼn op duimpie finksie dan het jy een van my gekry..

Net ek ·

Snoekie ek wens daar was ʼn op duim funksie dan het jy een van my gekry.

theunis vd heever ·

maak dit saak waar hulle vandaan kom…vra maar net

François ·

Meraai, ek het lankal gesê dat Landdros Pillay het die regte getuigskrif. Sy is met alle respek gatvol vir die staat se hantering van die saak. Dit blyk duidelik uit haar reaksie vanoggend asook met die vorige verskyning van die vier boere. Daardie girl het nie tyd vir twak nie. Die saak gaan nog afgewater raak.

GPC ·

So, die wat teen rasisme is (ANC & EFF) sing “Kill the Boer, Kill the Farmer”
Wie is dan rasisties of verklaar “volkuitwissing”. Dis vir my moeilik om te verstaan dat iemand met n pers gesiggie meer verkeerd is as iemand wat uitbasuin om ander dood te maak. En die hartseer is, dit gebeur, boere word doodgemaak soos hulle slagspreuke dit wil he.
Ons lewe in rasistiese samelewing wat totaal wittes wil uitroei. Wie is werklik rasisties?

Elna Kupke ·

Ten minste is daar blankes wat daar staan om die manne by te staan, waar is die ander blankes wat in Parys bly?? Hoekom staan julle nie daar om die 4 manne by te staan nie??

Yvonne ·

Soos Donovan hier onder sê, party van ons moet plan maak vir ons daaglikse broodjie. Ek is seker daar is baie mense soos ek wie geen keuse gehad het en moes werk, anders was ons definitief ook daar.

Donovan ·

In plaas van om te gaan betoog vir iets waarvan jy niks weet nie, maak eerder ‘n plan vir jou daaglikse broodjie.

pietie ·

elna kupke…….. ja jys reg. almal lê ‘n eier ons moet saam staan want ons boere kan nie saam staan nie. Gister op maroela is ‘n foto wat ‘n swart student die woorde op ‘n T-hemp het kill all whites, daai een plant ‘n saadjie by ander, hier sing hul weer kill the boer……. kyk verby die 4 kleur vir nou, sien eerder die positiewe raak, dat daar darem ‘n opmars is in ons blankes om saam te staan teen onregverdigheid, moenie die 4 kleur mense afjak nie, stap na hom toe, en sê vir hom, mede burger, dankie vir jou ondersteuning ons het elke lewe boer se ondersteuning nodig, maar bere die 4 kleur ons wil hu nie uitlok nie, net jou teenwoordigheid hier is genoeg, kom saam my kom staan daar agter en obserweer net. ONS IS NOU IN ‘N TYD OM MEKAAR LEIDING TE GEE EN TE ONDERSTEUN. Dinge gaan eerlikwaar vir ons nog ongemaklik raak, stelsel matig moet ons nader aan mekaar lewe.

pietie ·

elna kupke…….. ja jys reg. almal lê ‘n eier ons moet saam staan want ons boere kan nie saam staan nie. Gister op maroela is ‘n foto wat ‘n swart student die woorde op ‘n T-hemp het kill all whites, daai een plant ‘n saadjie by ander, hier sing hul weer kill the boer……. kyk verby die 4 kleur vir nou, sien eerder die positiewe raak, dat daar darem ‘n opmars is in ons blankes om saam te staan teen onregverdigheid, moenie die 4 kleur mense afjak nie, stap na hom toe, en sê vir hom, mede burger, dankie vir jou ondersteuning ons het elke lewe boer se ondersteuning nodig, maar bere die 4 kleur ons wil hu nie uitlok nie, net jou teenwoordigheid hier is genoeg, kom saam my kom staan daar agter en obserweer net. ONS IS NOU IN ‘N TYD OM MEKAAR LEIDING TE GEE EN TE ONDERSTEUN. Dinge gaan eerlikwaar vir ons nog ongemaklik raak, stelsel matig moet ons nader aan mekaar lewe.

JaNee ·

Die vermeende plaasaanvallers het nog geleef toe die polisie hul wegneem. Kan dit wees dat die polisie hul verder aangerand het tot hul dood is om die wit boere in hegtenis te neem vir moord ?

Willie ·

Handjie vol mense in n ander groep? Watse groep is dit? Blankes? Of is julle te bang om te se wit ondersteuners?

Emmie ·

As die blankes die teenoorsgestelde doen en sing ‘kill the blackm@n”, of al die goed kweit raak wat hulle doen sal daar choas wees, dus tyd dat ons opstaan. hoekom word daar so baie lig geplaas op hierdie moorde van swart mense maar niks op plaasmoorde nie. is plaas moorde nie ook rase haat nie. het hierdie manne nie hul en hul families probeer beskerm nie. ons is moeg om bang te wees moeg om nie n toekoms vir ons kinders te he nie.

Emmie ·

Ek dink die blankes is te bang om op te staan vir ons regte, ons word te-reg gestel. As ons wel doen. want dit is nie deel van ons struggle nie maar is tans deel van ons struggle.

Siestog ·

Ek stem Meraai. Die feit dat die ONSKULDIGE aanvallers in die eerste plek nie daar gehoort het nie, is skoon vergete. As daardie oom nie die paniekknoppie gedruk het nie, was hy geskiedenis/statistiek ! Die nuwe kommunistiese/terroristiese landsvlag is definitief nie my vlag nie.

Salomie ·

Wonder wat sal gebeur as ons wittes elke keer betoog buite die hof as een van ons mense doodgemaak is en hulle staan in die beskuldige bank ons sal elke dag voor die hof staan,,, dit blyk vir my solank dit net wit is is daar rassisme maar sodra swart doen is dit niks hulle mag maar

johny ·

Hulle moet uit die boks dink.Dink eers voordat daar opgetree word.

Chris W ·

Ditgaan eerder om solidariteit te toon met jou mede afrikaner /boere volksgenote as om te “betoog” oor iets.Ons kan by die swartes gaan leer as dit by saamstaan kom!Daar moes 5000 blankes by daai hofsaak opgedaag het dan het ek gevoel ons staan saam.

Lee ·

Die idiots met hulle plakate. Maar dat dit nou een van hulle familielede was wat daar gestaan het dan was dit fine dan moes hulle loskop. Kan nie glo die boere probeer hulle self beskerm en dan gebeur dit. Wys jou ons land is vir die kriminele!!! Pateties SA

H Rust ·

As ek kyk na wapens wat by ‘n reeks aanvalle op plase by Paarl gebeur het,was dit panga’s en messe.So die twee Parys aanvallers het dieselfde wapens gehad,dus moordenaars. Hulle het nie ‘n afspraak met die boer gemaak sodat hy hulle verwag het nie,hulle was ook nie genooides nie so hulle wapens sou gebruik word vir moord,dit is mos elke dag se ding……………hulle of jy,dit is die staat se skuld. Stel wette in,dat die onskuldige op sy plaas homself mag verdedig teen ‘n oormag,en as iemand betree moet dieselfde reël geld. Dit bied beskerming vir die boer wat altyd alleen,sonder polisie op die plaas,homself en sy gesin moet beskerm. Dit sal bewys dat die staat dit in ‘n ernstige lig sien.

Theo ·

Dit is die Vierkleur vlag.. Nie vierkleur vlag nie, behandel dit met die nodige respek Maroela Media!

Theresa ·

Rasisme…. Ag asseblief!!! Nou wat noem ons dan al die plaasmoorde?

bernard ·

Ons moet mos die babas groot kry – gee vir die betogers daai soet fopspeen van lekkergoed sodat hulle hulself soet kan suig en ophou met die kaf van die boer is gekill en die hoenders het skierlik tanne gekry want ons weet nie hoekom ons dans nie- dit klink net lekker_ of is dit KFC wat praat

Annatjie Bezuidenhout ·

Daar is so baie kommentaar. Almal voel anders. Parysenaars is NIE rassisties nie! Die mense wat daar gestaan het, is NIE van Parys nie, Al die Parysenaars het gebid. Natuurlik staan ons bymekaar, maar nie met slagspreuke nie. Christene, kinders vd Here weet hoe om hulle te gedra. Kom kuier of bly op Parys, ons lewe in vrede met mekaar. Natuurlik is daar paar vrot appels. Maar ons kan nie almal onder dieselfde kam skeer nie! Dankie Sakkie vd Schyff, jy het mense oortuig om kalm te bly. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie! Dankie vir die Kerk wat oopgestaan het, waar die Boere kon gaan saam bid het.

Annatjie Bezuidenhout ·

Ek wil net noem, dit was nie net blankes wat saamgebid het nie. Ander rasse het ook saam verenig in gebed, dit was vir al die misdaad in die land asook die plaasanvalle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.