Parys-saak: Onverwagse uitspraak oor borgtog

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo in Februarie in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo in Februarie in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Landdros Ronnie Mnguni het Maandag in die Parys-landdroshof ʼn onverwagse uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen, wat tereg staan op die moord op twee vermeende plaasaanvallers.

Van der Westhuizen en Oosthuizen staan saam met kapt. Henk Prinsloo, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun Johan Cilliers jr., tereg vir die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Tjixa en Jubeba is dood ure nadat hulle glo in Januarie deur ʼn groep boere op ʼn plaas in die Parys-distrik aangekeer is. Al die beskuldigdes het skuld ontken op die aanklagte teen hulle.

Mnguni het borgtog van R20 000 elk aan Wian van der Westhuizen en Oosthuizen toegestaan. Die ander beskuldigdes is in Januarie op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Jacques Steenkamp van SAUK Nuus berig die staat het die borgtog van Wian Van der Westhuizen en Oosthuizen teengestaan omdat die staat gemeen het die kans was goed dat hulle getuies in die saak sou beïnvloed. Die staat het aangedui dat baie van die getuies plaaswerkers is wat in diens van die beskuldigdes is, wat die getuies dus in ʼn minderwaardige posisie sou plaas.

Volgens Steenkamp het Mnguni egter gesê die staat se ondersoek is nog ver van afgehandel en dat dit onvanpas sal wees om die twee verdagtes borgtog te weier, terwyl hul vyf medebeskuldigdes vroeër op borgtog vrygelaat is.

Mnguni se besluit om die bedrag vir borg op R20 000 elk vas te stel, het egter heelwat verbasing tot gevolg gehad aangesien die staat versoek het dat elkeen van die beskuldigdes R10 000 borgtog moet betaal, terwyl die verdediging versoek het dat die borgtogbedrag R5 000 elk moet wees.

Die hof sou laat Maandagmiddag uitspraak lewer in die tweede borgtogaansoek van Boeta van der Westhuizen. Boeta is vroeër op borgtog vrygelaat maar is weer op 4 Maart in hegtenis geneem nadat hy na bewering lede van die ondersoekspan gebel, gedreig en geïntimideer het.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

DPJ ·

‘n Landros is altyd volgens eed en wette onpartydig tot enige saak wat aangehoor word. Ons is en bly ‘n regstaat.

Christo ·

Hierdie is wit teen swart saak uit en uit, die feite word oorskadu deur ras. Ek wil sien hoe een van hierdie ouens met hierdie ondersoek werk skuldig bevind kan word, wat wel waar is is dat die belastingbetaler hom kan klaar maak vir n paar miljoen se siviele eise. Want dit gaan net oor een ding en almal kan dit sien, en intussen was daar hoeveel meer plaas aanvalle, wat het net die afgelope twee weke nie gebeur nie. Ons mag ons nie self beskerm nie ons moet hande gevou staan en kyk. Pateties, daar sal drasties iets gedoen moet word voor daar n lelike ding uitbreek

Jan maak n Plan ·

Soos ek vroeer gese het die staat het n boetie in gebring. Daar begin hy sommer op die eerste dag sy kleure wys.

Piet Snot ·

Jan, ek dink die landdros was baie skerp. Hy’t geweet die boere moet vrygelaat word. Toe maak hy die bedrag hoog, sodat niemand hom kan kritiseer terwyl hy die regte ding doen nie.
En die bedrag is min in vergelyking met wat die boere se regskoste uiteindelik gaan wees.

Piet ·

Hahaha, ek het nou lekker gelag – dit is ‘n snaakse video!!

johan ·

Wat gebeur met al die geld wat hierdie manne aan borgtog betaal, as hulle onskuldig bevind word…dis duidelik n uitbuitery en geldmakery. Sou die velkleur anders gewees het, sou die borgtogbedrag dieselfde wees?…ek het ongelukkig nie die saak gevolg nie.
Ek glo dat indien hulle onskuldig bevind word, en daar word siviele eise ingestel, dit n behoorlike les vir die regter sal wees om hom te wys dat geregtigheid op die regte manier moet en sal geskied.

Andre ·

Ek weet as hulle onskuldig devind word sal hulle die borg geld terug kry

Liewe Heksie ·

Shannon spesifiseer wie is jou boepense hier die manne wat jou kos op jou tafel sit of die gereg wat stupit besluit oor ander mense se lewens wat dag en nag in gevaar moet lewe

DEE ·

Ek stem saam met Piet Snot. Die Landdros het so opgetree dat niemand n vinger na hom kan wys nie. UIteindelik kan hy ook maar net werk met die feite voor hom.

wipgat ·

Hoeveel plaasaanvallers is op vryevoet! Hulle kan gesinne uitwis en wegkom daarmee. Nou het hierdie manne genoeg gehad en die aanvallers doodgemaak en hulle is gevang, as hulle dit nie gedoen het nie was daar nog n gesin uitgewis. Hierdie is een rassistiese land.

Flippie ·

As ons nog onder die indruk is dat ons regstelsel en by name magistrate en regters onbevooroordeelde is, moet ons weer dink. By verre die meeste swart magistrate is bevooroordeeld teenoor witmense. Sommige is openlik rassiste. Dan is daar die wittes veral die jonges wat vir hul swart base wil bewys dat hulle partydig is waar wittes verhoor moet word nie.

Die polisie en regsdienste word spesiaal deur die politieke leiers geluk gewens waneer wittes inhegtenis genoem word en skuldig bevind word.

Donovan ·

kom ons Bid en vra die Here dat dit wat in die duister is na die lig sal kom… Die polisie het die manne verwyder as plaas aanvallers, nie as loon soekers nie… Dit is mos reg dat jy n persoon wat kos steel, martel, dan vasbind met draad en dan die persoon in n dam gooi sodat hy verdrink… Dit mag maar gedoen word… maar jy mag nie die persone wat so pas n weerlose bejaarde man met voorwerpe aan gerand het en hom probeer vermoor probeer stop nie… Nee die weerlose oom mag ook nie vir hulp roep nie en die hulp mag ook GEEN geweld gebruik het om dat hulle wit boere was nie… Wat gaan aan in ons land, daardie Indiër in Marekana wat die man by gesteel het, was hy in hegtenis geneem, was enige van die mense betrokke by die teregstelling van die man ooit binne n sel, was daar hofsaak op hofsaak en kostes op kostes vir die geval… Ek wonder maar net…

Koos ·

Wat het intussen geword van die Valke wat getuies koop met ons belasting geld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.