ʼn 56-jarige sakevrou van Parys in die Vrystaat het die afgelope naweek verbete moes veg teen ʼn gewapende man wat haar in haar winkel wou aanval en beroof.
Kapt. Livhuhani Hani, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Saterdagoggend plaasgevind.
“Die vrou besit ʼn drankwinkel en is die oggend na haar onderneming om dit vir die dag oop te sluit toe ʼn onbekende man daar opgedaag en aangedring het om drank te koop,” het Hani gesê.
Die vrou het vir die man gesê die winkel is nog nie oop nie. Die verdagte het homself in die winkel ingedwing, ʼn vuurwapen uitgehaal en dit op die vrou gerig.
“Twee van die vrou se werkers was saam met haar by die winkel ten tyde die voorval. Hulle het gehardloop om hulp te ontbied.”
ʼn Stoeiery tussen die vrou en die aanvaller het ontstaan. Die vrou het verbete bly veg en om hulp geroep totdat die werkers met meer mense opgedaag en die verdagte aangekeer het.
Die polisie is na die toneel ontbied en ʼn 38-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van sakeroof.
Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen. Dit sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in ander misdrywe gebruik is. Die man het Maandag in die Parys-landdroshof verskyn. Die saak is met ʼn week uitgestel wanneer die man na verwagting vir borgtog gaan aansoek doen.
Ek is baie dankbaar jy het niks oorgekom nie sakevrou. Ek dink die engele het jou beskerm, want hy kon jou netsowel geskiet het.
Baie sterkte vir julle – ek hoor dinge raak erg in Parys.
Dit is die tipe Tannie wat kaalvoet oor die Drakensberge sou trek. Mooi so Tannie, jy het net weer bewys dat gewapende rowers nie veel werd is met ‘n vuurwapen nie, wat nog van daarsonder.
Mooi so tannie ja hy gaan niks oor kom nie nie eers n saak van ongeliksensieheerde vuurwapen nie ma ander wat perongeluk iemand skiet met n windbuks word van moord aangekla wavoor gaan ons heen mense
Gee haar goue medalje vir dapperheid! Orde van hoogste eer of so iets.
MM, daar is ‘n paar foute in die berig. Laaste paragraaf, “die polisie het geslag gesê op die vuurwapen” en vyfde paragraaf, is dit vroue werkers of twee van die vrou se werkers?
Dagsê Tanya,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir daardie glips, lyk my die aardbewing het ons koppe ook bietjie deurmekaar geskud! Dankie dat jy ons daarop gewys het, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Janie nms. Maroela Media
Puik! Uitstekend! Nou moet reg en geregtigheid seëvier.
Borgtog . . borgtog! Dit het ‘n vloekwoord geword, sulke mense verstaan nie om hulle te gedra tydens borgtog nie, hulle verstaan dis ‘n geleentheid om voort te gaan met hulle bedrywighede, kan dit howe dit nie insien nie??
Gee haar nog ‘n Bells!!
Dit is nou ‘n mooi voorbeeld van dapperheid. Verseker het hy dit nie verwag nie. Sterkete vir u want die trauma wat daarmee gepaard gegaan het, sal ongelukkig nog ‘n tydlank by u bly.
Knap gedaan, hy was seker nog wind dronk en arrogant, vertrou hul het met sy gal gewerk.
… en sy het steeds haar winkel en hoe stresvol moet sy nie nou voortgaan met haar lewe nie…
Baie goed gedaan !!!!meer van ons kan die voorberld volg net jammer ander word deur die nag oorval en geskiet GIVE HER A BELLSxxxxx
Twee werkers het weggehardloop om hulp te gaan ontbied. Ja raait. Drie teen een is mos beter, maar nee, inside job, wil dit lyk. Besigheidsvrou, raak ontslae van daai twee werkers, hulle het jou nie gehelp toe jy hulp geroep het nie.
Oeeeeeee ek like sulke artikels dit gee hoop as daar mense is wat crime terug fight mooi dame van parys ons sallueer jou staan op vir wat joune is