Parys se krag eindelik weer aan

(Argieffoto)

Inwoners van Parys in die Vrystaat het eindelik weer elektrisiteit nadat die dorp se kragsubstasie vroeër vandeesweek aan die brand geslaan het en dorpenaars sedertdien sonder krag moes klaarkom.

Eskom het Vrydagaand in ’n verklaring gesê sy tegniese span het elektrisiteit omstreeks 18:45 aan die substasie herstel. Die kragvoorsiener het nou om verskoning gevra vir die ongerief weens die fout.

Maroela Media het vroeër berig daar het Dinsdagaand ʼn fout in die transformator by die landelike Parys-substasie ontstaan. Dit het veroorsaak dat die transformator asook die substasie aan die brand geslaan het. Weens die brandskade wat in die stasie se beheerkamer aangerig is, is die hele dorp se krag afgesny.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bella ·

Net gedeeltes van Parys het krag. Die hele dorp het nie. As ek my misnoeë hier kan uitspreek. Ngwathe bestuur eien hulleself die maksimum verhoging in salaris toe. Dit terwyl Ngwathe een van d munisipaliteite is wat Eskom die meeste geld skuld. Ons het nie heel teer strate, straatligte of skoon water nie. Parys lyk soos n vullishoop. Ngwathe gaan in d stilligheid n ooreenkoms aan met Eskom, dat sodra die inwoners n sekere hoeveelheid krag gebruik, dan word die dorp se krag afgeskakel. Al d betalers word benadeel, nie net d wanbetalers nie. Ou infrastruktuur, wat nie onderhou is deur Ngwathe of Eskom nie, is nie gemaak om aan en af gesit te word nie. Die skuld van hierdie kragonderbreking plaas ek vierkantig op d skouers van Eskom en die bestuur van Ngwathe. By wie kan ons ons skade terugeis? Niemand gaan Pa staan nie.

Karlahari ·

Ek kan nie anders as om te wonder of die fout nie ‘n gebrek aan onderhoud was nie….
Olie in die transformators moet gereeld na gegaan word….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.