Parys-terreuraanvalle: Zuma waarsku om nie vlugtelingkrisis met aanvalle te verbind nie

Pres. Jacob Zuma saam met Turkye se president, Recep Tayyip Erdoğan, by die G20-beraad. Foto: Siyabulela Duda / GCIS

Pres. Jacob Zuma saam met Turkye se president, Recep Tayyip Erdoğan, by die G20-beraad. Foto: Siyabulela Duda / GCIS

Pres. Jacob Zuma het Sondag by die G20-beraad in Turkye Vrydagaand se “sinnelose” terreuraanvalle in Parys in Frankryk veroordeel, maar ook daarteen gewaarsku om nie aanvalle met die vlugtelingkrisis in Europa te verbind nie.

Pres. Zuma het die beraad aangespreek en gesê die aanvalle beteken nie dat elke vlugteling ʼn terroris is nie.

“Vlugtelinge stroom na Europa op soek na vrede en ʼn beter lewe en moenie gebrandmerk en verstoot word weens hierdie aanval nie,” het hy gewaarsku.

“Dit is van kritieke belang om die kernoorsake van terrorisme aan te spreek om volhoubare oplossings te vind. In dié verband is ʼn gesamentlike globale aksie teen alle vorme van terrorisme noodsaaklik wat onder die vaandel van die Verenigde Nasies gedoen moet word.”

Intussen berig internasionale media dat minstens drie van Vrydagaand se aanvallers Europa as vlugtelinge met vervalste paspoorte binnegekom het en vlugtelingstatus in Frankryk ontvang het.

Die Franse polisie het ook op talle AK47-aanvalsgewere afgekom wat in ʼn geparkeerde motor in Montreuil gevind is. Hulle vermoed die gewere is in die aanvalle gebruik.

Spesiale kerkdienste is Sondag by die Notre Dame-katedraal in Parys en oor die hele Frankryk gehou ter ere van die 129 mense wat tot dusver dood is. Meer as 350 mense is in die aanvalle beseer.

Maroela Media het vroeër berig ʼn reeks selfmoordbom- en vuurwapenaanvalle by ses plekke in Parys het onder meer sokkerondersteuners by Frankryk se nasionale stadion, jong mense wat by ʼn konsert was en mense by kuierplekke en restaurante geteiken.

Militante van die Islamitiese Staat (IS) het in ʼn aanlyn verklaring verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar.

Minstens sewe van die aanvallers is in selfmoordbomontploffings dood en een is doodgeskiet. Owerhede ondersoek die moontlikheid dat daar nog verdagtes op vrye voet is en hulle is op soek na moontlike medepligtiges. Tot dusver is ses mense in België in hegtenis geneem in verband met die voorval.

Francois Hollande, die Franse president, het ʼn noodtoestand afgekondig te midde van die aanvalle, wat as die ergste in Frankryk sedert die Tweede Wêreldoorlog beskryf word. Hy het ook die land se grense gesluit en gesê die land gaan amptelik vir drie dae rou.

Hollande het die aanvalle as ʼn oorlogsdaad bestempel en ook die IS daarvoor blameer. Hy het belowe dat Frankryk sterk sal staan teen sy vyande.

Lees meer oor die Parys-aanvalle op Maroela Media

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Jacques ·

Baie vinnig om simpatie te betoon rn kommentaar te lewer op ander lande se probleme , so besig om in te meng met ander lande , kry nie tyd om die probleme in jou eie land te adresseer nie , pateties

vermeende ·

Alles wat ‘n mens se word gemeet aan die sotlikste stelling wat jy ooit gemaak het en in sy geval is dit die een van beet en aids.
Tipies SA steil van n krises hanteer, ontken dit dan is daar nie een nie!. ISIS het reeds verantwoordelikheid aanvaar ou grote en hulle gebruik die vlugteling krises om maklike toegang te kry tot geteikende lande.
Is daar tog iemand in die parlement met ST6 of GR8 om dit aan hom te verduidelik?

arie plaasboer ·

@vermeende,
Ek stem saam. Hou stiksienig kan `n mens wat hom wat verbeel, tog nie raak nie.
Die vlugteling “krisis” is `n duidelik ge-orgestreerde gebeurtenis om ISIS toe te laat om die Weste ongemerk / onbevreesd te infiltreer.
Gedurende 1938 – 1945 is dit deur gewapende magte gedoen en baie mense het seergekry hierdeur. Hierdie keer is die inval fyn beplan, sodat niemand seer kry totdat die misdade uitgevoer word soos beplan.

Manie ·

Zuma jy is te groot lafaard om te erken jou eie zim vlugtelinge is besig om links en regs te moor in jou eie land. Kyk wie is die 2 wat tans gevang is vir die moord op die mans en verkragting by die meer. O het vergeet jou party kom mos eerste

irene ·

Moet nie vergeet zuma het net St 5 gemaak hy weet nie van beter nie lekke dom

jakes ·

Ag, wat weet hy nou ? Sy eie land se wiele is totaal en al af te val.

Wim ·

Hy moet liewer geen kommentaar oor terroriste lewer nie. Het hy vergeet van die terrs wat bomme in Durban geplant het in Junie 1986.

willie brits ·

Kannie wees nie!! Is VM nie ‘n Slegs-blankes organisasie nie?

Winston ·

Zuma weet mos: ” There is safety in numbers” Het dieselfde tatiek gebruik tydens apartheid so kan nou niks anders sê nie. Vryheidsvegters was mos nie moordenaars nie?

Thuunda ·

Dis klaar verbind met die vlugteling krisis jou nar.

Doen ons ‘n guns en bly sommer daar in Turkye.

Paul ·

Ek dink die stelling wat hy gemaak het, is die beste bewys is dat daar geen meetbare intelligensie in die hele wese bestaan nie.

HEVW ·

Maroela dit is tog die waarheid. Plaas dit asb. Dit is tog waarom dit gaan!!!!!!!!!!!

lies ·

Ag wat weet jy nou JZ? Waarop baseer jy jou sogenaamde waarskuwing? 1 was n “vlugteling” in Griekeland. Ander 2 het via Serwie ingesluip. Al kan jy dan niet lees nie, of logies dink nie, luister dan net na die berigte. Jy is besig om SA nog verder belaglik t maak.

Jury ·

Ek stem saam met Manie. Ons Prez voel vere vir die sogenaamde misdaad in SA anders sou hy lankal iets daaromtrent gedoen het. Wat is die verskil tussen die barbaarse aanvalle in Frankryk en die bendes wat ons mense in SA in die stede en plase en elders afmaai. Ons seun is onlangs in ons besigheid deur drie van hulle doodgeskiet, in die rug, terwyl hy ongewapen was. Wat is dit anders as terrorisme. Misdaad is die mooi woord wat nie `n gesig het nie. Skrik wakker regeerders.Skrik wakker Prez

Jury ·

Ek stem saam met Manie. Ons Prez voel vere vir die sogenaamde misdaad in SA anders sou hy lankal iets daaromtrent gedoen het. Wat is die verskil tussen die barbaarse aanvalle in Frankryk en die bendes wat ons mense in SA in die stede en plase en elders afmaai. Ons seun is onlangs in ons besigheid deur drie van hulle doodgeskiet, in die rug, terwyl hy ongewapen was. Wat is dit anders as terrorisme. Misdaad is die mooi woord wat nie `n gesig het nie.

Flippie ·

Europa moet oppas vir Turkye. Dit is van Turkye en van Iran dat die dat Christelik Europa oorgeneem gaan word waarna, Israel militêr geteiken gaan word.

Die “vlugteinge” het nog nie behoorlik in hulle gasheerland aaangekom nie en hulle staan behoorlik tou om hulle gashere op die wreedaardig te vermoor.

JZ moet weet dat elkeen die moordenaars of hulle ouers op asiel in Europa toegelaat is. En nou se hulle so dankie.

Net nog iets – hoekom hoor ons nie van die breë Islamitiese gemeenskap ‘n veroordeling van die gebeure nie? Kan dit dalk wees dat die grootste gros Islamiete hulle self heimelik verheug in die suksesvolle tereurdade van hulle medebroers. Is dit dalk so dat die meeste Islamiete die ekstremiste steun? As dit so is het ons groot problems voorentoe.

Gerhardt ·

Ai tog, will hy nie maar eerder stil bly nie. Stilte lyk darem soos wysheid.

shannon ·

Hoop die agbare Mr Erdogan was sy hande nadat Jokob sy Turkish Delight daaraan afgesmeer het.

Pieter V ·

Erdogan is net soos Zuma ,het die Koerde wat teen isis veg aan geval in baie van hulle uitgewis,die enigsre verskil Erdogan ,en die res van die Arabiese lande laat geen vlugtelinge in hul lande toe ,daarom is daar leiers in Europa wat oogklappe aan het en nie kan sien dat dit juis is wat die arabiere wil he,want hoe gaan die ryk arabiere opstande hanteer oor ongelykhede,nou kyk Zuma ook ander kant toe as die hele Afrika op ons toesak want dieselfde sogenaamde vlugtelinge gaan nog vir die anc stem

Cecilia ·

Jakob loop in sy slaap rond.Daar is 3 terroriste wat as “vlugtelinge” saam met ander vlugtelinge die land binnegekom het.
Dis klaar reeds bewys.

Danie Kok ·

Joe Hero – tien uit tien! Die twee se handdruk spreek meer as ‘n duisend woorde oor die G8 lande se eintlike agenda, soveel so dat die “president” se “insiggewende” opmerking oor die “vlugtelinge” die minagting kry wat dit verdien…

Marius ·

Maar is die ANC nie ook ‘n terroriste orginisasie? Hul het ook mos aanvalle uitgevoer en so baie onskuldige mense gedood…

Genis ·

Sien julle nou eers die vrymesselaar konneksie? Die parlement staan dan op vrymesselaar gronde. De Goede hoop losie wat in 1803 gebou was, was nog altyd die parlement se geheime tempel.

Knersus D ·

Vanaf my oogpunt, Jakob, is die terreur aanvalle die kern van die vlugteling krisis. Rerig Zuma??? Jy moet meer vis eet.

vermeende ·

My GR3 Engelse onderwyseres het die volgende wysheid met ons gedeel.
Shut your mouth and everyone thinks your stupid,
Open your mouth and everyone knows how stupid you realy are.

Reinette van Eck ·

Die feit dat een van die selfmoord bommers deur die vlugtelinge die land binne gekom het wys net dat daar n ”loophole” in die hele stelsel is. Hulle kom met vervalste name die lande binne en dit is moeilik vir die betrokke land om die mense wat tans deur die wereld gesoek word vir terreurdade dan op te spoor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.