Parys-vliegongeluk: ‘Hy was ʼn goeie man en pa’

Alexander (links) en Thomas.

Alexander (links) en Thomas.

Hy was ontsettend lief vir sy twee seuntjies en sou enigiets in sy vermoë doen om seker te maak hulle kry nie seer nie, het ʼn verslae Anouka Petr (39) gesê na haar man, Hans (38), en hulle sesjarige seuntjie Alexander die naweek in ʼn vliegtuigongeluk oorlede is.

Hans het Saterdagoggend saam met Alexander ʼn swemgala bygewoon voor hulle van die Kitty Hawk-vliegveld, oos van Pretoria, na Parys gevlieg het. “Hy het my om 13:15 gebel en gesê hulle is in Parys en dat hulle nou steak, egg en chips gaan eet. Hulle was baie lief daarvoor om dit te doen.”

Anouka het die Saterdag gewerk en die egpaar se jongste seuntjie, Thomas (3), was by ʼn oppasser. Hans se Lancair-vliegtuig het Saterdagmiddag kot nadat hulle van Parys opgestyg het, in ʼn veld naby die R59 neergestort. Hy en Alexander is op slag dood. “Dit wil voorkom of Hans ʼn noodlanding wou doen nadat die vliegtuig glo enjinprobleme ervaar het,” het Anouka gesê.

Anouka en Hans.

Anouka en Hans.

Volgens haar het ʼn ooggetuie, wat in ’n verkeersknoop op die R59 gesit het weens ’n padongeluk, gesien hoe die vliegtuig wou land en toe moontlik ʼn heining getref en begin tol het.

“Hans was so ʼn nougesette persoon. Hy het sy vliegtuie se onderdele van Amerika ingevoer en was altyd baie versigtig. Hy vlieg al van 1997 af, nog voor ons ontmoet het. Hy het ʼn vliegtuigloods by Kitty Hawk en het later ook ʼn woonstel in die loods gebou. Hy en die seuns het party Saterdagaande daar gaan oorslaap. Dit was hulle avontuur,” het sy bygevoeg.

Volgens Anouka was Alexander “vliegmal”. “Hy het alles van die vliegtuie geweet en almal se name geken. Dit is so groot verlies. Dis ʼn man, kind, boetie, eggenoot, minnaar en skoolmaatjie wat weg is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kosie ·

Anouka: “When someone is going through a storm, your silent presence is more powerful than a million empty words”
Jy lê rustig in menigte se gedagtes. Al wat ek kan sê is. Sterkte my mens.

Knersus D ·

Bitter onnodig en ontydig gewees.
Lancairs het vanwee die self-bou fenomeen die hoogste fatale ongeluksyfer van alle eenmotorige vliegtuie…

anet ·

Anouka my innige simpatie aan jou en Thomas, asook aan julle familie. Ek bid jou vertroosting en krag toe in hierdie moeilike tyd

Ella Hiles ·

Die artikel is so spot on. Hans was n fantastiese mens. Hy was bitter lief vir sy vrou en kinders. My hart gaan uit na Anouka en Thomas. Jy los n groot leemte Hans maar ek glo ons almal verstaan jy en Alexander rus nou by Jesus. Rus in Vrede my vriend en Alexander!!! :(

Maria Nel ·

Anouka, so jammer dat dit moes gebeur, ek bid dat God jou en jou ander kindjie sal sus, en beskerm. AMEN!

Lilli ·

Sterkte vir julle! Ons familie het dieselfde tragedie 31 jaar gelede beleef : ek was self nog n baba en kan nie pa en boetie onthou nie, my ma was alleen met twee plase en ons 4 ander kiddies, ingewikkelde boedel, gevriesde bankrekenings….maar weet verseker: Die Here het ons almal bewaar en ons is almal diep lief vir Hom en hou nie permanente letsels oor van die hele tragedie nie.
Mag julle diep vrede beleef dat julle in Vader se hand is en onthou: die dood van die Here is dienaars is vir hom geen geringe saak nie!

Emile Evert ·

I had the pleasure and privilege of working with Hans. A good citizen with a passion for life and flying love of family and a willingness to assist those needing help.
RIP champion

Rudolph ·

Rus in verde Hans en Alexander. Jy het my 3 jaar terug vertel van jou en jou seun se passie vir vlieg. Julle het die wedloop voltooi. Anouka, ek glo dat God julle sal vertroos en weer geluk in die lewe sal besorg soos HY altyd doen. Sterkte!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.