Pas op vir dié kitssop!

[Foto: Knorr, Facebook]

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) monitor die herroeping van Knorr se Cup-A-Soup Lite, vleis- en groentesop.

Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat daar van die Knorr Cup-A-Soup Regular Beef- en Vegetable-kitssoppakkies verkeerdelik verpak is in die Knorr Cup-A-Soup Lite Beef- en Vegetable-kitssoppakkies.

Die gewone vleis- en groentesop bevat koring en gluten, terwyl die Lite-reeks nie hierdie bestanddele bevat nie.

Die kommissie het in ʼn verklaring gesê die geraakte produkte is op 23 Maart vervaardig met ʼn vervaldatum van 22 September.

Thezi Mabuza, waarnemende kommissaris van die NVK, sê die kommissie is meegedeel dat die gebruik van die Lite-produk tot allergiese reaksies gelei het vir diegene wat nie koring of gluten kan inneem nie.

Die kommissie versoek verbruikers wat dié pakkies sop gekoop het om dit na die winkel waar hulle dit gekoop het, terug te neem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.