Pas op vir skelmstreke, waarsku polisie

Inwoners van Mbombela word versoek om paraat te wees wanneer hulle geld by ’n OTM onttrek of aankope oor sosiale media maak. (Foto: Christel Cornelissen)

Inwoners van Mbombela (Nelspruit) word versoek om paraat te wees wanneer hulle geld by ’n OTM onttrek of aankope oor sosiale media maak.

Dít volg nadat verskeie soortgelyke klagtes van bedrog onlangs by die Vosman-polisiestasie aangemeld is.

Volgens genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, het twee mans kort na mekaar in dieselfde winkelsentrum onder OTM-swendelaars deurgeloop.

“In die eerste voorval het twee onbekende mans die slagoffer se aandag afgelei terwyl hy besig was om geld by die OTM te onttrek. Oomblikke later het hy ’n boodskap ontvang dat twee onttrekkings uit sy rekening gemaak is.”

In nog ’n voorval het die slagoffer ’n onbekende man by ’n OTM om hulp genader. Dit is nie duidelik waarmee die slagoffer gesukkel het nie.

“Terwyl die persoon vir sy geld gewag het, het die verdagte egter ’n knoppie op die masjien gedruk waarna hy die slagoffer se kaart gegryp en gevlug het.”

Phahla sê dat ’n onbekende bedrag geld reeds gebuit was teen die tyd wat die bankkaart gestop is.

’n Derde slagoffer is geswendel toe hy geld aan iemand oorbetaal het wat motors op sosiale media “verkoop”.

“Die slagoffer het snuf in die neus gekry toe die sogenaamde verkoopspersoon vir ’n tweede kontantbetaling vra.”

Volgens Phahla word dié sake tans deur die polisie ondersoek.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om paraat te wees en teen swendelaars te waak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tubac

Om jou kaart te gebruik sonder om jou geheime sleutel te gebruik is ook n groot risiko . Al gedink wat is die gevolge is indien jou kaart in verkeerde hande val? Het my kaart laat blok om nie te tap nie.

Gert

Tot en met R300 sonder ‘n pin en dis gevaarlik. Skelms skep gou

Jeff

Dis mos Suid Afrikanse Universiteit van Crime. Come to SA en kry n graad in fraud. Car theft, prostitution, robbery bribery atm fraud, IT fraud en honderde ander kursusse geoffer. Our students are guaranteed to pass with distinction. Free no fees, tuitoin paid by victims. You can make millions per annum. Sanctioned and approved by the SA Govt who have many guest lecturers