Pasgebore baba binne toilet gelos

Argieffoto: Pixabay

ʼn Pasgebore babadogtertjie is Vrydagoggend binne ʼn toilet in die kleedkamers van die Key West-winkelsentrum in Krugersdorp gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was reeds by die winkelsentrum en het pas bystand verleen in ʼn ander voorval, toe hulle net na 11:00 van die baba ingelig is.

“Die babatjie is in die toiletbak gevind en haar naelstring was nog aan haar,” het Meiring aan Maroela Media gesê.
Paramedici het die baba ondersoek en gesien sy het geen sigbare beserings nie. Sy is daarna na die Yusuf Dadoo-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Sers. Tshepiso Mashele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn klant het die baba in die toilet gevind en paramedici ontbied.

Mashele het gesê die polisie het ʼn soektog na die ma begin en ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

André ·

Hoe kan ‘n ma so min vir haar kind voel? Dis tog haar eie vlees en bloed.

Ook 'n mamma ·

As jy n tiener is en die feit dat jy swanger is dring nie tot jou deur nie, en jy gaan toilet toe omdat jy dink jy gaan nou diaree kry en ‘n kind kom uit…wel ja. Van skrik kan mens dan jou kind in die toilet los. Kraam gaan nie altyd gepaard met n geskreeu nie. Die dag toe my dogter gebore is het, het ek geweet ek kry kontraksies en moet hospitaal toe want my maag het hard geword elke paar minute. Maar dit was nie besonders seer nie. Iemand wat in ‘n toilet in ‘n winkelsentrum kraam is duidelik nie goed voorberei nie. Dalk het sy nie errs besef sy is swanger nie, of dalk was sy in ontkenning. As jou ‘vlees en bloed’ net so skielik uit jou liggaam uitkom sou jy ook skrik. Selfs vrouens wat lank wens vir n baba en baie opgewonde is het soms probleme om te “connect” met die baba en voel nie van die begin af oorweldig deur liefde nie.

pamela Woest ·

Hoeveelste geval is die babatjie? Daar is mans en vrouens wat smag om ouers te wees, gee eerder die kleintjie im aangeneem te word as om haar net so te los. Wat ‘n begin aan die lewe….

Ilze ·

Pamela, die derde ene in n week waarvan ons inlig is. Dit maak my woedend

Ook n mamma ·

Miskien moet die mense wat dan so wens vir n baba dan een aaneem inplaasvan om van skenker sperm en eiers gebruik te maak.

Miskien ·

Ook n mamma, miskien moet jy nie uitlatings maak oor goed waarvan jy niks van weet nie. Het jy al ‘n kind probeer aanneem? Vir jare gewag en baie geld betaal? Ek dink nie so nie. Het jy al deur infertiliteitsbehandeling gegaan en alles, emosioneel en finansieël, wat daarmee saamgaan? Ek dink nie so nie. So ek vra jou mooi om asseblief nie sulke kommentaar te lewer as jy nie self daardeur is en weet waarvan jy praat nie.

weesWys ·

Uitermate vreemde redenasie van die moderne mens… Nou nadat die babatjie gebore is en in ‘n toilet agtergelaat is, word die ma deur geregsdienaars gesoek vir kinderverwaarlosing. Wat sy gedoen het, is beslis totaal onaanvaarbaar, bitter hartseer en baie verskriklik. Nog meer verskriklik is egter dat as die mamma hierdie babatjie voor geboorte sou aborteer, geen haan daaroor sou gekraai het nie. Die mamma sou beslis nie gesoek word vir kindermoord nie. Daar sou wie weet wat als met die dieselfde liggaampie kon gebeur het, en nie nie een woord daaroor sou die nuus gehaal het nie. Want dis wettig. Dieselfde regbank wat aborsie beskerm, wil hierdie ma nou vervolg… Dieselfde ou kindjie. Vreemde spesie, die mens.

Johanna Botha ·

Nee regtig dis so verkeerd en eenvoudig net sielloos !

Charmaine ·

Dis nou al 3de baba in n week, en dis elke keer swart baba’s. Genugtig! Soos diere kry hulle di babas in di veld of in toilette, dis vuil en koud gaan dan eeder waar nooddienste ten minste di baba kan vang en versorg.Die babas se gesondheid kan n vreeslike knou kry erg skade los. Ai, nee in n koue vuil toilet ek sit met trane in my oe.?

Alida ·

Waar dink die SAPD gaan hulle haar kry. Sy trek skoon klere aan en verdwyn tussen massas klim in n taxi en sy is weg.

Ina ·

Daar is wrede mense daar buite en mense weet nie eers van die helfde van dit nie. Daar is soveel mense wat so graag kinders soek en dan kry j mense wat dit doen.. Ek meen as jy nie die babba soek nie gaan na n plek toe wat jou kan help en gee die kind weg vir iemand wat graag n babba wil he. Jy hoef nie jou kind weg te gooi nie hy of sy verdien dit nie. die kind het nie gevra om hier te wees ni…. Ek sal nooit my eie vlees en bloed net so kan los nie …… Elke mens is geskape op die aarde vir n doel …..

Susan ·

My dogter en skoonseun smag na n baba. CMR goed gekeur ma da is net nie babas nie. Dis so hartseer – alles is daar kamer kleertjies doeke bottels als behalwe die baba ..ll

Ekke ·

Stem ek nou presies saam. Dis poging tot moord, hoe de hel kan n pasgebore kind homself red uit n toiletbak!!!???

John ·

Die probleem het +- 9 mnde vroeer al begin. Waar is hierdie vroue se familie en die kamma-kamma-pa’s of ‘sugar-daddy’s’?

Boerseun ·

Hoekom laat doen meisies en vroue wat nie die baba beplan het en die baba nie wil hê nie nie vroegtydig ‘n aborsie nie? Is hulle dom, gee hulle nie om nie, dink hulle dis sonde, is hulle bang of te lui of wat?

leon pit ·

Plaas die berig volledig asb maroela is dit n swart of wit baba

Marius ·

Watse verskil maak die kleur vd baba? Verlede jaar in ‘n koshuis ‘n blanke baba ook in die toilet gevind. Die baba was reeds dood. Alle rasse sal sulke dinge doen as hulle desperaat is.

Jodine ·

Of sy nou geweet het sy swanger of nie dis geen verskoning om n kind in n toilet te los nie.. gaan my verstand te bowe hoe meisies swanger raak die baba dra en hul dan dump. Jy moet regtig mentally iets makeer om so iets te doen. Geen normale mens gaan net omdraai en loop nie. Het hul n gewete as hul so iets doen. As hul slim genoeg is om intiem te kan verkeer sonder voorbehoed moet hul slim genoeg wees om eerder n aborsie te ondergaan wat in my oe ook ni reg is nie maar dis n beter uitweg as om n klein baba in die asblik of toilet te los…. sy het nie geskrik ni. En toe pad gevat nie… en hoe onnosel moet jy wees as jy ni besef jy is swanger nie.. dis net nie reg nie. Ek weet van miljoene vroue daar buite wat so graag kinders wil he en dan is daar meisies wat babas net weg gooi. Sies man….

Marieta ·

Kinderverwaarlosing se dinges! Dis poging tot moord! Verwaarlosing is om n kind nie gereeld of behoorlik te versorg of voed nie…om n pasgebore baba, sonder enige beskerming, in n toilet te los, uitgelewer aan die elemente, is niks minder as opsetlike poging tot moord nie!

Chantal ·

Daardie winkel sentrum het orals kaameras, hul het my eenkeer aangekeer toe hulle sien ek verloor my parkeerkaartjie uit my broeksak via die kameras…. Nou ek hoop huLle kan identifiseer wie sy is…. Sy moes iewers afgeneem gewees het. Ek stem ras maak nie saak nie maar as mens sou weet sou die soektog na die ma ook makliker gemaak het…. Dalk nog iemand wat daar werk???? Iemand moes tog gehoor het die vrou kraam?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.