Pasgebore baba binne toilet gelos

Argieffoto: Pixabay

ʼn Pasgebore babadogtertjie is Vrydagoggend binne ʼn toilet in die kleedkamers van die Key West-winkelsentrum in Krugersdorp gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was reeds by die winkelsentrum en het pas bystand verleen in ʼn ander voorval, toe hulle net na 11:00 van die baba ingelig is.

“Die babatjie is in die toiletbak gevind en haar naelstring was nog aan haar,” het Meiring aan Maroela Media gesê.
Paramedici het die baba ondersoek en gesien sy het geen sigbare beserings nie. Sy is daarna na die Yusuf Dadoo-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Sers. Tshepiso Mashele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn klant het die baba in die toilet gevind en paramedici ontbied.

Mashele het gesê die polisie het ʼn soektog na die ma begin en ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
André

Hoe kan ‘n ma so min vir haar kind voel? Dis tog haar eie vlees en bloed.

pamela Woest

Hoeveelste geval is die babatjie? Daar is mans en vrouens wat smag om ouers te wees, gee eerder die kleintjie im aangeneem te word as om haar net so te los. Wat ‘n begin aan die lewe….

weesWys

Uitermate vreemde redenasie van die moderne mens… Nou nadat die babatjie gebore is en in ‘n toilet agtergelaat is, word die ma deur geregsdienaars gesoek vir kinderverwaarlosing. Wat sy gedoen het, is beslis totaal onaanvaarbaar, bitter hartseer en baie verskriklik. Nog meer verskriklik is egter dat as die mamma hierdie babatjie voor geboorte sou aborteer, geen haan daaroor sou gekraai het nie. Die mamma sou beslis nie gesoek word vir kindermoord nie. Daar sou wie weet wat als met die dieselfde liggaampie kon gebeur het, en nie nie een woord daaroor sou die nuus gehaal het nie. Want dis wettig.… Lees meer »

Johanna Botha

Nee regtig dis so verkeerd en eenvoudig net sielloos !

Charmaine

Dis nou al 3de baba in n week, en dis elke keer swart baba’s. Genugtig! Soos diere kry hulle di babas in di veld of in toilette, dis vuil en koud gaan dan eeder waar nooddienste ten minste di baba kan vang en versorg.Die babas se gesondheid kan n vreeslike knou kry erg skade los. Ai, nee in n koue vuil toilet ek sit met trane in my oe.?