Pasgebore baba by verkeerslig gelaat

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore baba is Saterdagaand dood aangetref by ʼn verkeerslig in Durban se middestad.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het ʼn lid van die publiek op die babaseuntjie afgekom en die polisie ontbied. “Die baba is by ʼn verkeerslig naby een van die winkels in Fieldstraat gelaat,” het sy gesê.

Die polisie het paramedici ontbied. “Die baba is in ʼn swart vullissak toegedraai. Daar was ongelukkig niks wat paramedici vir hom kon doen nie.”

Verdere besonderhede oor die voorval is nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chantell ·

Hoe kan n MA haar kind net weg gooi het sy nie n hart hoop hul kry jou en gooi jou in die tronk iemand sal jou uitsort in die tronk.Jy Berdien dit nie om n MA te wees

Testertjie ·

Die Here sal die persoon wat dit gedoen het nie ongestraf laat nie.

Sonette ·

Die regering moet ophou vir die mense “grants” gee as hul zo baie kinders het. Hul raak swanger net om daardie geboortesertifikaat te kry om die “grant” te kan eis en gooi dan die arme weerlose baba net weg.

amanda ·

Sulke mense moet gesteriliseer word en op n netwerk geplaas word vir kindermishandeling. Name en shame hulle! Vieslike goed! Nie eens n dier gooi hulle kinders weg nie

Jo ·

Weggegooi soos n stuk vuilgoed. Hoe kan mens se brein so-iets begryp. Mens kan nie eers se hulle is diere nie want diere doen dit nie!!!!

Moedeloos ·

Voorbehoedmiddels is verniet by al die klinieke verkrygbaar!!! Los dan net die kindjie by ‘n huis van veiligheid of kinderhuis. Dit is nou die hoeveelste geval in ‘n kort tydjie. Waar gaan dit stop!! Bring die doodstraf terug!!! Dit sal die moordenaars uit die sameleweing verwyder!!!

EMK ·

Maar hoe het niemand iets opgemerk nie? Het iemand êrens dan nie gesien ‘n swart sak word neergesit en nou agterna wat dit uitgekom het dit is ‘n baba kan hul mos na die polisie gaan en sê hoe die persoon gelyk het wat dit gedoen het. Kan nie glo iemand het nie dalk gesien nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.