Pasgebore baba dood aangetref in Jhb

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore baba is Saterdagoggend dood aangetref in ʼn veld in Lenasia, Johannesburg.

“Paramedici is na die toneel ontbied toe ʼn lid van die publiek die baba tussen rommel opgemerk het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die baba was gedeeltelik in ʼn bebloede hemp en plastieksak toegedraai.”

Paramedici het vinnig die hemp en sak verwyder en die baba ondersoek. “Die kind het ongelukkig reeds aan sy beserings omgekom. Hulle kon niks meer vir hom doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Plaaslike owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jos ·

Rus in vrede baba. Mag die wat dit aan jou gedoen het gevang word en boet.

Nella nel ·

Hi dit is vreeslik ek kan nie eens vat dat ons baba hondjie ‘n allergie het nie wst staan nog om ‘n baba seer te maak vreeslik. “hulle behoort aan Jesus”

Kathleen ·

Dit breek my hart. Ek kan nie kinders hê nie, en sal enige iets gee om n baba te hê. soveel baba’s word net weggegooi en vir die dood gelos asof hulle rommel is. Dis vreeslik hartseer

Pastoor ·

Foeitog nog eens n naam gekry. Hys nou in die Hemel. Waar hy nie sal seergemaak word nie. So so tragies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.