Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Saterdag by ʼn stortingsterrein by die Rasimone-nedersetting net buite Rustenburg in Noordwes aangetref.
Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die babadogtertjie was naak en reeds dood toe sy deur inwoners aangetref is. Haar liggaam was glo verberg deur ʼn struik wat bo-op haar neergelê is.
Die polisie het ʼn saak van verberging van geboorte van stapel gestuur.
“Die polisie doen ʼn beroep op al die inwoners van Rasimone, Robega en Chaneng om vorendag te kom met meer inligting en die Phokeng-polisiestasie onmiddellik te verwittig,” het hy gesê.
Die Phokeng-polisiestasie kan bereik word by 014 566 1879.
Wat eerder van ‘n saak van moord?