Pasgebore baba dood in dam gevind

Paramedici op die toneel. (Foto: ER24)

Die liggaampie van ’n pasgebore baba is Sondagoggend in die vlak water van ’n dam in die omgewing van Kempton Park aan die Oos-Rand gevind.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê die Ekurhuleni-metropolisie het paramedici ná 09:00 na die Blaauwpan-dam in die omgewing van Bonaero Park ontbied.

Dít nadat die seun van ’n plaaslike visserman op die baba in die vlak water naby die oewer afgekom en hulp ontbied het.

Die baba is by paramedici se aankoms dood verklaar.

Campbell sê die polisie was vanoggend op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swerwer ·

Hoe meer dae hoe meer onopgeloste raaisels. Kleine lyfie rus in vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.