Pasgebore baba dood in veld gevind

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Die liggaam van ʼn pasgebore babadogtertjie is Maandag in ʼn veld in Ficksburg in die Vrystaat gevind.

Russel Meiring, voorvoerder van ER24, het gesê ER24 paramedici was omstreeks 10:35 op pad terug na hul tak toe plaaslike owerhede hul van die pad afgetrek het. “Die dogtertjie is op die hoek van Mc Cobe- en Parkstraat aangetref waar sy in swart plastiekesakke toegedraai was,” het Meiring gesê.

“Paramedici het die baba ondersoek en gevind dat sy geen tekens van lewe getoon het nie. Daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Meiring was dit duidelik dat die baba al ʼn ruk lank dood is. Geen verdere besonderhede is in dié stadium beskikbaar nie.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hettie ·

Baie sad :-( arme pasgebore dogtertjie wat klaar dood is! Hoop polisie vind haar ma sodat sy in tronk kan bly want dis moord!

Erika ·

Dit gaan my verstand te bowe hoekom daar mense daar buite is wat kinders kry wat hulle nie wil he nie. Dit het tyd geword dat die regering ‘n reel inbring dat ‘n vrou net 1 of maks 2 kinders mag he. Dit gaan die oorbevolking stop. R.I.V kleine pop.. Jammer dat die lewe jou ontneem is.

NICKEY VAN NIEKERK ·

ERIKA, dit sal weereens as Rassisme afgemaak word,,,,,,,want, wie het die meeste kinders waarvoor hulle NIE kan sorg nie????
Dit is die oorsaak van armoede,, oorbevolking,,,siektes wat laaaaankal onder beheer was.

Wens daar was ‘n oplossing, maar, heelaas daar is nie.

MOEG GEDINK/ VRYSTAAT

Irene ·

As jy nie eens vir jou eie bloed om gee nie moet jy weet daar loop a groot skelm en moordenaar rond

Ook n ouer ·

Dis so wreed…hoop die ma en die een wat verantwoordelik is vir fie klein engeltjie se dood word lewenslank weggebere…mense so sonder gevoel of gewete MAG NOOIT KINDERS HE NIE…sulke mense verdien niks ..nie eers genade nie

yvonne ·

Ek smag na nog ‘n baba! Weens omstandighede is dit nie moontlik nie en ek moet my daarby berus.Hierdie vrou het ‘ n klein mensie in die wereld gebring en het hom/ haar soos vuilgoed weggegooi. Hierdie mensie het nie gevra om hier te wees nie .Ek dink nie ek sal ooit verstaan dat ‘n vrou se omstandighede haar noodsaak of beweeg om haar kind te moor of weg te gooi nie. Daar is soveel ouers en instansies wat hierdie klein mensie sou in neem en ‘ n toekoms voor gee. Dit breek my hart om te sien dat mense nie eers meer respek het vir kinders nie. Ek dank die Liewe Vader vir my twee woelwaters en bid dat ek hulle altyd met respek sal behandel en die beste opvoeding moontlik sal gee.

.dottie ·

Hulle kan liewer di kindertjies na my toe bring ek doen niks in di dag ni daar is niks lekkerder as om na kinders te kyk wat di sorg nodig het ni !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.