Pasgebore baba doodgesteek en begrawe

Argieffoto

Argieffoto

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn pasgebore baba wie se liggaam in ʼn onbedekte graf naby Kaapstad opgespoor is nie.

Twee mans het Donderdag op dié gru-vonds in Devonpark, Eersterivier, afgekom.

Die baba is met ʼn mes gesteek en die wapen was steeds in die baba se bors, het lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, Maandag aan Maroela Media bevestig.

Die mans was besig om hout in die veld bymekaar te maak. Die liggaam is slegs met koerante en ʼn swartsak bedek.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte,” het Traut gesê. Dit is nog nie bekend wanneer die baba vermoor is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elizabeth ·

Nie gevra om gemaak te word, nie gevra om gebore te word nie, nog minder gevra om doodgemaak te word… arme, arme kleinding. Hoe goedkoop is die lewe nie. Sekerlik is daar hope instansies wat die babatjie liefde en lewe sou wou gee. Hoe slaap hierdie amebes wat dit gedoen het??

AmY ·

Daai ma gaan eendag rekenskap moet gee. Sy dink sy kom dalk nou weg…. Maar eendag is eendag.

Ten minste is die babatjie nou op ‘n beter plek. Want as die ma nou al sulke dinge doen, wat sou gebeur het as sy tog die kind laat lewe het…?

Sy is slegter as sleg!!!

‘n Hond sorg beter vir haar klientjies net na hulle gebore is.

Belinda ·

En wat beteken dit om aborsies te wettig……………….net mooi niks

anon van pta ·

Hoe kan iemand so iets doen dis afgruiwlik!! Help asb om die mense te kry wat aan n god geskape gedoen het. Ek hoop hulle word die dood straf gegee hulle hoort nie op aarde of in die hemel nie. My hart breek om dit te hoor. Waar kom sulke mense vandaan? Ek kan dit nie in my hart kry hom hulle te vergewe nie. Hoop julle word gevang.

naomi ·

Die mense wat dit doen is duidelik baie vertraag en ek hoop hulle brand af in Die he’ll want ek het nog nooit so iets gesien nie dis net vertraageid man wens sommer hulle kan die ou doodstraf kry en die mense hang. Wat n doodmaak en dis nog n. Baba hoe vertraag is die mense nie

sarie ·

Hkm kinders mak en hulle kry en dra mar wil onsla rak van hulle dai arm boneltjie liefde het ni dar vor gevra ni ok ni gevra om dar te wes ni dit was di ma en pa se besluit ge wes!! Hkm ni erder vir iemand gee wat na hom so kyk en lief he as om hom dood te mak en onsla rak van hom!!!! Sies man

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.