Pasgebore baba gevind

Chris Hani Baragwanath-hospitaal Foto: Thabiso Makelo, Panoramio (Gelisensieer onder Creative Commonschris hani

Die pasgebore baba wat Donderdag uit die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto in Johannesburg gesteel is, is Vrydagoggend gevind.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die baba is by ʼn huis in Diepkloof, Soweto, gevind. Die kleinding is ongedeerd.

Dít volg nadat die polisie op inligting van ʼn lid van die publiek oor die baba se ligging gereageer het. Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) is ontplooi en tans op verskeie plekke om meer inligting rakende die voorval te bekom, het Dlamini gesê.

Die FSC sal later meer inligting oor die baba se ontvoering bekend maak.

Maroela Media het vroeër berig die hospitaal se beeldmateriaal van kringtelevisiekameras wys hoe ʼn vrou gistermiddag gedurende besoektyd in die hospitaal sonder ʼn baba rondgedwaal het. Later word sy egter gesien waar sy met ʼn baba, toegevou in ʼn pers kombers, uit die kraamsaal van die hospitaal loop.

Die vrou word dan ook saam met twee moontlike medepligtiges in die beeldmateriaal gewaar waar hulle na die OTM’s van die hospitaal loop en dan die baba se kombers met ʼn ander een omruil. Die vrou verdwyn hierna met die pasgebore baba uit die hospitaal.

Die beeldmateriaal is aan die Diepkloof-polisiestasie oorhandig waar ʼn saak aanhangig gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sonneblom ·

So dankbaar die baba is gekry! Wonderlike nuus! Kannie dink waar deur die ouers moes gaan nie.

Sonja Alberts ·

Dis wonderlike nuus!!!Bly die babetjie is veilig!!!Amen!!!!

dankbaar ·

dankie aan almal wat gehelp het om die kindjie te vind, dis vinnig, dankie veral aan die Polisie, Die wat altyd eerste meld hoe sleg die Polisie is kan gerus hul kommentaar verander op die berig waar die kind nog nie gevind was nie en die monde so uitgespoel was. hou tog op om almal in die Polisie onder dieselfde kam te skeer

Rica ·

“….oor die baba se LIGGING gereageer…” Het hy op sy rug of sy of magie gele? Hiert maar ons besig die Afrikaanse taal in soveel vorme!! Rica

Ann ·

Dit beteken mos WAAR die baba was. As hulle gesê het “die baba se POSISIE”, sou dit mos eerder dit gewees het waaroor jy nou wonder.
Werklik! Is jy ʼn onderwyseres, wat net sogenaamde taalfoute raaksien, en nie regtig omgee dat die baba gevind is nie?

NET EK ·

Dankie Vader!!! you see … you can run – but you cant hide. Een of ander tyd word mens tog gevang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.