Pasgebore baba glo in mieliemeelsak versteek

Argieffoto (Foto; Pixabay)

Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Maandagoggend in Eldorado Park, in die suidweste van Johannesburg, gevind. Die baba se liggaam is na bewering in ʼn mieliemeelsak gesit, waarna honde die liggaam glo uit die sak verwyder het.

Konst. Roxanne Gibb, polisiewoordvoerder, sê die baba se liggaam is omstreeks 08:00 op die hoek van Kraaifontein en Mowbry-straat in Eldorado Park ontdek.

“By die polisie se aankoms op die toneel, het hulle ʼn emmer aangetref wat bo-oor die liggaam van die baba geplaas is,” bevestig Gibb.

“Met die fynkam van die toneel is ʼn meelsak vol grond en bloed gevind, nie ver van waar die liggaam aangetref is nie.”

Volgens Gibb word daar vermoed dat die baba se liggaam in die mieliemeelsak gesit is om dit te versteek. Die sak is langs die straat geplaas, waar honde dit toe ontdek en die liggaam uit die sak verwyder het.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie. ‘n Saak van verberging van geboorte is aanhangig gemaak en word deur die polisie in Eldorado Park ondersoek.

Enigiemand met meer inligting oor wie vir die voorval verantwoordelik gehou kan word, kan die Eldorado Park-polisiestasie by 011 946 0300 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elinette ·

Argieffoto ……… Wat sou jy daarby verkies het – ‘n foto van die geskende babalykie? Want ek kan jou verseker daai honde het nie net aan die lykie gesnuffel nie – dis waarskynlik verskeur ….

Blomme ·

Dit terwyl daar so baie vroue smag om ń baba van hul eie te hê.

Kathleen ·

ek kan getuig van kinderloosheid , ek self het 3 kinders maar my eie dogter sal nooit die voorreg hê nie ook nie ander familie lede nie . Hoe gebeur so iets ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.