ʼn Pasgebore baba is Sondagmiddag in ʼn asblik gevind.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die baba is omstreeks 14:00 aangetref in ʼn asblik in Durban op die hoek van Cross- en Bondstraat.
“Ons paramedici is na die toneel ontbied ná die vonds gedoen is. Ná nadere ondersoek is daar vasgestel die baba is waarskynlik in die asblik gelos,” het Jamieson gesê.
Volgens Jamieson het die baba geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek die voorval.
Wie kan so harteloos wees teen n baba geen nie om nie oor n lewe nie o ja ek nou weer vergeet jy mag n ander persoon se lewe vat nuwe wet van SA
Ek wil net vir die ma van die kleintjie se jy is siek verby!!!!! Plaas vat jy die kleinding na die welsyn of aan iemand wat na hom/haar sal om sien soos hulle eie. Hoop nie jy raak weer swanger en doen dieselfde nie. Kinders is nie vir jou beskore nie!!!!!!!!
Dit breek my hart. Hoekom bring hulle nie maar vir my daai onwelkome babas wat nie gevra het om hier te wees nie, maar ook nie die keuse gelaat word om lewe of dood nie. Dit is moord mamma maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, jy is n moordenaar.
Ek weet van iemand wat so graag n baba wou gehad het. Dit is so hartseer.