Pasgebore baba in asblik gevind

Argieffoto

ʼn Pasgebore baba is Donderdag in ʼn vullisdrom buite ʼn huis in Vereeniging gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 12:00 na die huis in die Roshnee-buurt ontbied nadat die eienaar geluide uit die asblik hoor kom het.

“Paramedici het die baba in die huis in geneem en hom ondersoek. Hy was in ʼn kritieke toestand en sy liggaamstemperatuur was baie laag,” het hy gesê.

Paramedici het die baba op die toneel behandel en hom warm gehou, waarna hy na ʼn nabygeleë provinsiale hospitaal geneem is vir mediese behandeling.

Die polisie is van die voorval ingelig en stel verder ondersoek in.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anita ·

Waarom is daar nie ook n foto vd baba soos in ‘n vorige berig nie, ”pasgebore baba lê heelnag in motreën”?

Alida ·

Is die foto regtig vir jou so belanglik. Kyk eerder na die afskuwelike daad wat gepleeg is.

kromop ·

pla my ook dat daardie baba nog sterk was na heelnag in die motreen. is daar enige terugvoer?

Theresa B ·

Hierdie spul is ongelooflik. My brein wil nie rondom hierdie optredes werk nie. Ek sal dit nooit verstaan nie. Dit wys jou net hoe gevoelloos is hierdie klomp.

honourable member ·

Ek wil net graag weet wat se tipe mens doen so iets en het geen gewete daaroor nie. Ek sal dit nooit kan verstaan nie.

Lolla ·

Aaijaaijaai en die eienaar hoor geluide en los die baba in die asblik tot ER24 opdaag? Shame en dit het heeldag Donderdag gereen en was koud. Glo die eienaar het presies geweet watter geluide dit is wat hy hoor, daarom het hy presies geweet wie om te bel. Skande. Vir my, is die eienaar net so skuldig soos die gewetenlose ma wat haar kind in daai asblik gegooi het en die babatjie net daar los!

voorval ·

nes die taxibestuurder. wonder of dit sy suster se kind is. maar die paintbrush is duidelik.

Sanette ·

Regtig Lolla? Jy sê die eienaar is net so skuldig soos die ma? Hoe kan jy dit vergelyk met die ma wat die baba in die ablik gegooi het? In vandag se SA weet mens nooit of dit ‘n “trick” is nie… Daai eienaar het daardie baba se lewe GERED deur paramedici te bel.

Sê maar net ·

Babatjie kan na my toe kom, baie liefde by ons, geen kindertjies nie. Smag na kinderstemmetjies. Soooooo hartseer om dit te lees. Ek kan nie verstaan hoe ‘n mens 9 maande ‘n lyfie binne jou het en dan is dit jou enigste uitweg? Moenie vir my vertel dis skok of verwarring nie, jy’t 9maande kans om ‘n ordentlike plan te maak.

Willie ·

Theresa, Ek glo nie iemand sal dit ooit verstaan nie.. nie in ons leefted nie.. Genadelose, gewetenlose, so kan mens aangaan…

Petro ·

Hierdie baba weg gooi storie raak nou al meer n gereelde ding. Jong mammas wat hul babas weg gooi. Iemand moet iets begin doen. Ek wonder en dink maar net hoe desperaat daardie persoon moes wees om haar baba te los – weg te gooi. Geen mens is so ongevoelig nie.

Riouna Martin ·

Ek kan nie glo dat n mamma dit kan doen nie. Ek het nie woorde nie ek sit regtig en huil vir die klein mensie. DIS N GESKENK VAN GOD.

Nickey ·

Gee daai ou babatjie vir my. Ek en my bok sal mooi na hom / haar kyk :)

Alida ·

As ek so-iets in ‘n asblik hoor of sien sal ek ook nie inmeng en dit uithaal nie. Deesdae word jy sommer aangekla vir niks. Kontak die owerhede of wie ookal om die situasie te behartig. Hulle weet wat om te doen. Ek weet mens se moederlike menslike instink kry die oorhand maar los dit liewer vir die regte mense om te hanteer.

Geskenkie ·

Daar is niks wonderliker as om ‘n babatjie in jou lewe te hê, hul laggies, hul opgewondenheid. Hul maak jou lewe vol en swaar en moeilike tye dra hul jou deur. As hul dit nie wil hê kan hul enige tyd die babatjies vir my bring. Vra vir my wat ‘n babatjie deur iemand anders se hande verloor het die leemte raak nie kleiner nie.

Geskenkie ·

Vir iemand wat ‘n babatjie deur iemand anders se hande verloor het kan ek net sê daardie leemte gaan nie weg nie en die verlange raak elke dag erger. Dit ruk mens dat mense so harteloos is. Asseblief laat weet my net ek sal die geskenkie met groot liefde, aandag en geduld grootmaak. Geen mens het die reg om God se geskenkies so weg te gooi nie! Laat weet my net en ek kom kry hom of haar asb!

Anoniem ·

Ek verstaan nie…Mens kry vrouens wat kinders graag wil he, wat nie kinders kan kry nie. En dan kry jy vroumense wat nie moet kinders he, wat kinders kry. Lewe is so onregverdig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.