Pasgebore baba in asblik gevind

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

ʼn Pasgebore babameisietjie is Sondagoggend in ʼn asblik buite ʼn winkelsentrum in Kelvin, Woodmead, gevind.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het net ná 10:00 op die toneel opgedaag. “Sy was nog in ʼn kombersie toegedraai,” het Vermaak gesê.

Daar word beweer ʼn man wat deur die asblik gekrap het, het die vonds gemaak.

“Hy het sekuriteitswagte van die sentrum geroep en hulle het ER24 en die polisie in kennis gestel,” het Vermaak gesê.

Die baba is op die toneel dood verklaar. “Ons vermoed sy is in die vroeë oggendure daar gelos.”

Die omstandighede rakende die voorval sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Liezl ·

Dit was my presiese woorde toe ek die berig oopmaak….siek siek siek

Charlene fourie ·

Ek het nie woorde nie!! Dit het so algemene ding geword… mag God jou genadig wees persoon wat dit gedoen het. Want hoe vreeslik is dit om te val in die hande van n lewende God!!! God slaap nie onthou dit!!!!

Kirsten ·

Voorbehoedmiddels is GRATIS by klinieke en aborsies is wettig. Hierdie vrou het elke geleentheid gehad om hierdie geboorte te verhoed, steeds het sy die kind en redeneer dat die beste oplossing is my die baba in ‘n asblik te gooi. Regtig? Dis die 2de ene dié week.

Onnie ·

Sjoe dt voel nou soos di plaasmoorde, elke week of paar dae n berig oor babas wt weggegooi word. Wt is aan do gang in ons land. Weet di vrrou dani hoeveel mense da buite na n baba smag ni ????? My broer en skoonsuster ht al 5 miskrame gehad. Hoe werk dt als. Gaan my verstand te bowe

LL ·

Ja, ek verstaan ook nie dit nie onnie. Ons wag al 9jaar…deur stilgeboorte, behandelings en en en en

Martin ·

Kirsten. In ‘n asblik los of met ‘n masjien uit ‘n baarmoeder suig, dit bly moord. Die een wat in die asblik gelos is het nog ‘n kans op oorlewing. By aborsie het die arme baba geen kans nie. Aborsie kan ook nie goedgepraat word as oplossing vir swak en sondige keusus nie. Dan eerder opgee vir aanneming.

Kirsten ·

ja ou Martin. Ek gaan nou nie in n pro-life en pro-choice debat betrokke raak nie. Punt bly staan: die kind is alleen dood in ‘n asblik.

Theresa B ·

Dit is siek verby. Walglik! Onmenslik! Ek het nie woorde nie. Daardie persoon moet ook die doodstraf kry want daardie klein meisietjie se lewe is haar ontneem. Hierdie mense sal NOOIT leer nie.

hartseer ·

Wat geword van los baba in n kombersie voor iemand se deur. Dan is daar dan hoop vir n toekoms vir die baba. Dis vreeslik hartseer om te dink daar is so baie wat smag na n babatjie.

M ·

Dit maak my vies hoor elke dag van sulke gevalle dis so hartseer ek is heeltemal teen aborsies in my oe is dit moord. as mens nie kans sien vir ‘n baba nie sorg dan dat daar voorsorg getref word. of gaan gee die baba op vir aanneming daar is baie ouers wat die kind soos hul eie sou grootmaak en so lief sou gehad het. Hoop die ma of pa wat die kind net daar gelos het se gewete ry hul vir altyd. die samelewing is siek ‘n lewe beteken niks meer nie. hierdie goed breek my hart in stukke ek het self nie kinders nie maar as ek ooit moet he sal ek hul so oppas en lief he. en ek stem saam voorbehoed middels is verniet by klinieke en daar is ander voorsorg matreels wat ook getref kan word. God slaap nie ek hoop die baba spook elke aand by hierdie siek moordenaar. daar is geen verskonings vir sulke optrede nie. kinders is geskenke van God en dit breek hom as mense dit doen.

m ·

Party mense is gebore sonder n gewete…. Hoe tragies wat hier gebeur het. Dis die tipe mense in ons samelewing en dis hoekom alles so lyk en agteruit gaan..,….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.