Pasgebore baba in begraafplaas gevind

Foto: ER24

Die liggaam van ‘n pasgebore babaseun is Maandagoggend in ʼn plastieksak in die Brixton-begraafplaas in Johannesburg gevind.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 07:45 na die toneel ontbied. “ʼn Man het glo deur vullis in die begraafplaas gegaan toe hy op die plastieksak afgekom het. Hy het die veiligheidswagte geroep wat die nooddienste ontbied het,” het Vermaak gesê.

“Daar was niks wat paramedici vir die baba kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie was ook op die toneel en ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adri ·

Hy het sekerlik in die vullis gegrou, nie daardeur gegaan nie!

karen ·

Rus in Vrede klein mensie vir een of ander Groter rede is jy ‘n helse lewe op aarde gespaar. die ma is ander storie en wil nie eens weet of sy oorleef het.

Johan Fourie ·

Hoe vrae ek jou Hoe kry n mens dit reg om aan te gaan of niks fout is nie

susan ·

We’ll of hy gegrou het of deur gegaan het, dis sy saak dis dalk al hoe die man oorleef soos families en kinders en ouers mekaar weggooi in die deurmekaar lewe. Al wat ek vra is kon die ma nie maar net die baba gegee het vir annneming of selfs net op iemand se stoep gaan neersit het nie. Vader in die hemel… Ek kan net bid en vra dat die ma nie n tweede keer sal doen nie, sy weet nie wat sy doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.