Pasgebore baba in bosse gevind

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash / Nattalia Nunez)

Die polisie in Bosbokrand, Mpumalanga, ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing nadat ʼn pasgebore baba onlangs verlate tussen bosse in dié omgewing gevind is.

ʼn 27-jarige vrou het Dinsdag by die polisiestasie opgedaag en beweer dat sy haar baba op 3 Maart agtergelaat het. Sy is gevolglik van kinderverwaarlosing aangekla, maar het nog nie in die hof verskyn nie. Die ondersoek na die voorval duur intussen voort.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het twee vroue op die betrokke dag langs ʼn skool in College View gestap toe hulle ʼn baba in die nabygeleë bosse hoor huil het.

By nadere ondersoek het hulle die baba van ongeveer ʼn dag oud opgespoor.

“Die polisie is in kennis gestel en die baba is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Lt.genl. Semakaleng Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het ʼn beroep vir morele vernuwing op die samelewing gerig.

“Ons glo dit is uiters belangrik vir gesinne, asook tradisionele en geestelike leiers om die morele waardes van ons samelewing te help herstel.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Boer ·

Dit maak my so vies dat so n persoon dit aan so klein ding moet doen. Hoekom kry hulle dan kinders as hulle die kind nie wil he nie, daar is baie ander mense in die wereld wat nie kinders kan kry as gevolg van mediese toestande en dit is onregverdig.

Nicky ·

Dis so hartseer… Daar moet bewusmaking gedoen word oor “safe surrenders”. Dis ‘n tipe van ‘n “drop safe” gewoonlik by kerke ens. waar die baba in ‘n tipe van ‘n baba kluis gelos word en dan word daar ‘n alarm deurgestuur na die welsynsorganisasies om die baba’tjie te kom kry. Dan word die arme kindjie nie net so “gedump” nie.

Chris dupreez ·

Hoe kan julle ,as leiers van hierdie mense, hulle enige waardes leer , as julle self nie het nie.

Chantel ·

Ek mag verkeerd wees, maar voor die nuwe Sexvoorligting ‘n MOET was in skole, was hierdie tipe swangerskappe nie so baie nie. Hulle stimuleer die kinders se natuurlike drang na naskuurigheid met hierdie opvoeding. Dit HOORT nie by laerskole nie, dit is en bly die verantwoordelikheid van die ouers / voogde om hierdie inligting vir kinders te gee.
Dis so ‘n bitter jammerte dat hierdie ma gevoel het sy moes dit wegsteek, wat ek vermoed die geval was. Hoop sy kry die nodige hulp en dat die baba veilig sal wees.
Ons weet nie wat die omstandighede rondom haar situasie was nie. Verstaan mooi, dit maak my ook bitter kwaad, maar terselfdertyd is ek hartseer ook.

Frikkels ·

Nou word gesinne en tradisionele leiers gemaan om morele waardes te herstel! Anc wetgewing tesame met menseregte en nog vele meer kalwe elke dag die bietjie morele waardes wat daar eens was weg. Hoe kan die verantwoordelikes vir die verval van morele waardes, ñ beroep op onskuldiges doen om hulle gèmors te herstel? Die enigste manier om morele waardes te herstel is om ontslae te raak van alles wat immoreel is. Druk die hele anc met kaders en al in tronke en bring die doodstraf terug, stel ñ bekwame regering aan wat nie sosialistiese waardes nastreef nie en skrap alle wette wat die immoreles beskerm!

Faraway ·

Die onreg wat daai kindjie aangedoen word …. mag die baba se einde meer geseënd wees as begin!

Marthina79 ·

Morele waardes word van kleins af deur die ouers aan die kinders geleer. As die ouers self nie aan daardie waardes beskik nie, sal die kinders dit nooit aanleer nie. Bose kringloop.

Jr ·

Morele vernuwing??? AHGG DIT SAL ‘N KOUE DAG IN HEL WEES VOOR DIT GEBEUR IN HIERDIE SA

Aanhouer ·

Verstandelose optrede. Geen redenasie kan dit regverdig nie. Die gebrek aan logika is hier volledig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.