Pasgebore baba in broodsak gestort

Argieffoto

Die liggaam van ʼn pasgebore babadogtertjie is Vrydagaand in ʼn asblik oorkant ʼn Johannesburgse hospitaal gevind.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die baba se liggaam is omstreeks 20:00 deur ʼn hawelose man gevind wat in asdromme oorkant die Sunninghill-hospitaal gegrawe het.

“Paramedici by die hospitaal is van die vonds in kennis gestel. Die pasgebore baba was in ʼn leë broodsak gestort. Sy was reeds dood en niks kon gedoen word om haar lewe te red nie,” het Botha gesê.

Die polisie is ontbied en ʼn ondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Penellope Jones ·

Ek begryp nie so iets nie, ongelukkig nie.
Ek begryp nie hoe mens jou baba wat jy vir 9 maande gedra het nie lewe gun nie.

MissDemeanor ·

Het jy dalk vroer die week gelees van die 11jarige dogtertjie wat deur haar eie pa verkrag is? Sy was swanger, het dit nie geweet nie, sy het begin kraam en die baba is dood gebore. Ek kan my indink dat ander verkragtings slagoffers geskok is as hul begin kraam. Hul skrik dalk so groot dat hul die baba net daar los in n veld. Ek dink nie ons moet so gou wees om die ma te ordeel nie. Wat van die mans wat tiener meisies en jong vroue verkrag en swanger maak?

snoefie ·

word slagoffers van verkragting nie gehelp met voorsorg om swangerskap te keer nie? maak nie swak wat die omstandighede is nie, geen baba behoort soos n dier na geboorte verwerp te word nie. verkragting kom neer op verdierliking. moet hulle soos diere optree omdat hulle soos diere behandel was?

Verstom en verslae! ·

Hoe verstaan n mens dit en hoe raak jy nie bitter nie: soveel wat bid en bid en smeek en smeek en duisende rande spandeer vir n baba en wat die wonderlikste ouers sal wees?????????

Paul Potties ·

Nee nee die kind het nie gevra om daar te wees nie dit is regtig duiwels wat in die lewe aangaan .

Irene ·

As jy so maklik jou eie bloed kan dood maak hie maklik nie om moord te pleeg waar jy kom

Alida ·

So pas gesien hoe n hond in en uit die vuur in Knysna spook om haar baba hondjies te red. Dankie Vader sy het. Wat se dit van vieslike mense?

Ai ·

Kyk, hoe seker mense hier verskonings kan maak vir so iets gaan my verstand te bowe. Al is daardie baba dood gebore, gooi mens haar nie in n broodsak in n asblik nie. Begrawe haar al is it in die veld.

Die Bybel se mense se harte gaan koud word. Hoe duidelik sigbaar is dit nie hier in ons land nie.

Rus in vrede kleinding. ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.