Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Vrydag in ʼn plastieksak op die Ibika-kampus van die Walter Sisuslu-universiteit in die Oos-Kaap gevind.
Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn veiligheidswag wat Vrydagaand aan diens was, het onraad vermoed toe ʼn hond aan die plastieksak in die asblik begin trek het.
“Toe die hond die plastieksak uit die asblik lig het die veiligheidswag die liggaampie gesien. Hy het ondersoek ingestel, en gesien dis ʼn pasgebore baba,” sê Manatha.
Hy sê die veiligheidswag het die polisie ontbied, wat die baba na ʼn lykshuis geneem het.
Manatha sê ʼn saak van verberging van geboorte is oopgemaak, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die polisie het versoek dat enigiemand met meer inligting die misdaadnoodlyn moet skakel by 0860 010 111.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Ja…dit, wil ek wat nooit kon kinders he…
GLAD NIE HOOR NIE…!!!!!!!
Dit gebeur hier by ons terwyl klein Charlie Gard se ouers aan die ander kant van die wêreld totaal gebroke is oor hulle kindjie, hemel en aarde versit het in onsuksesvolle pogings om hom te laat lewe. Enetjie sommer asblik toe; vir die ander enetjie miljoene ingesamel om sy lewe te red. Asof een ‘n prinsie is en die ander lewetjie niks werd. Maar nou is albei kosbare liggaampies dood. En moontlik, eintlik hoogs waarskynlik, speel hulle op hierdie oomblik heerlik saam in hemelse tuine, alle aardse wreedheid vergete aan die voete van die ewige Koning.
Please treat these young people like criminals. Each student needs to give blood test to deter.mine DNA. Named and shamed as a murderer. Its become so easy to breed and dispose of your mistake. Another things girls YOU WILL NEVER CATCH A GUY BY FALLING PREGNANT. YOU JUST ANOTHER FUN NIGHT OUT
Ek het die storie vol hoop vir ‘n gelukkige einde gelees net om te vind die baba is dood. Ai.
Dit is MOORD!!!