Pasgebore baba in plastieksak gevind

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Die liggaam van ʼn pasgebore babadogtertjie is Dinsdagmiddag in Drie Riviere buite Vereeniging in Gauteng gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn gemeenskapslid het omstreeks 15:20 in Citrusstraat op die baba afgekom en dadelik hulp ontbied.

“Met paramedici se aankoms is die baba in ʼn plastieksak aangetref. Die baba is ondersoek en het geen tekens van lewe getoon nie. Ongelukkig kon niks vir haar gedoen word nie en sy is dood verklaar,” het Meiring gesê.

Plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Meraai ·

Hoe kan n mens so iets doen!!!!!!!!!!!!!!! dit breek my!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.