Pasgebore baba in snerpende koue gelos

Argieffoto

ʼn Pasgebore babaseun is Vrydagoggend onder ʼn brug naby ʼn kanoklub by die Dusirivier in KwaZulu-Natal gekry.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied nadat veiligheidsbeamptes van B-Secure Security op die baba afgekom het terwyl hulle patrolliewerk gedoen het.

“Drie beamptes was besig om die babatjie warm te maak toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die baba is ondersoek en daar is bevind dat hy ligte hipotermie gehad het,” het Meiring gesê.

Die baba is op die toneel behandel en geleidelik warm gemaak terwyl hy na die Edendale- provinsiale hospitaal geneem is vir verdere sorg.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Susan ·

Daars nie n woord vir so persoon wat so iets doen. Ons moenie oordeel maar wragtag waar doen n mens of nee dis nie n mens wat so iets doen so iemand het geen gevoel. As jy nie kind wil he moenie dinge doen wat jou een gaan laat kry. Maar om so onskuldige baba in die koue te los is gevoelloos

Cindy ·

Susan ek stem saam jou. Hoekom dan maar eerder nie baba iewers gaan los waar hy vinnig gekry sal word nie. Nie in n veld of onder brug in die koue nie. Dis so verskriklik hartseer dat iemand veral n Ma so iets kan doen. Dit breek my hart in stukke elke keer as ek so iets lees

Pieterlewismuts ·

Vier dae per maand is kwesbaar. MAAR WATTER VIER????

Magda ·

Weet jy as ek daai persoon in die hande kry – die Here moet my help – want ek sal haar iets aandoen.

Wiebo ·

Stem saam, los eerder die baba waar iemand hom gou kan vind. Mense is wreed. My hond is maar 18 maande oud, en het 2 kleintjies gekry. Ek verstom my hoe my jong hond na haar kleintjies omsien. Sy is so n goeie ma, en dit is pure instink. Wens dat mense ook so n natuurlike instink het soos diere. Net weer n bewys…………Diere is beter as mense…………..

Micaela ·

Dit breek my hart. Kinders word nie gevra om gebore te word nie….dus is hulle nie weggooi goed nie. Dit is kosbare geskenke wat God aan ons geleen het. Hy leen hulle aan ons om lief te he en na hulle om te sien tot die beste van ons vermoe.. mense moet wakker word en besef.

Ai ·

Kyk as jy dit aan n baba kan doen, wat nog sal jy nie doen nie?!

Ouvrou ·

En almal het gekla oor aborsies. Nou sit die welsyn met nog ‘n baba. Weggegooi soos vuiles.

Dieds ·

Ek sukkel om mamma te word. Dan lees jy van kleine lyfies wat net so weggegooi word. Dis n voorreg om n mamma te wees. Breek my hart in stukkies.

Liezel ·

Ek ken nie die omstandighede van hierdie mamma nie, maar ek kan nooit dink wat ‘n ma sal dryf tot dit nie. As ‘n mamma wat onlangs self 2 miskrame gehad het, hoop ek die gedagte spook vir die res van haar lewe by haar. Hoe kan mens so klein lyfie net in die koue los en nie weer terugkyk nie. Breek my hart!!!

Jean ·

Hoeveelste een hierdie jaar? Wonder net hoeveel word nog weggegooi waarvan ons nie eers weet nie? Wat nooit eers gevind word nie? Dit is omdat voorbehoeding nie ernstig opgeneem word nie. Dit is mos ‘n grap en ‘n ‘westerste ding’, wat ten sterkste teegestaan word, so dit is die gevolg daarvan.

Liza ·

Dieds my hart gaan uit vir jou en ja ek stem saam met jou ……. jy sal ‘n goeie mamma wees, maar ja mense soos hierdie mamma wat haar kind so los gaan rekenskap gee eendag, en elke dag se ek hoekom kry hulle kinders as hulle nie kan sorg vir die goedjies nie……daar is soveel goeie mammas in hierdie lewe wat so graag ‘n baba’tjie begeer…..ek bid vir julle…..
Hoop hulle spoor die gewetenlose ma op……..

Anna ·

Ek weet nie wat se ding dit kan regkry om net weg te stap van ‘n babatjie nie, ek kan nie eens my Jack Russel van 6 maande oud buite los nie!

Mindie ·

My seuntjie is nou 3 weke oud… en elke keer wat ek so iets lees kyk ek na hom en wonder hoe enige iemand so n hulpelose klein mense net so kan weg gooi… Jy dra die kind vir 9 maande en voel die bewegings, hoe op aarde kan jy nie lief wees vir daai baba nie?

Carla ·

Dis vir my verskriklik hartseer, plaas gee sy die babbatjie aan iemand wat n kindjie soek… daars baie mense wat kinders soek maar nie kan kry nie… eks nou 7 maande swanger.. n mens raak solief vir iemand wat jy nog nie eers ontmoet het nie..l hoe dra jy iemand vir 9 maande net om hulle weg te gooi… weet ek mag nie oordeel ni.. maar dit breuk my hart so erg…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.