Pasgebore baba in Vaalrivier gegooi

Argieffoto: Die Vaalrivier

Die liggaam van ʼn babadogtertjie is Sondagoggend in die Vaalrivier tussen Potchefstroom en Viljoenskroon gevind. Die baba was duidelik pasgebore, want ʼn deel van haar naelstring was steeds aan haar verbind.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie is omstreeks 09:00 van die liggaam in kennis gestel nadat vissermanne glo op die liggaam in die rivier afgekom het.

“Volgens voorlopige inligting het die baba se ma haar in ʼn emmer gesit en in die rivier gegooi,” bevestig Makhele.

“Die baba was reeds by die polisie se aankoms op die toneel dood.”

Maroela Media het Sondag berig oor ʼn soortgelyke voorval toe ʼn baba in die vlak water van ʼn dam in die omgewing van Kemptonpark aan die Oos-Rand gevind is. Die voorvalle blyk nie met mekaar verband te hou nie.

In die jongste voorval is die liggaam deur ’n forensiese patoloog na die staatslykshuis geneem.

Die identiteit van die ma is in hierdie stadium nog nie bekend nie.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen om die omstandighede rondom die baba se dood te ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

JanSt ·

Jy het duidelik nog nie met hamsters probeer boer nie. As hulle net nie van die nes hou nie, vreet hulle al die babas op!

Persheks Adri ·

Hoe onmenslik is die mensdom? Verskriklik hartseer!

Eclectus ·

Vir die wat sê nie eens diere doen dit nie, wel… Hamerkop voëls doen. Sy broei die eiers uit, besluit watter een is haar versorging waardig en die ander word uit die nes gegooi om te vrek. Swart bere baar gewoonlik twee of drie kleintjies maar as sy net een kry laat sy hom/haar aan die lot oor. Merino skape baar dikwels tweelinge en die ooi sal een verstoot. Ander diere wat ook kleintjies versaak is katte, Noord Atlantiese robbe, Pandas en sekere watervoëls.

Baardman ·

Ek dink jy mis die punt hier. Almal weet daar is diere wat hulle kleintjies verwerp. Dit gaan hier oor mense wat dieselfde gedrag toon.

Lesly ·

Mens kan nie help om te wonder waar die mensdom op pad heen is nie. Ek glo nie in evolusie nie, maar definitief in devolusie.

Swerwer ·

Dit is nou weereen die Regering se skuld want hulle het mos die dam onder die eend uitgeruk met hul seks opvoeding in skole. Ga, sies. Nie een diere behandel hul werpsel so nie.

Owlie ·

Miskien is dit tyd vir die Bybelse oog vir ‘n oog.
Plaas die ma sagkuns in ‘n emmer in die Vaal rivier en kyk of sy meer as net sal float.

Karel Kobus Kruger ·

Dis nou interessant. n Ma vermoor haar 3 dogtertjies en daar is baie simpatie. n Ander ma vermoor haar baba (klaarblyklik, baba kon dalk dood gebore gewees het) en daar is geen simpatie nie. Ja nee, voorwaar interessant…..

Hasie ·

Ek is ten gunste van ‘ n DNA ” bank” So sal die ouer opgespoot kan woord deur die baba se DNA . Die mense wil die game speel maar nie die verantwoordelikheid aanvaar nie. so ‘n register van DNA sal die mense uitwys.

Irene ·

Dis nie die punt nie Jacques…….wat met die pasgebore baba gebeur het is onmenslik en wreed en dis Baardman se punt…….dankie in elk geval vir die info.

Nico ·

Hoe kan ‘n ma so laag daal om ‘ n pasgebore, onskuldige mensie wat nie gevra het om hier te wees nie, daar is so baie mense wat smag na ‘n baba, nou kom die hartelose ma en vermoor ‘n God gegewe geskenk.

Charl ·

Ai, 2de soortgelyke geval binne 2 dae. ”Laat die kindertjies na My toe kom, en moet hulle nie verhinder nie”.

Cecilia ·

SIEK.
Vind d useless vroumens en pa vd kindertjies.
Sny af en werk toe als wat plae. Sodat sy nooit ooit weer d voorreg sal he om d woord “ma” genoem te word nie en d selfde vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.