Pasgebore baba in veld gelos

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore babadogtertjie is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal, nadat sy in ʼn veld in Johannesburg gelos is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die dogtertjie is Woensdagoggend in ʼn veld in Eldoradopark, Soweto, gevind.

“ʼn Inwoner het deur die veld gestap op pad werk toe en op die babatjie afgekom. Die inwoner het dadelik die polisie ontbied.”

Die polisie het die baba na ʼn nabygeleë kliniek geneem om vir paramedici te wag. “Met ons aankoms by die kliniek is die baba se toestand as ernstig beskryf en die verpleegsters het na haar omgesien.”

Die baba is met ʼn ambulans na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hartseer ·

traandruppel traandruppel traandruppel, ek weet van so baie wat jou graag sal wil hê en grootmaak. Jou Ma is nie ‘n Ma se ou skoene werd nie, inteendeel sy is eintlik ‘n wrede moordenaar. Sterk raak en ek hoop jou lewe draai uit by ‘n goeie liefdevolle Mamma.

vernon ·

Ja-nee nie eens ‘n hond behandel haar kleintjies so nie.

m ·

Ons lees nou byne elke dag van hierdie barbaarse gedrag. Wat gaan met die mensdom aan, het niemand meer ;n gewete nie, nie eers teenoor ‘n weerlose kind nie????? Mens het nie genoeg woorde vir hierdie tipe daad nie…………………………

m ·

Hierdie mense se vlakke daal net al laer. Hulle het nie eers mee gewete teenoor ‘n kind nie………

AmY ·

Ek kan dit nie verstaan nie. Waarom nie die kind by ñ kinderhuis gaan aflaai nie? Waarom die bondeltjie in ñ veld ‘dump’?

Cindy ·

Ek sit nou al weer en huil nadat ek die artikel gelees het, en ek kom agter dat ek sover elke dag die week een of 2 artikels lees van babas wat so weg gegooi word. My baba is nou 4 maande en elke keer as ek na hom kyk wonder ek hoe op aarde kan mense so wreed wees veral n ma om n kind so weg te gooi? Ek sien dit as n voorreg om n baba te he – hulle is regtig wonderwerke. Ek verstaan dat weens omstandighede kan hulle nie na die babatjies om sien nie maar kan hulle eerder nie net die babas op iemand se stoep los ten minste of voor n hospitaal of iewers waar iemand hulle vinnig sal kan vind nie? hoekom in n veld of asblik gooi soos n ou piesang skil…. Nee man dis barbaars en dit breek my hart

Corné ·

Ek weet van mense wat met hulle hele wese hunker na ‘n kindjie. Wat liefde in oorbloed het en so ‘n mensie teen wreedheid sal beskerm. Mense wat nié kinders wil hê nie en níks voel vir daardie lewetjie nie kry kinders by spreekwoordelike dosyne….net om die mensies te mishandel,,weg te gooi of te vermoor.

Ek sê mos ·

Hulle wil kindertoelaag eis, maar nie die kind hê, daarom gaan gee hul nie baba by kinderhuis of veilige plek af want dan kan hul nie.

MissDemeanor ·

Aggenee man, nou sit ek en huil. My eie dogtertjie bring vir my soveel plesier en soveel liefde. Daardie ma sal dit nooit ervaar nie, en mens kan maar net hoop dat daardie dogtertjie aangeneem sal word deur mense wat vir haar al die liefde in die wereld sal gee. ‘n Mens moet in ‘n baie wanhopige situasie wees as jy jou kind in ‘n veld los. Nie net wanhopig nie, maar ook siekundig-gestremd en emosioneel-agtergeblewe. Wat het fout gegaan in daardie ma se lewe? Hoekom het sy nie haar kind eerder by ‘n hospitaal gelos nie, waarom kies sy om die kind agter te laat vir die dood? Ons almal sit en wonder hoe kan sy so sleg wees, maar wat het haar so gemaak? Ek kry haar amper ook jammer. Sy mis uit op een van die grootste vreugdes in die lewe.

E ·

So nou kan ons maar God speel. Hy blaas sy gees in daardie klein mensie en gee haar lewe.
As daar nie liefde is nie, dan is ons niks. Die bybel se dit vir ons. Daai ma dink sy kan doen wat sy wil, maar sy is niks!

Snip ·

Daar kan dalk baie redes wees vir hierdie ma se optrede, maar dis nie aanvaarbaar nie. Kan mamma`s wat nie hul babas wil hê nie maar gaan hulp kry om dan `n tuiste te kry in plaas van in die veld los nie. Dis so hartseer. Dinge raak regtig net erger en ek kan net my kop skud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.