Pasgebore baba in veld gelos

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

ʼn Veeherder het op ʼn pasgebore babadogtertjie afgekom terwyl hy beeste en skape in ʼn veld in die Oos-Kaap laat wei het.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die baba is Woensdag, omstreeks 17:00, in die Kwa Sotomela-nedersetting naby die Bika-kampus van die Walter Sisulu Universiteit in Butterworth gevind.

“Die herder het drie hoërskoolmeisies gesien en hulle van die babatjie vertel. Die skoolmeisies het die Msombomvu-polisie ontbied. Die baba is na ʼn hospitaal in Butterworth geneem, waar sy steeds behandel word,” het Manatha gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van kinderverwaarlosing. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ai tog ·

wat kan nou makliker wees? gaan sit en gesels by die kliniek totdat dit joubeurt is en kry en gebruik die pil . as dit ook teveel moeite is, is daar ander opsies.

Sleg ma ·

Ek moet keer of ek skryf iets kru hier neer. Sit jouself op die voorbehoedpil, drink dit elke dag dieselfde tyd ( moet dit nie net drink as jy kopseer het nie) en sorg dat jy nie vir lawwigheid rondslaap nie.
Ons het reeds 17 milj mense waarvoor ons moet sorg. As jy nie jou kind in die veld gegooi het nie sou hy as straatkind opgroei. N Kind met geen geleenthede of toekoms nie. Siesa!

MissDemeanor ·

Dis waar wat jy daar se. Maar wat van as jy 14 jaar oud is, verkrag word deur n familielid of onderwyser. Wat maak jy dan? Partykeer weet tieners nie eers hul is swanger nie want hul maandstondes is ongereeld. Of hul is in ontkenning…en as hul weer sien kry hul n baba in die toilet. Skrikwekkend.

Annie ·

Ek dink nie enige mens vandag weet nie al van bye en blomme op 12 jaar en ouer nie. Internet het als wat jy nodig het. Maar die probleem is hulle wil gootmens games speel maar nie die verantwoordelikheid he nie … gooi net weg is maklik!!!

Yolandi ·

Dit maak my SOOOO kwaad! Daai babakie het nie gevra om hier te wees nie. Indien dit wel so is dat die baba verwek is in ‘n verkragting of wat ook al die omstandighede is. As jy die lewe skenk AAN daai mensie LOS JY HOM OF HAAR NIE IN DIE VELD NIE!!!!!!! Laat die kind dan aan neem, maar mens los nie ‘n klein weerlose BABA vir die dood nie. Mag jou gewete jou RY

Uvonka ·

Dit gaan uit en uit om ‘n “grant” van ons wonderlike regering te kry! Noodeloos om te se, nie volwasse genoeg om verantwoordelikheid te dra nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.