Pasgebore baba in veld gelos

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore babaseuntjie is Donderdagoggend in ʼn veld langs Cliffweg in Westville, KwaZulu-Natal opgespoor.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, is die baba deur padwerkers in die veld gevind.

“ʼn Vrou wat daar verby gedraf het, het die padwerkers bygestaan en die seuntjie in ʼn handdoek toegevou,” het Vermaak gesê.

Paramedici het die baba ondersoek. Hy het geen ernstige beserings opgedoen nie. Die baba is na die RK Khan-hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Dit is nie bekend waar die kind se ma is nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

scalla ·

Slegter as n sleg hond want die gooi nie eens sy kleintjies weg nie, barbaars

nicolette ·

Dis siek man, n arme klein babatjie wat niemand niks gedoen het nie, en dan is daar mense wat smag na n klein babatjie.Dis absoluut siek.

Marlin ·

Mense wat babas so weggooi moet gesteriliseer word, hulle verdien nie om kinders te he nie. Daar is soveel egpare wat smag na ‘n baba en dan gebeur sulke goed. Ek gee nie om wat haar omstandighede is nie as jy kan kinders maak kan jy ook die regte besluit neem en die kind by ‘n hospitaal of naaste plek van veiligheid afgee.

Leeutjie ·

Dis wanneer ek met ‘n sambok sal inklim… Hierdie dinge met kinders en babas maak my wild en ek verloor myself! Dis ‘n siek wereld!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.