Pasgebore baba langs pad gevind

Argieffoto. (Foto: JOE RAEDLE / GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)

Die polisie in Warden in die Vrystaat ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat ’n pasgebore babadogtertjie Maandag deur ’n gemeenskapslid langs die R712-pad buite Warden gevind is. Die baba was glo in ’n plastieksak.

AO. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die polisie is gister (Saterdag) omstreeks 19:35 na die Thebe-distrikshospitaal in Harrismith ontbied nadat hulle inligting oor die baba ontvang het.

“Die baba is per ambulans na die hospitaal geneem. Daar was geen biologiese ouer of voog saam met die baba nie,” het Mophiring gesê.

“Volgens inligting het ’n gemeenskapslid die baba die Maandag langs die R715-pad – tussen Warden en Bethlehem – in ’n swart plastieksak gekry. Die baba se naeltjiestring was na bewering nog aan haar vas.”

Die baba sterk tans in die hospitaal aan en volgens Mophiring gaan dit goed met haar.

“Enigiemand met meer inligting oor waar die biologiese ouers hulle moontlik bevind, kan die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Vrede by 079 502 7871 kontak of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wondermaarnet ·

Sleg bly maar sleg. Om ‘n baba weg te gooi moet mens GEEN gewete hê nie.

AmY ·

Daar is dan deesdae plekke waar jy jou babatjie kan neem.
Hoekom dan die weerlose mensie langs die pad los?
Ek verstaan dit nie.

Swerwer ·

Daar is ongelukkig by die meeste plekke kameras opgesit, diè wat die babetjie daar plaas is bang hul word vervolg/opgespoor.

Swerwer ·

Regtig………….as ‘n baba langs die pad neergesit is bewys dit maar net een ding dat die arme babetjie se ouers haar beslis nie wou hê nie, hoekom nog moeite doen om die ouers op te spoor. Dat die dogterjie liewer aangeneem word deur ouers wat vir haar lief sal wees. Beslis sal die biologiese ouers haar weer leed aandoen as sy in hul sorg geplaas moet word.

Hennie ·

Nie eers ‘n siek straatbrak sal so iets aan haar kleintjies doen nie!

LD ·

Swerwer – ek dink nie hulle soek die biologiese ouers om die kind terug te plaas in hulle sorg nie…. Ek dink dis om hulle van kinderverwaarlosing aan te kla en dan strafregtelik te vervolg.

Swerwer ·

‘n Maatskaplike/Welsynwerker het dit baie duidelik uitgespel dat ongeag die biologiese ouers situasie die kinders teruggeplaas word in hul sorg want volgens die Regering is dit nodig dat die kinders in hul biologiese ouers se huise moet groot word. Die maatskaplike raad/welsyn moet dan toesien dat die ouers aandie kind se behoeftes voorsien. Wat ons as normaal denkende mense weet dit is nie haalbaar nie. Eenmaal ‘n swak ouer altyd een. Kulture verskil.

Snowball ·

‘n Lewe is eenvoudig niks werd in Afrika nie. Het jy ‘n siel as jy so ongenaakbaar is met iets wat jy self verwek het?

Sêmanet ·

As jy weet jy wil nie kinders hê nie, gebruik iets of hou jou in toom! Nou moet daai ou dingetjie daaronder ly.

maruis ·

Dan kry ons seker nog – kinder toelae vir die daad wat gepleeg was. Oor nege maande is daar nog een.

Oumatjie59 ·

Verstaan nie dié pad nommers nie ????
R712 is langs Sterkfontein dam , Qwa Qwa, Clarens, Bethlehem .
Warden is nie naby die R712 pad nie.
Die ou babatjie se ouers kan enige plek in die groot Qwa Qwa omgewing wees ????????‍♀️
Ek wonder waar soek die polisie, as hulle ooit soek ????

VaalDonkie ·

Ironies is dit die plastieksak wat die arme kind se lewe gered het.

Mariana ·

Kind weggegooi soos vullis langs pad. Niks regverdig so ‘n daad nie. As jy kind nie wil hê nie, daar is plekke en mense wat hom of haar sal inneem. En nou sal die ma vreeslik verdedig word want dis dalk haar omstandighede, nee verdomp nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.