Pasgebore baba langs pad gevind

Argieffoto

ʼn Pasgebore babaseuntjie is Dinsdagnag langs ʼn pad in Blok KK in Soshanguve, noord van Pretoria, gevind.

Konst. Herman Moremi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn voetganger het omstreeks 23:00 gehoor hoe die baba huil en ondersoek ingestel. Hy het die seuntjie gevind waar hy in ʼn kombers toegedraai langs die pad gelê het en die polisie ontbied.

Volgens Moremi was die seuntjie nie beseer nie, maar is hy na ʼn hospitaal geneem om deur dokters ondersoek te word. “Die polisie het ʼn saak van kinderverwaarlosing aanhangig gemaak en is op soek na die ma van die kind,” het hy gesê.

Hy het gesê enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Biloane by 071 111 8755 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tanya ·

‘n saak van kinderverwaarlosing is net ongelukkig te min. Maak liewer ‘n saak van poging tot moord oop teen die ma. Daar is soveel plekk wat kindertjies in neem maar sy verkies om ‘n einde aan daardie kort lewetjie te maak deur die baba weg te gooi. Sies man!

Cindy ·

Elke liewe keer as ek so iets lees breek my hart in stukke. As n ma kan ek nie myself in dink hoe n mens dit kan doen nie. Hoe gooi jy net jou kind weg? Hoe los jy jou kind net so langs die pad en draai om en loop weg. HOE??? En as sy regtig so desperaat was kon sy mos die kind laat aan neem het of ten minste by n weeshuis gaan aflaai het…. nie net langs die pad los nie my magtig man…. Ek hoop daai seuntjie kry n goeie huis waar daar net baie liefde vir hom sal gegee word. Die vrou is nie die naam MA werd nie

AL ·

Dis makliker om babas te baar as om verantwoordelikheid vir hul toekoms te neem.
Dis waarom sosio-ekonomiese toestande nooit sal verbeter nie. So ploeg hul dieper in werkloosheid, armoede en misdaad.

Jaco ·

Voorligting en gebruik van aborsieklinieke kan help om ongewensde swangerskappe en babas en kinders op straat te verminder

Lba ·

Die oordeel kom ons nie toe. Die mens het moontlik nie meer lig gesien nie. Hoop maar baba is okay en kry goeie huis. Dankbaar kleinding leef nog

Ouma ·

Dit klink vir my of die baba darm op ‘n plek in ‘n kombersie gesit is om deur iemand gevind te word. Gelukkig was hy nie in ‘n koue plastieksak , of in ‘n puttoilet afgegooi nie.

VanAfrika ·

Dit maak nie saak wat die verskil is of hy nou in n kombers of n toilet gelos is nie, daardie kind hoort in sy ma se arms, in n huis in n kamer besig om hom te borsvoed, of te bad of sy doek om te ruil

Johann ·

Nou hoe vind ou ‘n baba langs die pad in die nag /aand, moes seker maar deel gewees het van die misdryf

Harambe ·

En intussen probeer ek en my vrou al 5 jaar om ‘n kind te kry.

Isheswe ·

Kind moet eder maar doodgaan want hy het nie plek hierso in die wereld hy gaan net baseerings kry by die land en die wereld van onse war onse nou liewe eei

SARIE VAN HEERDEN ·

Stem saam met Isheswe. Hierdie kind het geen toekoms nie want ons land is oorlaai met hulpbehoewendes en sy kans om aangeneem te word is NUL indien enige. Nog een vir SASSA waarvoor die belastingbealers moet opdok.

plankies ·

Hierdie is die 3 de baba SEUNTJIE wat in 3 dae weggegooi is. Dis siek! Die mense is siek! Ons wereld is siek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.