Pasgebore baba lê heelnag in motreën

Kapt. Johannes Molete en ‘n vrou by die babatjie. Foto: Verskaf

ʼn Vrystaatse polisiebeampte het Woensdagoggend sy dag begin deur die lewe van ʼn pasgebore babadogtertjie te red terwyl hy op pad was werk toe.

Sers. Marin Xuma, polisiewoordvoerder, het gesê die beampte, kapt. Johannes Molete wat verbonde is aan die Boithuso-polisie in Botshabelo, was in sy voertuig op pad werk toe, toe ʼn taxibestuurder hom omstreeks 07:30 in Uitbreiding K voorgekeer het.

“Die taxibestuurder het kapt. Molete meegedeel dat hy iets opgemerk het wat in ʼn baadjie toegedraai was. Kapt. Molete het dadelik gaan ondersoek instel en die baadjie langs die pad in ʼn oop ruimte gevind,” het Xuma gesê.

Molete het onder die baadjie gekyk en die babatjie gevind.

“Die babatjie was sopnat, want dit het die hele aand lank gemotreën. Dit het gelyk of sy pasgebore was aangesien haar naelstring steeds aan haar geheg was en sy bloed aan haar lyfie gehad het.”

Die baba is dadelik na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling en sy is in ʼn goeie toestand.

Die polisie ondersoek in die stadium ʼn saak van kinderverwaarlosing. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Cherokee ·

Taxibestuurder het sy dag begin deur die lewe van ‘n pasgebore dogtertjie te red. Moet nie komplimente misplaas nie.

Dankie ·

‘n Groot dankie aan die taxibestuurder EN die polisieman wat die baba se lewe help red het. Dit is net genade van bo dat sy wel bly lewe het.

GM ·

Klink eerder vir my na ‘n geval van poging tot moord, of is dit net ek?
Cherokee, ek stem saam. Hoekom krediet gee aan die polisiebeampte, terwyl dit die taxibestuurder toekom?

snoefie ·

het die taxibestuurder gestop? iets klein genoeg om onder n baadjie versteek te word, kon geen bedreiging vir hom ingehou het nie.

MissDemeanor ·

Kyk of jy so braaf sal wees as jy n baadjie op die grond sietn le met iets wat beweeg daarbinne en jy nie weet of daar n slang of n rot in is nie…

Ek stem ·

Ek stem snoefie, maar dit is wel in SA so, dit is nie meer veilig om te stop nie…
Jy weet nie of iemand dit daar sit om aandag te trek en dan die person wat ondersoek prober instel aan te val nie.

Ek stem ook saam Cherokee, die compliment moet eintlik aan die taxi bestuurder gegee word.

"Ek het jou by jou naam geroep" ·

Dis ‘n harseer storie met ‘n mooi boodskap: as God ‘n Plan het met jou lewe sal niks en niemand jou kan leed aandoen nie. Ek hoop ek leef lank genoeg om te sien hoe hierdie spesiale meisietjie se lewe eendag uitdraai. Ek glo daar is ‘n besonderse plan met haar lewe, want vir ‘n pasgebore baba om die hele ganse nag in motreën te oorleef het… Dis ongelooflik. Mag sy bonatuurlik Geseënd wees.

Hewitt ·

So, die mense wat daagiks leed aangedoen en vermoor word, het God dan nie ‘n plan met hulle lewens nie?

Waarom ·

Ek sê amen op “Ek het jou by jou naam geroep” se opmerking en dan wil ek byvoeg: die mens wik, maar God beskik. Ja, die lewe is vol pyn en onregverdigheid, maar hierdie storie, is ‘n storie van hoop.

Louise ·

KINDERVERWAARLOSING…… ASSEBLIEF.
Die ma moet semier aangekla word vir poging tot moord, dankbaar die babatjie is betyds gevind, dankie aan almal wat haar gered het julle is ware helde.

Monique Joubert ·

Kinderverwarloosing? Regtig? Dis poging tot moord…… as die taxi bestuurder (wat eintlik die goeie daad gdoen het) nie gestop het nie sou daai klein onskuldige lyfie dalk nie gered word nie…. dis MOORD…. sies aan die vrou wat die Hemelse Vader se kind weggegooi het soos ou kos…… maar jy gaan 1dag aan Hom moet verduidelik….. SIES VIR JOU!!!!

GM ·

Snoefie, ‘n slang hou seker ook geen bedreiging in nie, of ‘n skerpioen? Dit kan ook onder ‘n baadjie versteek word. Die polisiebeampte sou nie geweet het van die baba as die taxibestuurder nie oplettend was nie. Dus kom krediet hom ook toe.

mg ·

n mudsak vol verskil tussen n skerpioen, slang, rot, mot en n baba. hoe dit ook al sy, ek hoop mm hou ons op hoogte van die arme babatjie se vordering. ek hoop nie sy kry longontsteking agv die nag se ontbering nie

CAROL ·

Never mind aankla …. vat haar reguit tronk toe en gooi sleutel weg!!!

Pollie ·

Hoekom bekommer ons oor wie die EER toekom? Genade tog ‘n klein ou onskuldige lyfie se lewe is gered. Die verskil tussen lewe en dood het TWEE mense se dapper optrede geneem. EN nee dit is nie kinderverwaarlosing nie maar poging tot moord want wat was die intensie toe die ma die kind daar gelos het? Nie om haar te verwaarloos nie, maar om haar te laat sterf. Baie mense in SA glo nie in voorbehoeding nie. Jy kry by die kliniek inspuitings, pille of inplantings as jy nie self daarvoor kan betaal nie so daar is absoluut GEEN verskoning vir ‘n ma wat haar kind buite in die reen op ‘n oop vlakte los nie. Mag die kleintjie ‘n baie goeie gesin kry wat vir haar sal sorg, baie mense SMAG na ‘n bondeltjie vreugde.

Shame ·

Ai, Maroela Media, het ons nasie nie krities geword nie? So vertel julle wat gebeur het en mense ruk dit weer heeltemal uit verband uit. Nou is dit sommer taxi bestuurder vs die polisieman. Al wat ek wil sê is: ai, ai, ai. Probeer nou ‘n nasie bou.

lea ·

Dankie tog die kindjie is gevind ! Gelukkig het die moeder nie die kind in asblik gegooi nie sy het dalk iewers weggekruip tot iemand die baba vind!! Niemand sal weet nie net ons Vader!!!

Jaun ·

Dankie Taxibestuurder, daarom is ons land n gemors niemand vertrou iemand wat ook iets goeds doen nie. Die polisieman het sy werk gedoen. Die man is n slegte ma!

Nicoline ·

…en waar is die pa wat die baba gemaak het?Hy dra ook groot skuld,want sekerlik het hy geen gevoel vir die swanger ma(seker baie jonk)gehad nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.