Pasgebore baba naby polisiestasie gevind

'n Pasgebore babadogtertjie is Sondag naby Moweni-polisiestasie in Hillcrest, Durban, gevind (Foto: CEMS Volunteers)

‘n Pasgebore babadogtertjie is Sondag naby Moweni-polisiestasie in Hillcrest, Durban, gevind (Foto: CEMS Volunteers)

ʼn Pasgebore babadogtertjie is Sondagoggend verlate naby ʼn polisiestasie in Hillcrest, Durban gevind.

“Paramedici is net voor 08:00 na die Moweni-polisiestasie ontbied ná ʼn pasgebore babatjie wat gevind is,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.

ʼn Lid van die publiek het glo op die babatjie afgekom en haar na die stasie geneem vir hulp. Toe paramedici daar aankom, is hulle in kennis gestel dat sy na die Moweni-kliniek geneem is vir behandeling. Paramedici van ER24 en CEMS Volunteers het na die kliniek gegaan om bystand te lewer.

“Verpleegsters het reeds vir die baba begin sorg. Sy is na ʼn hospitaal geneem, aangesien sy in ʼn ernstige toestand was,” het Vermaak bygevoeg. “Paramedici van ER24 het met Hillcrest- privaat hospitaal reëlings getref om die baba te stabiliseer. Die personeellede en dokters het haar gestabiliseer en sal haar versorg totdat sy stabiel genoeg is om na RK Khan-hospitaal oorgeplaas te word.”

Die babatjie is glo slegs ʼn paar uur oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eileen ·

Sal nooit kan verstaan dat ‘n ma haar baba soos ‘n stuk vuilgoed eenvoudig net kan weggooi! Hopelik sal die babatjie aan ‘n mamma & pappa gegee word wat ‘n baba WIL hê.

saartjie ·

Mense het lankal respek vir alle lewende wesens verloor.

Maria van Dieweek ·

Sulke mense moet summier gesteriliseer word want hul doen dit weer. Los jou ten minste erens veilig as jy probleme het.

Theresa B ·

Ja Eileen – dit gaan my verstand te bowe. Gewillig vir die daad, maar die kind word weggegooi. En dis altyd amazing wie dan vir die ou dingetjie (wat nie gevra het om in hierdie wreede wereld te wees nie) sorg. Maar ons is rassiste en die slegste goed wat daar is. Hoop die ma en pa kry die staf wat hul toekom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.