Pasgebore baba onder boom gelos

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore babadogtertjie is Maandagmiddag onder ʼn boom langs ʼn treinspoor in Cassandra in Kimberley in die Noord-Kaap gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die baba ondersoek en gevind dat sy net ʼn paar uur oud was. “Die naelstring was heeltemal geskeur en die baba het aan matige hipotermie gely,” het Meiring gesê.

Paramedici het die babadogtertjie behandel en haar geleidelik begin warm maak. Sy is daarna na die Kimberley provinsiale hospitaal geneem.

Die voorval is by die polisie aangemeld wat die saak sal ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

MissDemeanor ·

Ek voel net soos jy! Almal kort liefde. Dink net water groot verskil dit aan die fogtertjie kan maak as sy grootword in ‘n huis vol liefde, inplaasvsn in ‘ n weeshuis, of erger by familie wat haar mishandel. Ons kan soveel van die wereld se probleme oplos deur lief te wees vir kinders en hul te versorg.

Annie ·

Hoe kty hulle dit oor hule harte om daai pasgebore baba net te los??? Da is so baie mense wat wil kinders he en jie kinders kan kry nie en dan kry jy die gemors wat hulle kinders onder n boom los. Hulle wil die lekker he maar ook niks verder nie. Ek het n seuntjie en nog n seuntjie op pad en kom ek jou se even ek sal daai baba dogtertjie in neem en groot maak as my eie kind sy sal nooit weet sy was n optel baba gewees nie. Sy sal net soveel liefde en aandag kry soos wat my eie kinders kry…

Skarnier ·

Ek sê hulle moet wet maak dat geen kinders onder 18jr hulle kinders mag hou nie. Fan sal daar weer kinders beskikbaar wees vir aanneming

Ronel ·

Uhm Skarnier. Duidelik nie gedink nie. Het jy? My skoonma is toevallig een van daai wat onder 18 swanger geraak het. Inteendeel sy was 16. Ek s ma van my eie 2 haal my hoed vir haar af dat sy nie ingegee het tot die kerk se eise daai tyd om haar seun- nou my man- op te geevir aanneming nie! As omstadighede dit vereis, is dit n ander storie. Ek praat nou as iemand n beter toekoms kan bied vir die kind, maar om dit wed te maak? Dude. Rerig?

Yolandi du Toit ·

Sho, ons weet nie wat hierdie persoon se omstandighede was nie. Ek dink nie wat sy gedoen het is reg in enige manier nie, maar tensy ons self nie in daai posisie is nie weet ons nie wat deur haar gedagtes gegaan het nie.

Om ‘n wet te maak om alle jong swangerskappe se kinders weg te neem is bietjie rof.
Ek was 17 toe ek ons dogter gehad het en vandag is sy 11 jaar oud (haar boetie 6) en sy is ‘n top presteerder, ‘n trotse Voortrekker en ‘n pragtige danseres.

Miskien sal dit help as ons dames van alle ouderdomme ‘n alternatief bied. En ongelukkig sal ons nogsteeds vind dat dames wat desperaat is enige uitweg soek.

Dis hartseer.

MissDemeanor ·

Agnee Skarnier. ‘ n vriend van my het pa geword op 16. Hy is nou 28. Sy kind is oulik en bewonder sy pa. Hy en die ma is nie saam nie, maar albei is in ander vaste verhoudings en kom goed oor die weg. Die oumas en oupas het mooi gehelp ook. Die oumas en oupas was ondersteunend. Tieners wat swanger word kort juis meer ondersteuning sodat hul nie hul babas onder die boom los nie. Hul vriende sal dan ook sien dat kinders grootmaak harde werk is, en dan sal hul sommer self besluit om te wag met die seks.

Rooiman ·

Kom ons speel bietjie met n hipotese voordat ons oordeel. My eerste reaksie was ook: HOE KAN N MA SO IETS DOEN???? Want ek kan dit nie glo nie.
Toe begin ek dink. Sê NOU MAAR NET… die ma is n tiener, wat as n seksslaaf van een of ander siek groep in Kimberley, aangehou word. Dalk een van die baie kinders wat so verdwyn en nooit gekry word nie…. Toe word sy swanger, soos wat gebeur wanneer iemand so misbruik word. Die baba is vir hulle n probleem, want hulle slaaf is nou nutteloos en waardeloos. So, die duiwelse eienaars ruk eenvoudig die baba weg, gooi hom onder n boom en dit is “business as usual”? Ek wonder maar net… ons leef in n skewe, siek, sondige wêreld… Maar ons almagtige Here en God slaap nie, Hy sal eendag vergeld.

Carol ·

Ek wil met jou saam stem Rooiman. Vandag is sulke gevalle nie n versinsel nie…dit is real. En dan wil ek byvoeg dat sy nie na hulp kan gaan soek nie…sy word dag en nag in n hool toe gesluit. Gid sal die oordeel fel.

Annemarie ·

Ek stem Jakes…en dis die antwoord! Daardie oerras se dierlike instink het nie ñ gewete nie.

? ·

Wens ek kon daai ou dingetjie op getel het.. sy sou van daai oomblik af so geliefd gevoel het soos sy moet die sec toe sy gebore is. Ekt 3 seuntjies, ek sal nie omgee om nog ‘n pienkvoet ook te he nie.

Annemarie ·

Hoekom so vinnig wees om te oordeel? Het jy in haar skoene geloop?

ACS ·

Maak nie saak in wie se skoene jy loop nie, NIKS verskoon jou om ‘n lewe wat deur jou in die wereld gebring is, ‘n lewe wat totaal en al op jou staat maak vir oorlewing, ‘n lewe wat nie ‘n sê gehad het in hoe sy tot stand gekom het, onder ‘n bos te los nie. DIT maak van jou ‘n moordenaar, wat jy het genoeg gesonde verstand om te weet dat daardie wese nog nie vir haarself kan sorg nie. As jou skoene dan nie vir jou pas nie, is daar organisasies aan wie jy die verantwoordelikheid kan oordra om vir daardie kindjie te sorg,

Jakes ·

Ons weet nie wat haar omstandighede was nie, maar wil almal wat nie babas wil hê nie, nie maar voorbehoeding gebruik of vroeg ‘n aborsie ondergaan nie. Daar is te straatkinders in die land.

Jodine ·

Ag wat kan ek doen om haar aan te neem. Ek sal haar enige dag vat.

zoeye ·

give that girl a bells mense,
sy kon die kind in ‘n plastiek sak gesit het of verdrink het
ek was 15………. dit was nie met toestemming dat ek swanger geraak het, as jy nie daar was zip jou lippe!
en vandag is ek trots op my 24 jarige!
mag God gee die baba kry ‘n fantastiese vol liefde huis!
dink jou in!
iewers het ‘n iemand geboorte onder ‘n boom dalk gegee sonder dat enige iemand weet of sê “ek gee om vir jou” sonder mediese hulp!

Kotie ·

nee ek stem nie van gee doe Girl n Bells nie…. ja sy mag d all k geboorte geskenk het onder n boom maar dit is onmenslik om di baba onder n boom te los…. sy kon ha welsyn toe gevat het…. hier sit ek my baba van 6 maande is oorlede en ek kan my nie indink wat ha besiel het om dit te doen nie…….. my hart is in stukke en ek bid gereg sal geskied..

jennifer ·

Daar is baie, vreeslik baie babas soos die een wat aangeneem kan word, maar hul is van n ander ras. Dalk moet ons meer van die kinders aanneem en grootmaak , dit is tog wat God van ons verwag.

Kotie ·

En hier sit ek met n gebroke hart oor wat ek hier lees… ek hoop die Here straf jou… my kind is oorlede ek weet nie hoe mense dit aan kinders ka doen nie… julle wat sulke goed doen is gewetenloos maar op die einde van die dag hoop ek jy het an twoorde vir ons almagtige god ve wat jy gedoen het…. sies man

Theresa B ·

Dan noem hulle hulself – mense. Om die daad te doen is makliker as om die ou dingetjie (wat nie gevra het om daar te wees nie) groot te maak. Nog ‘n weggooi-kind wat ander mense voor moet sorg. Nog ‘n weeskind sonder’n ma en pa. Wat moet veg deur die wrede wêreld om ‘n plekkie in hierdie siek land te kry. Hoe wreed het die mens net nie geword nie…………………
Mag die Here ingryp en ons land en ons mense help!!

Helene ·

Skarnier ek stem saam met jou en dan sal sommer minder minderjarige kinders wees met kinders om op die staat se nek te le. Daar is skoolkinders wat kinders kry om toelae van die staat te ontvang. Wat n skande en dan gebeur hierdie ongelukkige geval met hierdie weggooi dogtertjie. Ai dis wreed, maar gelukkig is sy gered. Hoop sy kry n fantasiese huis eendag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.