Pasgebore baba onder boom gevind

Die baba wat deur paramedici gevind is (Foto: Netcare 911)

Die baba wat deur paramedici gevind is (Foto: Netcare 911)

ʼn Baba is Saterdagmiddag onder ʼn boom in KwaZulu-Natal gekry.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê van hul paramedici is omstreeks 14:30 uitgeroep na Palmietlaan in Clair Hills in Durban waar ʼn verbyganger die baba onder ʼn boom aangetref het.

“Die baba was in ʼn swart T-hemp toegedraai en die plasenta steeds teenwoordig. Paramedici het die naelstring afgebind en dit toe geknip om sodoende die baba te bevry,” het Botha verduidelik.

Die baba is op die toneel gestabiliseer en skoongemaak en daarna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Volgens Botha sal die polisie die saak ondersoek om vas te stel wie se baba dit was en hoekom hulle hom daar gelos het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hasie ·

Die pa maak die baba en dan verdwyn hy, en die arme man het nie heenkome of geld nie. Sleg man.

Rina ·

Elke dag lees jy dit..pasgebore baba onder boom gevind..pasgebore baba in asblik gevind…pasgebore baba in asgate gevind..hoe kry n mens dit reg?? Hoe?? Nie eers n dier doen dit nie…mense is 1000 keer erger as diere…ongeag die omstandighede…

André ·

Ek kan net raai wie sulke tipe dinge doen.
Dis maklik om ‘n baba te maak, maar wil glad nie verantwoordelikheid aanvaar nie.
Hulle moet sommer lewenslange tronkstraf kry. Die baba sou doodgegaan het as niemand op hom afgekom het nie. Dis dan eintlik moord.

John ·

Geboortebeperkingsmiddels is gratis beskikbaar by klinieke maar Afrika weier om dit te gebruik… aborsies of weggooi is meer aanvaarbaar. Nou word die onwelkome kind iemand anders se probleem, dan word hy ‘n probleemkind en uiteindelik sit die skool en dan die polisie met die probleem en heelwat later sit nog ‘n meisie met ‘n probleem wat sy weer iemand anders se probleem maak. Bote vol van sulke ongelukkige probleme land orals met rubberbote in ander lande waar ander regerings hul probleme moet begryp en die probleme verder sal help floreer.

So waar ·

So waar John, mens wil dit uitskree! Ek stem 100% saam met jou! Al wat kort in jou slot is beklemtoning, maar gratis voorbehoed wil hul nie! Dit voel of ek dit wil eccccoooo onderaan jou skrywe.

hartseer ·

Wat my breek is dat daar soveel mense is wat smag na kind en graag wil swanger raak, maar hul kan nie. En van die mense wat swanger raak gooi hul kinders weg…. Dis so verkeerd…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.