Pasgebore baba op huis se voorstoep gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore babadogtertjie is in die hospitaal nadat sy Woensdagoggend op ʼn huis se voorstoep in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gevind is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die baba is op die voorstoep van ʼn huis in Cottonwood Place in Panorama Gardens gelos. Paramedici is na die toneel ontbied om haar te behandel.

Die babadogtertjie was effens verkluim, maar was in ʼn stabiele toestand, het Meiring gesê. “Die jong pasiëntjie is deur paramedici behandel en na die Northdale-hospitaal geneem vir behandeling.”

Die voorval is by die polisie aangemeld wat die saak sal ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Petro ·

Hoe doen n mens dit hoe kry jy dit oor jou hart ek kan soos gister onthou hoe ek gevoel het toe my kinders gebore was ek wou nie eers slaap in die hospitaal nie en ek weet nie of dit excitement of oor beskermd was nie ekt die heel aand vir daai klein mensie gestaar en myself gevra hoe kan ek so bitter lief wees vir iemand wat ek sopas ontmoet het en dan kry jy ouers wat die kinders weggee sjoe en dis nog soooo koud ook buite.HERE beskerm asb elke kindjie teen al die bose mense!!!!

CR ·

Dis baie hartseer, maar darm het die ma nie die kind in ‘n asblik gegooi of in die veld gelos of ‘n toilet nie, darm op iemand se stoep.

Anita ·

Dit is dalk ‘n hartverskeurende liefdesdaad van ‘n ma wat ‘n beter lewe vir haar kind gegun het.

Sy kon die dogtertjie in ‘n asblik gooi soos so baie ander of in haglike omstandighede grootmaak, maar het haar kind ‘n beter toekoms vir haar kind gesien.

Daar is ‘n kinderlose ouerpaar daar buite wat haar alles en nog meer sal gee.

Leeutjie ·

Met alles wat gebeur in ons gebroke wereld is hierdie darem tot ‘n mate vergeefbaar. Ek stem saam met jou CR. Daar was darem ‘n bietjie menslikheid met hierdie geval! Petro ‘n mens weet nooit wat die mamma se omstandighede is nie….ek dink tog sy het gedink wat die beste vir die baba sou wees! Om jou baba op iemand se stoep te sit is beter as om die baba dood te slaan!

Anon ·

Ek stem. Ten minste is die arme baba nie in ‘n asblik of ‘n toilet gelos nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.