Pasgebore baba op straat gelos

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore babaseun se lewe is Dinsdagoggend gered nadat hy langs ʼn straat in KwaZulu-Natal gelos is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die baba is langs Chakideweg in KwaMashu, noord van Durban, gelos. Die baba was steeds aan die plasenta geheg.

“Polisiebeamptes het op die baba afgekom en hom na ʼn plaaslike kliniek gehaas, waar paramedici kom help het. Die noodsorgpraktisyn en verpleegsters het die naelstring geknip en die baba suurstof gegee totdat sy toestand gestabiliseer het,” het Botha gesê.

Die baba is in die sorg van die verpleegsters gelaat, terwyl reëlings getref word om hom na ʼn plek van veiligheid te neem.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

BS ·

Mense gaan hard gestraf word. Wil die genot he maar nie verantwoordelik wees vir die gevolge nie.

Annie ·

Ek verstaan nie!!! Hoekom jou pasgebore baba net weggooi?? Daar is soveel mense wat nie kinders kan hê nie en smag daarna om ‘n baba te hê. Wat gaan in so ‘n ma se kop aan? Ek gee nie om oor die onstandighede nie, daar is maatskaplike werkers en ander plekke waarheen die ma die baba kon vat. Sy het besluit om haar baba weg te gooi…dit maak my soooooo kwaad.

Vygie ·

Ai ek kry ma en baba jammer… weetnie wat die arme mamma gedryf tot so n drastiese stap nie.. kan van verkragtine enige iets wees… en die baba naamloos die wêreld in… mag God hul albei vashou..

ZJ ·

Ek is jammer maar daar is nie plek vir sulke ma’ s in die samelewing nie. Sy kon eerder die baba op iemand se stoep gaan los het maar nee sy gooi hom eerder langs die pad weg. Arme baba, hy het nie gevra om gebore te word nie.

RM ·

Ek sal haar nie n “mamma” noem nie want sy is dit nie werd nie. Sy kon die keuse maak om daardie kindjie te vat na ñ plek van veiligheid waarvan daar honderde plekke is maar het besluit om hom op straat te los. Geen simpatie met haar nie.

CQ ·

Ja BS. Ek voel soos jy. Seks is n sport. Dis lekker… en dan as die baba kom is dit OF
1. “geskenk van God” wat ek nie verstaan nie, want God het seks nie n sport gemaak nie …. OF
2. “groot fout” want die mense soek nie die kind nie, net die plesier.
Annie, mense wat sulke stappe vat gee nie om vir niks en niemand nie. Hulle dink nie aan die kind wat hulle vie 9maande gedra het en nounet gebaar het nie, so waarom dink aan n vreemdeling wat dalk vir die kind sal kan liefde gee…?
Mensdom is sondig en selfsugtig en lustig…

Azuni ·

Dis nie ‘n menslike ding om te doen nie. Wie kan ‘n kind op straat so los. Ag nee man. Wens hulle kan sulke mense op sluit en die sleutel weg gooi.

As mens mos weet jy kan nie bekostig om ‘n kind te hê nie, moet nie een maak nie. Dis maklik soos dit. Dis hoekom ek nog nie ‘n familie begin het nie. Ek is nog nie finansiël reg daarvoor nie.

Annie ·

Enige ma met murg in haar pype sou n veilige plek vir haar kind gesoek het. Maak nie saak die omstandighede nie. Maar die mens het slegter as n dier geword … wil net die plesier he. Maar geen gevolge dra nie.

Azuni ·

Jy kan dit weer sê Annie. Kan nie glo in ‘n beskawe lewe dat mense dit nog doen nie.

Maatskaplik ·

Dit raak nou mode. Maar ek dink die tehuise wat vroeer ma’s gehelp het om hulle kinders te ‘rehome’ bestaan nie meer nie. Voel ook daar moet meer privaat aannemings wees. Wat sy gedoen het is afskuwelik, ek keur dit ten sterkste af, ek weet egter ook dis so moeilik om kinders aan te neem en jong meisies met babas sukkel soms verskriklik .. so ja dit is simptoom van ‘n swak maatskaplike stelsel in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.