Pasgebore baba uit put gered

Nooddienste op die toneel. (Foto: ER24)

’n Pasgebore babaseuntjie is Sondagoggend uit ’n put in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gered.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê in ’n verklaring paramedici en een van die polisie se soek-en-reddingspanne is omstreeks 10:25 na die put in die Plessislaer-omgewing ontbied.

Volgens Van Huyssteen het die polisie se span met hul aankoms ’n voetpad gevolg tot waar gemeenskapslede gesê het hulle vroeër ’n baba hoor huil het. Paramedici het die span met hul terugkeer op die voetpad aangetref. Hulle het ’n babaseuntjie by hulle gehad.

Paramedici het die kleinding ondersoek wat aan ligte hipotermie gely het. Die baba is na ’n hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die omstandighede rakende die voorval is nie in dié stadium bekend nie.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kiskar ·

Duidelik besef baie ouers deesdae nie dat hulle eendag voor die Lewende Heilige Almagtige Skepper God gaan moet pa staan oor wat hulle met daai goddelike geskenk(e) gedoen het en hoe hulle hul kinders grootgemaak het nie. Dis nie ‘n kuns om ‘n kind te maak nie….selfs tieners kry daai deel baie goed reg. Dis hoe die kind grootgemaak word wat deur God geoordeel gaan word. Staan bekend as rentmeesterskap. Ek sidder as ek dink wat ongelukkig vir baie mense voorlê…

Humbug ·

Arme kleinding. Jammer om te Se maar realiteit is wat gaan gebeur met die nuwe sekevoorligting in Skole. Dis mos goedkoop en lekker sports Vir sommige sonder enige nagevolge. Lekker man. Sulke ouers moet dadelik die voorreg ontneem word om ooit weer ouers te Kan word!!!! Sies man daars duisende wat smag Na n kindjie maar duisende het n saak. Hoe meer Pret Ek het sonder om vetantwoordelkkheid te aanvaar hoe lekkerder. Eendag gaan almal well vetantwoording doen.

Blommie ·

Laat die inwonders nie kon gaan kyk het nie…
Gehoor die baba huil, dis asof mense net al minder wil betrokke raak.
Baie bly die babatjie is veilig.

Andrea van Vuren ·

Hoekom kinders kry as jy hulle nie wil hê nie? Die begrip voorbehoeding duidelik nie verstaanbaar in daardie huishouding nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.