Pasgebore baba uit puttoilet gered

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Pasgebore babadogtertjie is Maandagoggend uit ʼn puttoilet in die Ramatlhwa-nedersetting naby Marble Hall in Limpopo gered.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die SAPD se soek-en-reddingseenheid is in die vroeë oggendure na die nedersetting ontbied nadat inwoners gehoor het hoe ʼn baba in die puttoilet huil.

“Die reddingswerkers het gesukkel om by die baba uit te kom, maar sers. Levi Mabethlela het uiteindelik daarin geslaag om die babadogtertjie na die oppervlak te bring. Sy is na die hospitaal gehaas vir behandeling,” het Otto gesê.

Otto kon teen Maandagmiddag nog nie bevestig wat die baba se gesondheidstoestand is en of sy enige beserings opgedoen het toe sy in die puttoilet gegooi is nie. “Die polisie weet nog nie wie die baba se ma is nie, maar ʼn ondersoek is van stapel gestuur om haar op te spoor,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bella ·

Dit gaan my verstane te bowe, dat enige mens so klein hulpelose babatjie in ‘n toilet kan weggooi…

Ben ·

Stuur julle ooit hierdie tipe berigte die beskaafde wêreld in? Sodat die eerste-wêreld kan sien waarin die (minderheid) beskaafde mense hier hulself in bevind? DWS, as hulle weet waar Suid Afrika regtig is, want vir meeste buitelanders is die hele kontinent net bloot “Africa.”

PAM ·

DIS TRAGIES OM TE DINK JY DRA ‘N KIND VIR 9 MAANDE EN DAN GOOI JY DEEL VAN JOU IN ‘N TOILET IN. SIES VIR DIE MA JY BEHOORT OOK SO BEHANDEL TE WORD!!!!!!!!!

Samie ·

Iemand al verby n aborsie kliniek geloop – dis meer eerste werelds ! Ons is meer beskaafd . Is jou dogter op die pil ? Is jy ? Wha samo-samo .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.