Pasgebore baba uit puttoilet gered

(Argieffoto)

ʼn Jong ma van drie kinders is in hegtenis geneem nadat sy glo haar pasgebore baba in ʼn puttoilet in Bosbokrand, Mpumalanga, gegooi het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die 23-jarige ma haar baba by ʼn mansvriend se huis in Matangaleni Trust naby Mkhuhlu in ʼn puttoilet weggegooi.

Die vrou het glo Dinsdagaand kort voor middernag in kraam ingegaan en die lewe aan ʼn babaseuntjie geskenk. Sy het toe glo die seuntjie in die toilet gegooi.

Die man by wie die vrou gekuier het, het onraad vermoed en die polisie en nooddienste ontbied. Die seuntjie is veilig uit die puttoilet gered.

Die ma is in hegtenis geneem en saam met die seuntjie vir behandeling na ʼn hospitaal geneem. Die vrou sal tereg staan op aanklagte van poging tot moord en is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.

Volgens Mohlala sal die vrou binnekort in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

TruthDealer ·

Miskien moet iemand aan n sekere demografie verduidelik dat ons in 2023 is. Daar is vir baie dekades al n ding soos Geboortebeperking. Die 3 maande inspuiting, Depo Provera, werk soos n bom. Dis nie meer die 1523 nie. Jy hoef nie swanger te raak as jy nie wil nie. Daar is ook die “morning after” pill. En dan natuurlik aborsie, vir uiters desperaat vroue. It is an abomination, abortion, but it Is available and lives are worth nothing in SA, anyway. If you’re gonna throw your baby away like trash anyway, avoid getting pregnant!!

Di ·

Tragies! Daar is GEEN verskoning om dit te regeverdig nie. Daar is vrylik voorbehoedmiddels beskikbaar maar nee, dis te veel moeite!! Hoop sy word in die tronk gestop. Stop kinder grants dan sal hierdie hordes geboortes ook stop

SwartBees ·

Jy reken?! Sommige mense verkoop daai ding as inkomste. Die nagevolge is n bysaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.